Skip to content

Ek mis my Marmite

Mei 10, 2007

“Eat Marmite? You don’t just want to eat it, you want to bathe in it, wallow in it like a hippo in mud, slather yourself from head to toe and wrap yourself in bread and butter… And you know what? That’s fine. Just fine. Completely normal in fact…”

(www.marmite.com)

untitled3Dikwels vra mense vir my wat ek die meeste van Suid-Afrika mis. Daar is baie voor-die-handliggende antwoorde. Ek mis die mooi natuurskoon, die lekker wyne, die berge, biltong en snoek op die kole, om net ‘n paar dinge te noem. Maar wat ek ABSOLUUT die meeste mis, is my Marmite – die beste ding wat die Britte al ooit vir die wereld gedoen het. My lewe voel quite frankly net nie dieselfde sonder Marmite nie. Ek is versot-verslaaf aan Marmite. Party mense eet Marmite op hulle brood…ek eet ‘n lagie brood onder my Marmite. Dis moeilik daarsonder, want ek is ‘n swaar gebruiker van Marmite. ‘n Aussie het vir my eenkeer Vegemite aangebied. Yuugh! Net die Aussies kan so ‘n swak verskoning vir Marmite eet!

En nou weet ek ook mens kry 2 soorte mense: untitled1Marmite-mense en Bovril-mense. Meeste mense verkies een van hierdie 2 (amper soos in die ou dae met Chev en Ford). Ek is in totaliteit ‘n Marmite-bekeerling. Nie net smaak dit lekkerder nie, maar is ook baie gesonder – dis van groente-ekstrak gemaak en nie van vleis-ekstrak nie. Dit doen wondere vir jou cholestrol, bloeddruk ens. Hulle het ook vasgestel dat mense wat Marmite gebruik, intelligenter is as ander. Hulle weet egter nie of intelligenter mense Marmite eet en of Marmite mens intelligenter maak nie. Ek skat dis laasgenoemde.

Maar nou is ek sonder my Marmite. Daardie eerste stuk toast in die oggend met Marmite op, is nou slegs ‘n vae verlange…

Advertisements
18 Kommentaar leave one →
  1. Mei 10, 2007 3:52 nm

    Ek is ook ‘n Marmite persoon. Dit het onlangs hier op geselekteerde rakke begin verskyn. Die enigste probleem is nou net dat die brood soet is. Jheuuuuggg!

  2. Mei 10, 2007 5:20 nm

    Mmmmmm…yum. Bovril is vir mense wat nie die waarde van groente kan verstaan nie. Dis nog ‘n koei minder wat melk kon verskaf het vir die koffie saam met die Marmite broodjie…of tee.

  3. Mei 10, 2007 6:53 nm

    Wat betaal julle my? ‘n Plan kan gemaak word… As die brood soet is moet ek miskien Provita saamstuur? 🙂

  4. Mei 10, 2007 7:44 nm

    Funny how we crave the simplest of things. Die deurdringende reukwerk van Marmite transporteer my weer aan Suidelike Rhodesië. Mom would have that finger toast slathered in that fecund spread. It screamed “awake” in my mouth. Then of course, sanctions robbed us of our pleasures in the sixties. (My Pa het Marmite en Rice Crispies ingesmokkel van Zambia nogal, so diep was ons toewying!) I’m thinking, too, of Ouma’s Rusks, Black Cat Peanut Butter (more for the radio jungle than the product) and Jungle Oats.

    Check out http://www.springbokradio.com/ADS.html for a trip down consumer lane.

    Cheers.

  5. Mei 11, 2007 12:16 vm

    Ek sal nooit vergeet die dag toe ouma vir oupa gevra het “Martiens, wat wil jy op jou broodjie hê, bovril of marmite?”

    Oupa se kwaai antwoord was ” Vir wat sal ek nou boggerall op my brood wil hê ou vrou, sit marmite op!”

    Ek is meer van ‘n vleismens, maar ek kan aan erger maniere dink om jou groente in te kry.

  6. Mei 11, 2007 6:49 vm

    Marmite is koning!!

    Dis soos All Gold Tamatiesous, Mrs Ball’s Chutney en regte egte Kaapse Rooiwyn!

    Priceless!!

  7. lanaba permalink
    Mei 11, 2007 9:06 vm

    Hoe water my mondjie nou vir n marmite toast……

    Hoop jy het n awseome dag!

    troedels
    xxxxxx

  8. Mei 11, 2007 11:27 vm

    Ek is so bly julle is ‘n klomp Marmite fans! 🙂

    Ja, brood is glad nie groot in Korea nie en baie duur en meestal soet. Die goedkoopste wat ek tot dusver brood kon kry, is die ekwivalent van R20. Die mense eet net nie brood nie. Hier is ook GLAD nie volgraanbrood nie (my gunsteling). Ek het darem rogbrood opgespoor teen so R26 ‘n brood en dis nie soet nie.

  9. Salige Rus permalink
    Mei 12, 2007 8:52 vm

    Ek eet soms Marmite sonder ‘n lagie brood, net so uit die potjie uit, met ‘n teelepel.

  10. Mei 12, 2007 10:23 vm

    Ditto!

  11. Mei 14, 2007 9:53 vm

    Ek moet bieg ek was nog altyd meer ‘n bovril mens. Seker maar omdat my moeder nog nooit regtig van die erg sout smaak van marmite gehou het nie en ons dit dus nie altyd in die smeerkas gehad het nie. (Mind you, ons het ook nie regtig peanutbutter gekry nie want dit maak glo vet…) Ek het ook altyd gesukkel om marmite lekker gesmeer te kry op ‘n broodjie, bovril is maar eenmaal net meer loperig. Maar ek ontdek toe laasjaar in London die beste ding naas gesnyde brood, marmite in ‘n spuitbottel! Nou is ek ook ‘n marmite bekeerling en laat sommer elke keer as iemand uit Engeland uit kom ‘n botteltjie of twee saambring. Nou kan ek elke oggend my naam in marmite op ‘n snytjie toast skryf.

  12. Mei 14, 2007 12:51 nm

    Marmite in ‘n spuitbottel!! Hel, dis DEFNITIEF beter as gesnyde brood! Ek vlieg sommer more Londen toe! 🙂

  13. Mei 31, 2007 2:59 vm

    Die tweede prentjie (die een van toast met smeer) lyk vir my na Bovril. Ek is self anti-Bovril so die gedagte van ‘n lekker toastbroodjie geruineer deur ‘n hoop loperige pikswart bose Bovril is diep ingeprent in my geheue en ek reken daardie tweede prentjie is die imposter en nie die original.

  14. Mei 31, 2007 11:02 nm

    Mieliepap, wk dink jy het dalk ‘n punt beet, noudat ek weer so na die prentjie kyk….

  15. Maart 2, 2008 8:41 nm

    Kyk wat ek in Sainsbury’s gekry het so rukkie terug. Hier vir klein foto, hier vir groot foto.

  16. Maart 2, 2008 9:43 nm

    Ek is AMPTELIK baie jaloers!!!!

Trackbacks

  1. TOESMEER « idiwidi
  2. Iets vrot in Denemarke « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: