Skip to content

Bloggejaan soek ‘n maat

Mei 4, 2007

“Bergkoning van Baviaanspoort is ‘n romantiese 7-jarige mannetjie. Hy hou van die buitelewe, bergklim, braai en boeremusiek. Hy is op soek na ‘n enkellopende 3-5-jarige wyfie met ‘n oop gemoed en ‘n lus (vir die lewe). Geen rokers.”

untitled4

(Foto geplaas met die vriendelike vergunning van my Nig Marie)

Advertisements
10 Kommentaar leave one →
  1. Mei 4, 2007 2:47 nm

    Hehe…. hier is ‘n alleenloper wat die laaste weke al amok maak in die Suidelike Voorstede, maar, helaas, hy het dieselfde soeke as jou Bergkoning. Die fluisteringe hier in die omte is dat hy verneem het dat sy liefde “upstairs” geraak het en verkas het na die omgewing van Rhodes Memorial. Het blykbaar keesvol geraak vir die gewerskaf teen Ou Kaapseweg. En die ou verloor die stryd, want dit is twee voorstede vorentoe en drie terug soos die parkeraad se mense hom vasvat en terugskuif. So verneem ek maar…. Lekker naweek!

  2. Mei 5, 2007 9:28 vm

    Boer…

    Lyk of hy “ryloop”… om deesdae ‘n lift te kry is maar moeilik, veral as jy nie weet hoe jou 9mm werk nie.

    en dan is daar sommige onder ons wat te kenne wil gee dat ons dalk “familie” kan wees…? Darwin se wiele het duidelik afgekom….!

  3. Mary Jane permalink
    Mei 5, 2007 10:40 vm

    Is sooo bly die bobbejaan kom op die net – immers hoogtyd dat ons vir hulle ook hulle regmatige plek op die internet gee. Gelyke regte vir (alles en) almal sê ek!!! Blykbaar vir Beau Brummel (wetie vannie spelling nie) ‘n nudiste plaas in Orania oopmaak. Dié ou sal goed daar aard! Nie net omdat hy so mooi met sy waardes spog nie, maar ook omdat hy met ander van sy spesie te doen sal kry!

  4. saligerus permalink
    Mei 6, 2007 9:20 vm

    Te oordeel aan daai foto is dit nie net die lewe waarvoor daai bobjaan lus is nie.

  5. Mei 7, 2007 9:54 vm

    hehehe … klink of jy al ‘n addy vir die Landbouweekblad se “Opsitkers” geskryf het!? 😀

  6. Mei 7, 2007 11:04 vm

    Enige voornemende wyfie wat sou belangstel en daai “potensiaal” raak sien gaan hom diskwalifiseer op grond van sy gebrek aan “potensiaal”. Hy sal moet Teasers toe vir aksie… 😀

  7. Mei 17, 2007 11:58 vm

    Cool…

  8. Julie 10, 2007 9:26 nm

    psst – boertjie —> is dit dalk Johannes_11 se volgelinge wat hier kom inloer het??? 😉

  9. Julie 10, 2007 11:17 nm

    Nee, dis al hierdie bleddie spammers wat WordPress nie kan keer nie en dan moet ek hulle kommentaar weer uitvee!

Trackbacks

  1. ‘n Bloggejaan val in Waterkloof « Op Die Seepkissie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: