Skip to content

Siddartha Gautama verjaar

Mei 24, 2007

samsung 048

Vandag is sokkat anshinil, ‘n openbare vakansiedag in Korea, en dis lekker samsung 047om ‘n slag in die middel van die week af te he. Korea (en vermoedelik ook ander Asiese lande) vier vandag die verjaarsdag van Siddartha Gautama bba Buddha (the awakened one ). Hy word algemeen erken as die oorsprong van die Buddhistiese geloof, wat huidiglik die 4de grootste geloof in die wereld is. Gautama is gebore in die area wat vandag die staat van Nepal beslaan, maar destyds nog deel van Indie was. Hoewel die datum van sy geboorte aanvaar word as 563 vC, is daar nie volle konsensus oor die jaar van sy geboorte nie. Hy het op 35-jarige ouderdom vir 49 dae onder ‘n vyeboom sit en mediteer en daarna volle “ontwaking” (awakening of enlightenment ) bereik. Die res is geskiedenis.

samsung 043 Van gisteraand af besoek duisende Koreane die tempels om respek aan Buddha te toon en om saam met ander Buddhiste “tempelbasaar” te hou. Ek het self gisteraand ‘n plaaslike tempel besoek. (Eintlik het my Koreaanse kollegas gese as ek drie tempels besoek, sal ek vir die volgende jaar gelukkig wees. Ek het egter nog nie by die ander twee tempels uitgekom nie, so nou sal ek seker tevrede moet wees met net vier maande se geluk…)

Dit was werklikwaar baie kleurvol, met honderde lotus lanterns wat die tempelgronde verlig het.

samsung 022samsung 049

samsung 028

Daar was wemelend baie mense, hoewel ek sekerlik erg uitgestaan het as die enigste westerling. Party was duidelik monnike, met hulle kaalgeskeerde koppe en grys mantels. Ander nog in hulle werkspakke en baie kinders, klein en groot. Die geur van wierook was swaar in die lug en orals het klein groepies Buddhiste kruisbeen sit en chant. Daar was baie eetgoed, gebedskrale, lotusblomme en ander Buddhistiese artikels. Daar was ook drake, olifante en papier-pagodas.Tussenin het ek van my kinders raakgeloop en hulle ouers ontmoet. Dit was voorwaar ‘n sintuiglik lonende ervaring.

samsung 024

Advertisements
3 Kommentaar leave one →
  1. Mei 24, 2007 7:17 nm

    Moet ons “happy birthday” sing???

    BAIE mooi foto’s Boertjie en verseker ‘n baie interessante gebeurtenis! Was seker lekker om al die ouers van jou kiddies te ontmoet né?

    Plaas jy nou maar nog net een tempel gaan besoek het, dan hou jou “luck” ten minste tot Januarie…!

    Geniet jou vakansiedaggie!

    xxxRxxx

  2. Mei 24, 2007 10:47 nm

    Vreemd, ons hou nie vakansie vandag nie. Miskien herdenk die Taiwannese ‘n ander datum. Ek sal bietjie uitvind.

  3. Mei 24, 2007 11:34 nm

    Ek is bly jy’s genees van jou blog-blok.

    Baie interessante post. Beautiful foto’s

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: