Skip to content

Pohang

Junie 20, 2007

Die afgelope naweek het ek Pohang besoek, teen die kus, ongeveer 30 minute se ry vanaf Gyeongju . Pohang is ‘n stad ongeveer so groot soos Gyeongju (omtrent 500 000 mense) en is in ‘n baie mooi baai gelee. Dis ook die tuiste van die Koreaanse skiereiland se mees oostelike punt, naamlik Homigot. Elke nuwejaar word Korea se amptelike “first sunrise” fees hier gehou om die eerste sonsopkoms van die nuwejaar gade te slaan. Ek het ongelukkig nie tyd gehad om daarnatoe ook te gaan nie, want dit le ver uit op die punt van die baai a-la Kaappunt. Hierdie punt kan regs in hierdie foto waargeneem word. Ek los hierdie uitstappie vir ‘n volgende besoek (en moontlik vir Nuwejaar).

samsung 108

Saterdag was ‘n pragtige, blou dag en moontlik die mooiste dag wat ek nog in Korea beleef het. Dis asof die lekker somerreens en die Junie-winde die hele wereld hier kom skoonspoel het en opnuut kom kleur het. Die lug was so helder soos ek lanklaas gesien het, sonder enige letsel van rookmis, stof of enige deinserigheid, wat so dikwels die lug hier in sepia verander. En dit was ‘n perfekte dag om die strand te besoek.

samsung 095samsung 100

Bukbo strand was vir my baie mooi. ‘n Lang, bree, spierwit strand met ‘n skoon see, vol klein vissies en seewier. Dit het my nogal aan die Strand laat dink. Al was dit so ‘n mooi dag en so lekker warm, was die strand opmerklik leeg. Ek bedoel, in Suid-Afrika sou die strand al vroegoggend op so ‘n mooi dag, gepak gewees het. Al verklaring wat ek het, is dat die mense nog werk en die kinders nog skoolgaan en die studente nog swot. Korea het, vir alle praktiese doeleindes, ‘n 6-dag werksweek. Mense werk op Saterdag-oggende en daar is ook skool en universiteit Saterdae. Ek dink dat, as dit ‘n Sondag was, sou Bukbo gepak gewees, te oordeel aan foto’s wat ek al van hierdie strand gesien het.

Die vissersbootjies het hierdie strand nog meer karakter gegee.

samsung 072samsung 104

Die ete in die restaurant was baie aangenaam. ‘n Koreaans/Italiaanse restaurant, genaamd Bally. Bietjie aan die duur kant, maar volpunte vir die atmosfeer, smaaklike kos, ‘n goeie internasionale wynlys en uitstekende diens. Pohang sal my weer sien en volgende keer reis ek verder!

samsung 101

Advertisements
10 Kommentaar leave one →
  1. Junie 20, 2007 11:19 nm

    Sjoe, dis voorwaar baie mooi! Wat my veral opval is hoe skoon die strande en strate is! A walk along that beach – terwyl die son rustig sak – would be nice!!!!! 😀

  2. Junie 20, 2007 11:37 nm

    Dit lyk baie nice, ja. Hier is die strande ook heeltemal verlate gedurende die dag – Taiwannese het glad nie ‘n sonkultuur nie. Die vroue (en mans) is tog te bang om bruin te brand. Ek vermoed dis dieselfde in Korea.

  3. Thea permalink
    Junie 21, 2007 1:07 vm

    Dit lyk en klink of jy ‘n baie lekker tydjie gehad het! Dis pragtige foto’s en ek is baie beïndruk met alles wat ek nou al van Korea gesien het.

  4. Junie 21, 2007 4:21 vm

    Lyk baie lekker. Hoe is selfs die studente aan die werk saam met die res van Korea en jy kan jollie patrollie op die strand ?

    Werk enige iemand op Sondae ?

  5. Junie 21, 2007 1:53 nm

    hmmm laat my dink aan die strandloper restuarant en natuurlik….helaas … vakansie ;-(

  6. lanaba permalink
    Junie 21, 2007 3:27 nm

    Dis asemrowend mooi ……en skoon!

    Hoop jou volgende trippie soontoe hou vir jou baie verrassings in.

    hoop jy het n mooi dag!

    troedels
    xx

  7. Junie 21, 2007 4:07 nm

    ‘n 6-dag werksweek? Nota aan self: moet nooit in Korea bly nie. Ek wonder of dit ‘n land werklik meer produktief maak, as mens dit vergelyk met ekonomies vooruitstrewende lande wat ‘n 5-dag werksweek het?

    Strande lyk stunning!

  8. Junie 21, 2007 4:28 nm

    Dis mooi! Sit my sommer in die luim vir vakansie! Snaakse vraag, maar jy weet nie dalk wat in Sui-Korea aangaan rondom SCUBA-duik nie? As die strande so mooi is sE dit vir my daar moet daar Erenster mooi riwwe wees…

  9. Junie 21, 2007 10:23 nm

    In Korea word daar altyd gewerk. Dis weens hierdie mentaliteit (ek dink baie soos die Japanese s’n) dat (Suid) Korea na die oorlog so fenominaal gegroei het. Eers het die Japanese die land verwoes en daarna die Koreaanse oorlog. In 1953 was hierdie land ‘n “basket case”. Wat hulle in 50 jaar reggekry het, is ‘n wonderwerk in die kleine. Terloops, Korea se werkloosheidsyfer het nou die dag van 4% na 5% opgegaan en nou kerm al die ekonome.

    Ek organise…daarom werk ek nie op Saterdae nie.

    Nico, jy’s heeltemal reg. Skuba is groot in Korea. Nog iets op my langerwordende lysie.

    Ek weet nie van die Koreane se songewoontes nie. Sal gaan kyk in die vakansie-seisoen (einde Julie). Dan is daar nie plek vir ‘n muis op hierdie strande nie.

  10. Junie 23, 2007 12:18 vm

    Mmmm.

    Sal nie daar kan woon nie. Nie as werkende vrou nie. Dit lyk soos ‘n stukkie paradys!

    Geniet dit!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: