Skip to content

Die siel van Seoul

Mei 8, 2007

n529082562 61934 3243

Ek was die afgelope naweek op ‘n blitsige 2-dag besoek aan Seoul (uitgespreek Soul en nie Si-oel nie), ongeveer 4 ure se ry van my af (of slegs een-en-‘n-half uur as jy die KTX-bullet train vat!). Dit was ‘n baie uitputtende besoek, aangesien Seoul (4de grootste stad ter wereld) ‘n monster is, wat baie dae, weke en maande sal neem om te tem. Ek het ook nou eers weer my kwota van oorvol, drukkende, stotende moltreinritte gehad!

samsung 003

samsung 012

Maar miskien is ‘n moderne stad maar ‘n stad…impossante wolkekrabbers, miljuisende wriemelende mense, die beste en grootste winkels, restaurante, coffee shops, nagklubs ens. Behalwe vir die mense, baie minder Koreaans of Oosters as waar ek woon. Veral die expat-distrik, Itaewon, kon net sowel New York gewees het. Meer buitelanders as Koreane – Arabiere, Indiers, Afrikane, Suid-Afrikaners en baie westerlinge. Natuurlik is die groot Amerikaanse weermaghoofkwartier in Seoul, so BAIE Amerikaners. En al die Amerikaanse restaurantgroepe in oorvloed, nie net in Itaewon nie, maar regdeur Seoul. Hierdie spesifieke deel van Seoul bied egter ook ‘n inkopie-heenkome vir siele soos ek. Dus kon ek uiteindelik my grote klere opspoor, asook Engelse boeke en tydskrifte (verfrissend om oplaas weer ‘n kopie van die Economist in die hande te kry!). My Koreaanse gids van voels, sal ek egter maar helaas op Amazon moet gaan soek.

samsung 006samsung 009

Met my baie vlugtige indrukke, kan ek se Seoul is baie groot, met ‘n hoofletter F! Daar is baie mense en die moltreine is totaal oorbevolk (weet nie hoekom hulle nog sitplekke op die goed sit nie – vat net spasie). Maar Seoul is netjies, die argitektuur indrukwekkend en die stad se lewe en ritme is aansteeklik. Ek sal egter weer moet gaan kuier en vir baie langer, om te gaan dieper delf na die werklike siel van Seoul.

Advertisements
8 Kommentaar leave one →
  1. Mei 8, 2007 3:10 nm

    Dit klink baie interessant, maar al daai mense sal my entevrees gee!!!

    Lekker daggie !!

    xx R xx

  2. Mei 8, 2007 6:02 nm

    4de grootste stad ter wêreld? Dit klink vir my te groot! Ek wonder hoekom mense so opmekaar wil bly, veral as jy spasie het?

    Jy sal maar Economist op die net moet lees – ek sien meeste van hulle artikels is nou weer gratis beskikbaar op die net.

  3. Salige Rus permalink
    Mei 8, 2007 8:31 nm

    Daai hoof-letter F-lyn is absoluut baie fantasties. Dis loshande die coolste ding wat ek in weke gehoor het. Ek gaan dit gebruik en maak asof ek dit self uitgedink het.

  4. Mei 9, 2007 2:06 vm

    Salige Rus is baie snaaks.

    My indrukke van Seoul (my besoek was self baie kort) was ook dat dit ‘n baie netjiese (hoewel effe vervelige) stad is. Van al die Asiate met wie ek al te doen gekry het, hou ek die meeste daarvan om besigheid met die Koreane te doen. Reguit, tot die punt. Geen doekies omdraai nie – hulle wil dinge NOU gedoen hE. Maar baaaaie suinig. Laat weet my as ek verkeerd is.

  5. lanab permalink
    Mei 9, 2007 7:31 vm

    die fotos is baie indrukwekkend…….

    hoop jy het n wonderlike dag!

    troedels
    xx

  6. Mei 9, 2007 10:16 vm

    Ek sien jy dra darem nie een van daardie operasie-gesig-maskers nie.

  7. Mei 9, 2007 1:24 nm

    My masker by die huis gelos. Ek lyk te veel na ‘n Al Qaida wannabe daarmee.

    Ja, Koreane hou nie veel van wag nie. Met die suinigheid nog nie self te doen gehad nie. Die Itaewon-distrik was beslis nie vervelig nie. Seoul is so groot, daar is seker meer-en minder vervelige plekke. Dis hoekom ek weer die stad se siel moet gaan soek. Twee dae is net eenvoudig te kort.
    MAAR, itv van geskiedenis en kulturele belwenis, lyk Seoul vir my defnitief “meer vervelig” as waar ek woon. All in the eye of the beholder, of course!

  8. Mei 14, 2007 6:43 vm

    Wat is die betekenis van die “stormwatersloot” waarbinne jy staan…?

    Jys nie dalk van Enak afkomstig nie….?

    (Num 13:33) Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: