Besig of lui?
Is ek besig of is ek lui….bietjie van albei. Ek lees almal se interessante blogs (en die blog-kwaliteit van Afrikaanse blogs neem slegs toe!) en al die nuusberigte en al my e-mails, maar ek self kom nie by my blog uit nie…Miskien maak die information overload my bietjie moeg. Ek het so baie goed waaroor ek wil blog en mooi foto’s en so baie opinies, maar elke dag jaag skielik wild en besig by my verby. Ek sit en wonder waar my tyd heengaan. Ek is ‘n volle week se Korean Times agter (hulle le hier in my woonstel op ‘n ordelike hopie en smag om gelees te word). More gaan ek supermark toe en gaan ek vir my ‘n blikkie egte ingelegde Koreaanse tyd koop vol wilskrag-speserye…Miskien net ‘n paar minute, want die ure hier is baie duur.
Wat gemaak as mens besig, maar baie lui is?? Vergeet van die Koreaanse Ginseng Tee wat jy moet stuur – pos eerder vir my ook bietjie van die goedkoper Koreaanse minute! Ek dink ons moet intensiewe navorsing gaan doen – ek is amper doodseker daarvan ‘n dag het nie meer 24 uur nie!
Sterkte mater … ek weet hoe jy voel..! 😀
xx
oulik! ek sit in dieselfde bootjie
Skielik kom ek ook nie meer by alles uit nie maar ek weet wat die oorsaak daarvan is!! Blogverslawing!! Wil self ‘n blog begin, maar my tyd vir kreatiewe denke word opgeneem deur die lees van ander se blogs. O ja… Mallorca is eintlik die Engelse naam dink ek vir Majorka in Spanje!! Maar ek dink jy’t ons nou genoeg in suspense gehou. Wil jy nie maar asb. die korrekte antwoorde verskaf nie Boertjie?.
Ek weet wat jy bedoel, moeilik om vir alles plek te maak, somtyds moet ‘n ou net dinge kalm vat, dink nie mense weet hoe moeilik dit is om elke dag iets te he om te se nie, gelukkig het ons darem goeie komedie skrywers in die suid-afrikaanse regering, hulle was almal voorheen stand up comedians op ‘n eiland so ‘n paar kilo’s van Kaapstad af….
Ja, ‘n ekstra 2 ure per dag kan dalk help. Ek is ook nou blog-verslaaf. Waar steel ek tyd daarvoor. By my werk? By my kinders? By my man? By my God? By my bestaan-nie-tans sosiale lewe? Nee wat, my slaap moet maar ‘n uur of 2 af staan. Die junkie se prioriteite het so bietjie verander…en my koffie kwota ook!
Ek het bietjie gaan loer na jou ander skrywes en jy moet regtig meer skryf. En definitief meer dig!
Dankie, Sonkind! Ek probeer. 🙂
Ek is ‘n obsessiewe kok en baie lief vir skryf.
Welkom hier, Karen!