Skip to content

Vasvra

Junie 2, 2007

Omdat ek soveel foto’s van vriende en familie regoor die wereld ontvang, het ek besluit om ‘n klein geografiese vasvra te hou. Om dit effe makliker te maak, sluit ek kriptiese leidrade in. As die wenner bereid is om sy/haar adres te verskaf, stuur ek vir haar/hom ‘n pakkie egte Koreaanse Ginseng tee. Die wenner sal die eerste een wees wat al 8 korrek het.

(Met dank aan Riette, Willem, Riko en vriend Thomas)

1. Hoop jy weet wat is die EU en wie Bram Stoker is…

Romania133[1]

2. Party onwetendes dink hierdie eiland is actually ‘n kroeg…

18

3. Hierdie land se geld-eenheid het “gewen”.

samsung 026

4. Shiloh Nouvel Jolie-Pitt…

Picture 149

5. Hierdie Afrika-land is steeds ‘n monargie…

DSC03956

6. Hierdie land se eerste Katolieke president is in ‘n sluipmoordaanval dood.

DSC03758[1]

7. Die skat in die oester is vals en hierdie eiland is bekend daarvoor.

eilandenuitsigwaar9kmbergklimwas

8. Naas Australie, is hierdie land die grootste uitvoerder van lemoene na die VSA.

BREEDE16

Advertisements
36 Kommentaar leave one →
  1. Salige Rus permalink
    Junie 2, 2007 6:54 nm

    Van daai leidrade is bietjie laergraad. Spesifiek nou Namibie, Lesotho en die VSA.

  2. Junie 2, 2007 7:00 nm

    Ek moet dit darem toeganklik maak vir almal… 🙂

  3. Junie 2, 2007 7:01 nm

    wanneer is die sluitingsdatum?

  4. Junie 2, 2007 7:02 nm

    Daar is nie ‘n sluitingsdatum nie…die 1ste een wat 8/8 reg het, wen.

  5. Junie 2, 2007 7:31 nm

    eehehehe

    is dit hoe transilvaaaaaaaniaaaa lyk?? my maggies…

  6. Junie 3, 2007 11:47 nm

    ‘n paar wille raaie: ierland, indonesiE, suid-korea, namibiE, lesotho, vsa, hawaii, suid-afrika…???

  7. Junie 4, 2007 2:31 vm

    Twee van die agt weet ek rerig nie. Hoe lyk dit met laergraadleidrade?

    1. Roemenië 2. Thailand 3. Suid-Korea 4. Namibië 5. Swaziland 6. VSA 7. Hawaii 8. Suid-Afrika

  8. Laurence Lombard permalink
    Junie 4, 2007 2:56 vm

    1 Roemenië 2 Mauritius 3 Sjina 4 Namibië 5 Swaziland 6 Meksiko 7 Taiwan 8 suid Afrika

    Ek vat ‘n kans
    Laurence

  9. Junie 4, 2007 6:04 nm

    Ek dink ek gaan eerder my vroulike sjarme oopdraai vir daai Ginseng tee!! 🙂

  10. Junie 4, 2007 11:19 nm

    Idiwidi, 4/8
    George 6/8
    Laurence, dankie vir die besoek! 4/8
    Rene, jy sal behoorlik moet SMEEK!

  11. Junie 4, 2007 11:30 nm

    Jy sal nogal verbaas wees Boertjie – daar is maniere en dan is daar my MANIERE!! hehehe

    (*note to myself … gaan kyk of Pick ‘n Pay of die Chinese winkel op die hoek nie dalk ook ginseng tee verkoop nie…*) Lol 8)

  12. Junie 5, 2007 12:06 vm

    Uh, Maitland, iewers langs die see, iewers na ‘n moviese storm, Hartbeespoortdam, Hartbeespoortdam en Hartbeespoortdam? ens ens Nee vet, ek is te geographically challenged vir die een. Gaan nie eers probeer nie. Sê maar. 😉

  13. lanab permalink
    Junie 5, 2007 12:12 vm

    En ek kry 1/8 vir Namibia…..

    hoop jy het n stunning week!

    troedelkies

  14. Minter permalink
    Junie 5, 2007 3:27 vm

    Dit het nou niks met die lande uit te waai nie. Ek speck toe die foto’s van die kimchi en toe dog ek moet nou net se …

    Ek is SEKER ek is die enigste afrikaanse man wat sy eie kimchi hier in suid afrika maak. As dit jou eers het dan los hy nie.

    Ek het juis vanaand daarvan gehad en dis glad nie te sleg nie. Mis egter die real thing. Ek gaan definitief daai kos link van jou gebruik, thanx.

  15. Mary Jane permalink
    Junie 5, 2007 6:46 nm

    Oe, jy weet hoe lief ek is vri sulke tee’s. Nou ok, here goes: 1. Transilvania, Romenië, 2. Zanzibar, 3. Suid-Korea, 4. Namibië, 5. Swaziland (Lesotho sover ek weet is ‘n demokrasie?!??), 6. VSA , 7. ??? 8. Suid-Afrika Dammit, ek’s seker van die 7, maar die freakin eiland, ok, ek raai, Virgin islands, want hulle is lankal nie meer virgins nie – ha ha ha ha. Nee, ok, ek raai Britse eilande?!?!?? Ok, ek gee op, sê!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  16. Mary Jane permalink
    Junie 5, 2007 8:21 nm

    Ek het dit!!! nr 7 is Sri lanka!!!

  17. Junie 5, 2007 11:44 nm

    Kruikie…Maitland, Hartebeestpoortdam….ha-ha-ha. 🙂

    Lana, Namibie is eintlik ‘n dead give-away! Jy sou dit gekry het, al was die leidraad ook HOE moeilik!

    Minter, kan jy dit glo? Ek neem aan jy was in Korea? Ja, wel….kimchi groei nogal op ‘n mens!

    Mary Jane…ek het actually toe uitgewerk waar jou naam vandaan kom…Spiderman? Ek hou mos baie van Kirsten D…Jy is amper daar, maar nog nie stamper!

    8)

  18. Thea permalink
    Junie 6, 2007 12:42 vm

    Okey my raai is:

    1. Ierland 2. Zanzibar 3. Suid-Korea 4. Namibië 5. Swaziland 6. VSA en
    7. Suid-Afrika.

    Geniet dit baie om jou blog te lees!! Baie interessant.

  19. Thea permalink
    Junie 6, 2007 12:44 vm

    Skuus ..

    7. Hawaii en 8. Suid-Afrika

  20. Junie 6, 2007 6:09 nm

    Welkom Thea!
    Jammer…8/10 😦

  21. Junie 6, 2007 6:37 nm

    Gerrie … daar is net 8 vrae!!! 😀

  22. Junie 6, 2007 6:46 nm

    My kop konnekteer nie so lekker vandag nie, Rene! 🙂

    Jammer, Thea. Obviously 6/8!

  23. Junie 6, 2007 10:54 nm

    Gee my ‘n kans, asb!!
    Ek is mal oor tee.
    ag, ek sal vir jou daai hygroman skryf waarvoor jy gevra het:-x
    Ek is rerig nie goed met Aardrykskunde nie…
    come on!! gee my ‘n kans..
    Hygroman = Ginseng Tee

  24. Junie 7, 2007 3:12 vm

    nie so lief vir tee nie, vir ‘n bottel jack…….

  25. Thea permalink
    Junie 7, 2007 7:17 nm

    Okey, ek probeer weer en nie oor ek die tee wil hê nie, maar oor ek mal is oor trivias…

    1. Ierland 2. Zanzibar 3. Suid-Korea 4. Namibië 5. Lesotho 6. VSA 7. Mallorca en 8. Suid-Afrika.

  26. Junie 7, 2007 10:45 nm

    1. Ur nadat Abram daar weggetrek het (Bram Stoker.. klink of hy familie van Abram kan wees… dis nou nadat hy Abraham geword het toe hy sy seun Isak op ‘n vuuraltaar moes gaan offer)

    2.Ararat nadat Noag uit die ark gekom het ( (Gen 9:21) Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en naak in sy tent gelê.) Noag se seuns het toe noggie geweet wat ‘n kroeg is nie…

    3.Rome (betaal die keiser wat die keiser toekom)

    4.Sinai (nadat Moses die kliptafels stukkend gegooi het)

    5.Weet nie…? maar ek kan duidelik sien dis die rivier Gihon wat om Afrika (Kus) gevloei het. Dit was toe Afrika nog in die paradys was en Adam nog wit was voordat hy gesondig het en hy toe swart geword het… (Gen 2:13) En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop.

    6.Jerusalem net na die Babiloniërs dit afgebrand het.. net die grafte (die heilige grond) het oorgebly… hulle lyk vandag nog so al kan hulle goedskiet en het hulle baie geld. (2Ch 36:19) En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is.

    7. Babilon … ek kan verkeerd wees ek dink nie Babilon was ‘n eiland nie.. dit kan dalk Patmos wees waar Johannes hierdie gesigte gesien het…? erens feature die moeder van die hoere Babilon… (Openb 17:4-5) En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

    8.Kanaän voordat die Israelies begin suurlemoen plant het toe hulle druiwewingerde en koringlande deur die Filistyne verwoes is. Maar dit kan dalk die Skelfsee wees nadat al die Farao se manskappe versuip het toe hulle die Israelies wou agtervolg. Gebruik asseblief volgende keer ‘n wideangle sodat die see biekie breër lyk.. en moet ons nie probeer mislei deur ons aandag op lemoenuitvoere te vestig, dit terwyl ons op die punt staan om die land van melk en heuning in te trek nie.

    Jy moet ‘n boer in ballingskap wees was klink of hy sy grond in Zim verloor het… anders kon jy maklik die kaalkop Elísa van die Bybel gewees het…

    (2Ki 2:23) En daarvandaan het hy opgegaan na Bet-el; en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en vir hom sê: Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!

    Ek sal liewer nie met jou spot nie…! Jammer vir al die Bybelverse..en die baie …. …. …. ek moes bewyse kry om my beweringe te ondersteun… en moes seker maak dat julle nie dink ek is johannes duiweliers nie.

  27. Junie 7, 2007 10:48 nm

    Sorry … ek hoop nie jy dink dis Spam nie… skenk die prysgeld vir Family Radio.

  28. Junie 7, 2007 11:47 nm

    Melanie, jy het jou kans…1 hyg-kortverhaal (hoef nou regtig nie ‘n roman te wees nie) sal vir jou een pakkie ginseng-tee (50 sakkies) wen…dis regtig lekker!. 😉

    Wimpie, om ‘n bottel Jack vir jou te stuur, “will defeat the whole purpose”, want jy kan vir (baie goedkoper as hier) in SA vir jou ‘n Jack gaan koop by Makro of Picardi. 🙂

    Johannes, jy het baie hard probeer…0/8….jammer, man! 😦

    Thea, weer 6/8…en ek ken nie ‘n plek soos “Mallorca” nie…. 8)

  29. Junie 8, 2007 2:59 nm

    Johannes_11- welkom op planeet aarde – ons dink al laaaaankal jy is johannes duiweliers! Wat van ‘n straight antwoord vir ‘n slag!? Of kan jy net uit die Bybel dink?

  30. Junie 8, 2007 4:49 nm

    Rene

    die lewe is ‘n lied veral met die einde in sig.. 2011

    (straight genoeg…?)

  31. Junie 8, 2007 10:37 nm

    Thea, nes Mary Jane, is jou nou so amper daar!

  32. Mary Jane permalink
    Junie 8, 2007 11:04 nm

    Nee nee, Mary jane kom NIE van Spiderman. Was nog altyd my…uhuh “skuilnaam”. Is aan my gegee deur ‘n groot liefde van my lewe in st.7. Gegee. Daar’s blykbaar ‘n song Mary jane (gaan blykbaar oor dwelms, maar dis nie hoekom dit my naam is nie.)

  33. Junie 11, 2007 11:30 nm

    Het julle almal nou klaar probeer en moet ek nou maar alleen verder aan die Ginseng-tee drink? Mary Jane en Thea, julle was die naaste.

  34. Junie 12, 2007 12:15 vm

    Finale raaiskoot:
    1. Roemenië, 2. Zanzibar, 3. Suid-Korea, 4. Namibië, 5. Swaziland, 6. VSA, 7. Mallorca 8. Suid-Afrika

  35. Junie 12, 2007 10:32 nm

    George, ek dink gelukwensinge is aan die orde van die dag! Jy’s 100% in die kol! Ek glo net die aanvaarde spelling van nr. 7 is Majorca en nie Mallorca nie. Mary Jane het net nr. 7 verkeerd gehad en Thea slegs nr. 1.
    Majorca is bekend vir die vals perels, sg. “Majorca perels” wat daar vervaardig is. Hulle vervaardig dit blykbaar nie meer daar nie, maar die naam het ‘n handelsmerk geword.

    As jy bereid is om jou posadres vir my te e-pos, stuur ek jou pakkie tee!

    Dankie in elk geval vir almal wat ‘n kans gewaag het!

  36. Junie 14, 2007 5:39 vm

    Boer, jy sal helfte van die tee vir Mary Jane en Thea moet stuur. Ek het die twee eilande by hulle gekoekeloer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: