Lekker koel ete op ‘n warm dag
Junie 12, 2007
Naengmyun – dungesnyde aartappel-noedels, komkommer, kimchi-kool, genoeg dik rooipeper-sous, gekookte eier, sesame-saad, met ‘n tikkie asyn, alles op ys.
‘n Uiters yummy en verfrissende maal op ‘n warm dag (hierdie was slegs ‘n voorgereg).
🙂
Advertisements
Jy maak my nou sommer lekke lus…
uhm ja nee kyk, het hulle nie steak en chips in Korea nie? Kool…nee wat eersder vars geslagte seewier of iets dergliks…
Op ys? Baie interessant. Is die ys met water gemaak of een of ander aftreksel? Moet mens vinnig eet voor die ys smelt of word dit sommer deel van die dis? Of is hierdie vrae wat ek vir die kok moet vra?
Dit lyk mooi, maar dis nou so koud hier by ons dat daai prentjie my nie baie lus maak nie! Seker dit sal heerlik wees in die somer.
Dis gewone ys van water, word deel van die dis en vorm ‘n lekker sous, saam met die rooipeper.
Yuk! Wanneer ek weer op dieet is, sal ek daai prentjie op my yskas plak.
genade, as die koshuis elke dag sulke kos kon voorsit…
/me kwyl
ek eet eerder die ys voor ek die sywurmlarwes eet!! 🙂
Dit lyk interresant! En of die proe lekker kan wees . . .
Pass.
Wat is kimchi?
As ek die beskrywing van die gereg lees, klink dit lekker (sonder die ys)!! Maar as ek na die foto kyk…. dan liewer KFC of Something Fishy vir my.
wag ‘n bietjie…wat is daai gestolde poeletjie goeters OM die gereg?
on second thought…
“The proof of the pudding is in the taste” en “looks can be deceving”.
Salige Rus, ek’s bietjie lui vir vertaling, so ek haal aan vanuit die Korean Kitchen webwerf (op my sidebar onder die titel “Koreaanse kos”)
Kimchi is one of the most signature dishes of all Korean food. It is fermented vegetables with chilies, garlic, ginger, green onions, and fish sauce etc…
There are over hundred kinds of Kimchi, the most famous one is Bae chu kimchi which is made with nappa cabbage. There are many varieties in making Kimchi.
You can add different kinds of ingredients for example, use fish sauce or just leave it out or make it very spicy or not spicy at all.
Here’s some sources about Kimchi .
http://www.kimchi.or.kr
http://www.kimchikorea.net
http://www.kimchimuseum.co.kr
Kimchi sê so lekker! Ek het nou die dag my eie konkoksie bymekaar gegooi en dit toe sommer Kimchi genoem net omdat dit so lekker oor die lippe vloei (dis nou die “woord” en nie die gereg nie … hehehe 😀 ) Ek sal net nie ‘n Koreaan (of vir jou Boeretjie) vir ete kan nooi as my eie kimchi op die spyskaart is nie!
Johan, daai gestolde goeters het my gelyk na Dooie See kabelling of iets.
BiB – jy kan daai gereg patenteer met foto en al vir ‘n nuwe kits dieet hier in SA!