Skip to content

Om te knoffel of nie

Mei 19, 2007

Party mense vrek daaroor, ander haat dit. Oor een ding is daar egter konsensus: Dis baie gesond (en hou die vampiere weg)!

samsung 011 samsung 012

Is dit daardie geurtjie op die asem werd die volgende oggend? In Korea is hierdie vraag irrelevant. Almal eet dit en hulle eet hope daarvan by elke maaltyd en saam met elke dis. En – soos julle kan sien – kan jy dit in grootmaat koop as jy wil! Meeste mense se asems ruik permanent knoffelrig. Vir mense wat nie van knoffel hou nie, is dit maar moeilik. Gelukkig is ek al laaaankal ‘n knoffel-bekeerling en nou, meer as ooit, is maaltye sonder knoffel vir my onvolledig.

17 Kommentaar leave one →
  1. Anoniem permalink
    Mei 19, 2007 7:51 nm

    Mmm party goed smaak “afwesig” sonder ‘n ou knoffeltjie. Die geheim is hoe. Net soos met ‘n bietjie gemmer. Vars en met ‘n geoefende hand. Ons het rooiwyn-kaggelvuur-pannekoek-as-jy-wil-maar-beslis-lepellê-weer. Wag vir die rugby!

  2. saligerus permalink
    Mei 19, 2007 9:34 nm

    Jy al hond geëet?

  3. Mei 19, 2007 11:43 nm

    Ek was nog nie honger genoeg nie…

  4. Mei 20, 2007 5:35 vm

    Mmmm, nou praat jy my taal! Pizza sonder knoffel is net deeg, pasta sonder knoffel proe na brak water! Hul sê mos as jy vermoed jou man loop rond, voer hom elke ete knoffel, sy lover sal blykbaar gou deur die slegte asem afgesit word! Oumensstories! Hehe!

  5. Mei 21, 2007 3:51 vm

    mmm, ‘n lekker knoffelhappie!!
    My asem stink nie as ek knoffel eet nie, of altans dis wat ek dink.
    Niemand het my nog ooit gesê nie???
    Love jou blog, altyd so insiggewend

  6. Mei 21, 2007 9:31 vm

    Die knoffel in Taiwan is nie so skerp soos in SA nie. Die uie ook nie. Dieselfde in Korea? Ek kan nie onthou van toe ek laas daar was nie.

  7. lanab permalink
    Mei 21, 2007 5:45 nm

    Iets wat jou asem laat pong! is knoffel en red heart gemix-die volgende oggend……maar elkeen op sy eie is wow……kos sonder knoffel is soos kos sonder uie-ROU!!!

    Like jou blog dikstukke….

    troedelkies
    xxxxxx

  8. Mei 21, 2007 6:51 nm

    Op skool het die mense vir ons gevra of ons nog kos in die huis het as ons asems nie na knoffel ruik nie. Toe gaan staan en trou ek met ‘n vrou wat nie so mal is oor knoffel nie. Maar ai, tog. Daar is net ‘n sekere “indulgence” daaraan om iets te eet wat jy die knoffel ruik nog voor die kelner die bord by die kombuis uitdra… *sug*

  9. Mei 21, 2007 10:07 nm

    Rene, ek stem TEN VOLLE saam oor die pizza sonder knoffel. Al gesien watter konflik dit kan afgee, as jy een groot pizza wil bestel, maar net een van julle wil knoffel op he? Miskien het jy dit al ervaar, Nico? Ek weet van mense wat selfs weier om net 1 helfte te knoffel, “want dan ruik die hele pizza daarna”. Nou skryf ek myself skoon honger!
    Idiwidi, nou dat jy dit noem, dis miskien hier ook so, hoewel dit nie SOVEEL minder skerp as in SA is nie. Dit gaan sit egter steeds op die asem (veral in die hoeveelhede wat dit ge-eet word en die frekwensie).
    Thanks, Melanie! Mense ruik gewoonlik nie hulle eie knoffel-asems nie, maar hou maar die reaksies om jou fyn dop.
    Thanks, Lanab! Red Heart-en Knoffel-asem….eish! Ek kan imagine!

  10. Peet permalink
    Mei 21, 2007 10:25 nm

    Daar was op die Travel Channel op DSTV ‘n insetsel oor ‘n dorpie in Amerika wat ‘n knoffelfees hou. Hulle verkoop knoffel en pistachio (weet nie of dit reg gespel is nie) roomys wat blykbaar heel lekker is. Ek is self MAL oor knoffel maar ek weet nie so mooi van knoffel roomys nie.

  11. Krista permalink
    Mei 22, 2007 3:08 nm

    Ek maak Jaco gewoonlik op die bank slaap as hy en die baas saam uit was – daai rooi wyn-knoffel-vleis asem is genoeg om mens uit te sit sonner narkose. Andersins, is knoffel njammies – as albei knoffel geeët het.

  12. Mary Jane permalink
    Mei 22, 2007 8:48 nm

    Wil net hierso iets noem. Toe ek nog stories vir Matie radionuus moes doen, toe kom ek eenmaal af op ‘n Reuters storie wat sê daar is goeie nuus en slegte nuus vir mense wat knoffelpille drink. Die goeie nuus is, dit laat nie jou asem stink nie. Die slegte nuus is, dit doen niks aan jou nie. Soos in niks! Nie goed nie, nie sleg nie, niks. So, daar het ons dit nou. Al wat dit doen is om ander mense te irriteer omdat dit so baie stink! So, almal van julle wat glo in die genesingskrag van knoffel, think again! Dit sluit jou in Mantu Tshbalala Mpsinmang (spelling?!?!?!??) SELA!

  13. Mei 22, 2007 9:07 nm

    Mary Jane, ek dink daar is ‘n verskil tussen knoffelpille en VARS knoffel.

  14. Mei 22, 2007 11:19 nm

    Mary Jane, put jy genot daaruit om ons bubble so te “pop”?

  15. Living_in_Seoul permalink
    Junie 8, 2007 3:07 nm

    Interesting blog. Koreans don’t eat garlic with every dish, (they probably eat more red pepper paste than garlic !) what you are smelling is mostly the result of way too much Kimchi. Just the same as Busan, where most of the ppl you judged to be Westerners are in fact Russians : Busan has been a popular port for Russian ships on their way to Vladivostok for many years. I like the photos on your blog, facts could probably use a bit of work.

  16. Junie 8, 2007 5:36 nm

    Ek sou dink Russians tel ook as foreigners? En ek kan sweer hulle gebruik knoffel in kimchi.

  17. Junie 8, 2007 9:22 nm

    Living-in-Seoul, thank you very much for the visit and the comment.

    Ek verwys na my verblyf hier in Gyeongju, ongeveer 4 ure vanaf Seoul en omtrent ‘n uur-en-‘n-half vanaf Busan. Ek is dus nie op hoogte van Seoul cuisine nie. Wat ek wel kan se, is dat my ervaring hier wel is dat die Koreane byna by elke maaltyd knoffel as ‘n by-kos geniet…dit mag miskien anders wees in Seoul. En ja, Idiwidi, heeltemal reg: in die oorgrote meerderheid van kimchi-weergawes (daar is baie verskillende soorte), is knoffel inderdaad ‘n bestandeel!

    Ek was maar nog slegs enkele kere in Busan, waar ek baie “westerlinge” gesien het (dws “blankes”). Ek is heeltemal bewus daarvan dat daar baie Russe in Busan (en ander dele van Korea) is, asook Uzbeki’s en Kazak’s. Ek kan egter nie die gawe om slegs op sig mense se nasionaliteit af te lei nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: