Skip to content

Dit was nog ‘n vakansiedag…

Junie 10, 2007

samsung 081Woensdag was ek weer gelukkig om ‘n dag in die middel van die week af te he. Dit was Hyun-chung-il , of te wel “Memorial Day” in Korea (die Weste gedenk natuurlik ook hierdie dag ter herinnering aan die D-Dag inval van Normandie in 1944). Die Koreane herdenk al die soldate wat dood is in die Koreaanse oorlog (1950-53) en tydens die besetting van Korea deur Japan (1910-45). In die Koreaanse oorlog alleen, het ongeveer 400 000 Suid-Koreaanse soldate gesterf en bykans tweekeer soveel burgerlikes. Die Koreane is baie patrioties en talle mense in hulle woonstelle, asook winkels en staatsgeboue, het die Suid-Koreaanse vlag (halfmas) trots vertoon.

samsung 013Ek het besluit om te gaan rondrits, tens spyte van die warm en humiede weer. Ek het Tongiljeon besoek, aan die buitewyke van Gyeongju. Dis ‘n baie mooi, landelike, tradisionele Koreaanse gebied aan die voet van Namsan (berg). In hierdie berge is daar talle Buddhas in rotse uitgekerf en baie historiese plekke op die paadjies wat mens die berg uitlei. Die hitte het my egter weerhou van die ekskursie en ek sal dit op ‘n ander dag aanpak, as dit miskien bietjie koeler is en ek ‘n back-pack met die nodige proviant byderhand het.

samsung 072 Dis ook tuiste vir die bekende Tongiljeon “Palace of Unification”. Hierdie landmerk herdenk die vereniging van die drie antieke Koreaanse koninkryke in ongeveer 660 nC. Tot op daardie stadium het die area wat vandag bekend staan as Noord-en-Suid-Korea, bestaan uit 3 koninkryke, naamlik Silla (met Gyeongju as hoofstad), Baekje (met Gonju as hoofstad) en Goguryeo/Goryeo (met Pyongyang as hoofstad). Dit klink so half Lord of the Rings-erig, maar hierdie 3 koninkryke het oor periodes van letterlik honderde jare oorlog teen mekaar gemaak en gebiede verloor en verower, soms met die hulp van China (wat altyd ‘n vinger in die pastei gehad het) en soms deur oorlog teen China. In 668 nC is Baekje en die grootste deel van Gorguryeo deur die Silla-koninkryk verslaan en sodoende het een, verenigde Korea tot stand gekom. Die Silla-dinastie het vir ongeveer 300 jaar regeer, tot dit in 935 nC weer tot ‘n val gekom het (soos met alle ryke gebeur…)

samsung 014samsung 066

Tongiljeon Paleis is opgerig in herinnering aan die rol wat die Silla konings, Muryeol en sy seun, Munmu, gespeel het in die vereniging-oorloe, asook die miltere rol van die Koreaanse “Napoleon” (of De la Rey?), Generaal Kim Yu Sin. Pragtige tuine en werklik ‘n area vol vrede en rustigheid, so aan die voet van die berg. As liefhebber van die geskiedenis, gewyde stiltes en groot geeste van gister, het ek die vergesigte en die fluistering van die verlede, inspirerend gevind.

samsung 071

Advertisements
9 Kommentaar leave one →
  1. Junie 10, 2007 3:29 nm

    Word mens wys uit die fluisteringe van gister? Of gaan bou ons groter wapens om ou rekords te oortref. Mag dit maar fluisteringe bly, want hoe sal mens die volklank geween en gekners kan deurstaan? Maar ja, die onthougoed is mooi gedoen en jou blog bly ‘n inspirasie.

  2. Salige Rus permalink
    Junie 10, 2007 5:29 nm

    Ek dog dis altyd koud in Korea.

  3. Junie 10, 2007 6:02 nm

    Thanks, Jo! 🙂

    Die winters is langerig, met sneeu, maar in die somer raak dit lekker warm. Nou nie Laeveld-hitte nie, maar tog doen die Oosterse son sy ding.

  4. Junie 11, 2007 1:34 vm

    sjoe, die oosterse argitektuur bly vir my van die mooistes wat daar is. dit blend so wonderlik met die landskap. ek voel rustig as ek net daarna kyk 🙂

  5. Junie 11, 2007 3:40 nm

    Lyk my julle het daar net so baie vakansiedae soos ons in SA. 🙂 Dankie vir die foto’s.

  6. Junie 11, 2007 6:10 nm

    Ai, ek is mal oor daai tuine! Ek het ‘n geweldige begeerte om net daar te gaan sit en MYSELF weer vir ‘n slag te vind – weg van die gejaag en geraas om my kop! 😀

  7. Junie 11, 2007 9:33 nm

    Ja, daar is ‘n rustige bekoring in die argitektuur en die tuine/parke hier.

    Ek het actually nou gaan tel – Korea het net soveel vakansiedae as SA, naamlik 12. Met een verskil – as ‘n vakansiedag hier op ‘n Sondag val, is die Maandag nie ‘n vakansiedag is nie.

  8. Junie 12, 2007 4:30 nm

    Dis mooi daar! Is dir orals so mooi of net op die plekke van nasionale belang of op die toeristeroetes, soos in SA?

  9. Junie 12, 2007 10:27 nm

    Seker maar soos enige ontwikkelde land, is die onbeboude spasies nie so volop nie, gegewe dat S-Korea ongeveer 10 keer kleiner as SA is, maar met 25% meer mense. Daar is egter baie mooi parke, tuine, nasionale parke ens. wat mens asemhaalkans bied.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: