Skip to content

My naweek-plesiertjie

Mei 15, 2007

Ek moes net met julle deel watter plesiertjie ek die afgelope naweek myself toege-eien het. En dit is natuurlik met die komplimente van my Nig Marietjie (nie te verwar met Nig Marie nie – ek het ‘n groot familie!). Sy was so gaaf om vir my hierdie geskenk te gaan soek by die groot internasionale wynskou voorverlede week in Seoul (ek het dit net-net misgeloop) ūüė¶

samsung 002 samsung 009

KWV Cathedral Cellars 2002 Merlot. Nou-ja,volgens enige standaard ‘n BAIE lekker, volronde Suid-Afrikaanse Merlot, wat ‘n goeie balans hou tussen oemf EN finesse . Pragtig dieprooi, inkdonker, met bruin-rooi rante wat die ouderdom begin wys. Reeds op die oog is dit duidelik dat hierdie nie jou run-of-the-mill vinnig-drinkende, vrugtige Merlot is nie. Die neus is kompleks, uitlokkend en beloof nog meer. Geure van moerbei, sjokolade en kaneel speel met die sintuie en iewers tussenin ook subtiele fynbos. Dis ‘n mondvol, sappige, fluweelagtige bessie-ekstrak, met ‘n sterk (maar nie oorweldigende) tannien-struktuur. Lekker lang nasmaak. Die enigste kritiek miskien ‘n effe hoe suurgehalte wat die balans versteur. Die belangrikste egter: Dis Yummy ! 8)

Advertisements
7 Kommentaar
  1. Mei 15, 2007 2:27 nm

    hehehe, ek dog jy’s besig om ‘n vrou te beskryf…!!

    Hoe water my mond nou vir daai rooietjie!!!

    R xx

  2. Mei 15, 2007 2:42 nm

    Rene, moet my nou nie op daardie onderwerp bring nie…ek het al genoeg moeilikheid opgetel met vergelykings met vroue. Netnou dink almal ek is ‘n MCP! Maar jy’s reg daar is baie ooreekomste!

  3. Mei 16, 2007 6:42 vm

    As jy vinnig leer Sjinees of Japanees praat, sal ek jou vra om ‘n paar brosjures te ontwerp.

  4. lanab permalink
    Mei 16, 2007 7:09 vm

    Sit net n kaggelvuur en n houthut in die woud by en jy het die perfekte kombinasie……..

    troedelkies
    xx

  5. Mei 16, 2007 7:23 vm

    Klink na ‘n Katolieke Kelder..?
    Vir die “vader” om te d(r)ink
    vir die “pyn” teen die groter “dors”

    (Jes 5:22) Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng;

    (sic)
    (hic)

  6. Mei 16, 2007 7:39 vm

    Sjoe, nou maak jy my darem baie lus vir ‘n lekker glasie rooi. Dit wil gedoen wees, aangesien ek op hierdie tydstip met ‘n ligte rooiwyn kopseer voor die rekenaar sit.

  7. Mei 16, 2007 12:07 nm

    Idiwidi, have a heart! Ek sukkel reeds my gat af om Koreaans baas te raak! 8)

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: