Skip to content

My Kids…

Mei 17, 2007

My kids…

samsung 007 samsung 040

Op die langtermyn kan jy seker nie help om lief te raak vir hulle nie. Soms dryf hulle jou teen die mure uit en ander kere is hulle opvreetbaar oulik. Maar meer as dit, bewonder ek hulle. Ek wens ek kon weer soos kids dink en doen. Daardie blinkoog uitkyk op die lewe, ongekontamineerd deur die sinisme en die skeptisisme…

samsung 052 samsung 039

Die maklik glo en vertrou, die onpretensieuse eerlikheid en die ongebonde vreugde oor die eenvoudigste plesiertjies…

samsung 047 samsung 017

Miskien was die laaste keer wat ek regtig gelukkig was, ook lank terug op ‘n skoolkamp, toe ek my kop in ‘n bak meel gedruk het, opsoek na ‘n Smartie…

samsung 031

Advertisements
13 Kommentaar leave one →
  1. Mei 17, 2007 2:01 nm

    Dankie vir die kykie in jou dag! Ek is bly dat ek nie onderwyser is nie, want ek raak te gou lief vir kinders en die afskeid moet vrek moeilik wees.

  2. Mei 17, 2007 3:22 nm

    Hoop jys biekie “ligter” op jou “kids” as op jou “blog” vriende… arme bloedjies.

  3. Mei 18, 2007 6:14 vm

    Johannes_11, jy is meer “gemeen” as wat ek “gedink” het!!!!!!!!! “Skaam” jou!!

    Boertjie ~ met kids maak die dae wat hulle opvreetbaar oulik is, altyd op vir die dae wat hulle mens teen die muur uitdryf! Elkeen is ‘n wonderwerk geskenkie van Bo en uit hul onskuld is daar die troos dat die wêreld se sinisme en pesimisme hulle nie traak nie – al wat hulle soek is liefde en aandag! En is dit nou regtig so baie om te gee? Ek weet nie hoe mens dit oor jou hart kan kry om ‘n kind skade aan te doen nie — as jy instaat is om enige iets te doen wat ‘n kind benadeel, HET jy nie ‘n hart nie!

    Hoop dis ‘n lekker rustige naweek vir jou!

    xxRxx

  4. Mei 18, 2007 6:15 vm

    PS … dis baie sweet foto’s!!

  5. Mei 18, 2007 6:59 vm

    Wat ek die meeste mis van my kinderjare is die feit dat alles so eenvoudig was. En die onskuld. Dalk was ek ook op my gelukkigste toe ek as seuntjie van 5 op die plot vir ‘n kwaai swerm perdebye moes weghol nadat ek hul nes natgepiepie het 😀

  6. Mei 18, 2007 7:30 vm

    (Pro 27:6) Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ‘n vyand is oorvloedig.

  7. Mei 18, 2007 7:34 vm

    Niks is lekkerder as om tyd saam met kids te spandeer nie, selfs al dryf hulle jou soms teen die mure uit….
    En as hulle jou saans ‘n drukkie gee voor hulle gaan slaap en “Lief jou Daddy” prewel kan jy lankal nie meer kwaad wees nie!

  8. Mei 18, 2007 7:47 vm

    Ek het al vergeet van die kop-in-die-meel-druk episodes van kindertyd. Dit was heerlik.

    Nico, dit klink of jy stout was as kind? 🙂

  9. Mei 18, 2007 8:18 vm

    diewitdraak was eens op ‘n tyd nie baie lank gelede nie ook ‘n kleuterskooljuffrou (‘n baie streng grapjas, as jy jou dit kan indink). Sy’t dit nogals gelaaik. Kinders is cool.

    Ek dink die geheim om met kinders te werk, is om te vergeet dat hulle kinders is. Selfs ‘n eenjarige reageer positief as jy hom/haar soos ‘n mens behandel.

  10. lanab permalink
    Mei 18, 2007 9:03 vm

    Sjoe hoe mis ek sommer nou my kinderdae……Die naaste wat ek aan n Juffrou kon kom was n Sondagskool juffrou vir Sub A’s……ag en ek mis dit verskriklik baie…..Ek kan nie wag vir my eie kiddies nie…

    Hoop jy het n awesome weekend!

    troedelkies
    xxxx

  11. Mei 19, 2007 11:40 nm

    Sjoe, daar pink ek nou sommer ‘n traan…

    Ek wil nie kinders hê nie,,, want dan moet hulle groot word, in hierdie wêreld. En dit wil ek vir niemand hê nie… Ek spaar hulle maar eerder.

  12. Mei 20, 2007 2:12 vm

    ag nee, dis darem nie nodig om so erba(a)rmig te wees nie

  13. Mei 20, 2007 2:12 vm

    oh my goodness…ek het sopas ‘n woord gebruik wat nie bestaan nie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: