Skip to content

Grasgrafte en ander Gyeongju-beelde

Julie 4, 2007

samsung 019samsung 024

Ek het Saterdag op ‘n bewolkte, humiede somersdag gaan rondloop in en om my stad, Gyeongju. Was downtown toe – dis wat die “middestad” hier genoem word. Vroeg in die oggend is daar nog bitter min mense op straat. In die na-middag is dit egter ‘n gewemel soos ‘n klomp skarrelende miere. Het toe gaan fliek en die enigste beskikbare Engelse fliek gaan kyk, nl. Spielberg en Michael Bay se Transformers in Engels, met Koreaanse onderskrifte. Die storielyn is redelik dun, maar die spesiale effekte is werklik ongelooflik. Dis miskien die moeite werd om te kyk net vir laasgenoemde rede.

samsung 027samsung 036

Gyeongju was die hoofsetel van die Silla Dinastie , wat ontstaan het toe ‘n klomp strydende clans bymekaar gekom het in ongeveer 50vC. Dit was hulle gebruik om konings en groot stryders in, wat ek sommer self gedoop het “grasgrafte”, te begrawe. Dit werk baie op die beginsel van die piramides, maar dis net kleiner en nie met stene gebou nie. Die hele omgewing hier is gestrooi van hierdie reuse grasgrafte.

samsung 025samsung 029

Op meeste mag jy nie gaan klouter nie, maar die grootste een in Gyeongju (en dus Korea) kan jy met ‘n beboomde paadjie uitloop. Van bo-af het mens ‘n mooi uitsig op Gyeongju. Mens kan onder andere die bewaarde hanok-huisies sien tussen al die moderner geboue.

samsung 032

samsung 045Ek het ook ‘n baie ou tempel (Buhnwhangsa) besoek naby die stad, waar 3 verdiepings bly staan het van ‘n pagoda wat in 634nC gebou is. Hierdie pagoda was oorspronklik 9 verdiepings hoog, maar die Japanese het die ding staan en afbreek in die 16de eeu. ‘n Pa en dogter het al in die rondte geloop en bid.

 

 

 

Daar was ‘n begrafnisdiens aan die gang by die klein, historiese tempeltjie, dus het ek maar net van buite af foto’s geneem.

samsung 046samsung 048

Die tradisionele Buddhistiese trom en die monstergesig-vis, was vir my baie kleurvol.

samsung 055samsung 054

samsung 060 Naby die klein tempel staan hierdie ou steen soos ‘n miniatuur stone henge . Dis een van die enigste stukke wat oorgebly het van Hwangryonsa, die grootste tempel wat tydens die Silla Dinastie gebou is. Die veglustige Mongole het die hele tempel vernietig tydens hulle 13de eeuse strooptogte.

Op pad terug huis toe, het ek verby asemrowende plate lotusblomme gestap wat nou hier blom. Godgeskep en pragtig…

samsung 073

Advertisements
13 Kommentaar leave one →
  1. Julie 5, 2007 4:07 vm

    Soos altyd pragtige foto’s! Jou blog is die mooiste “joernaal” wat ek nog gelees het. Wow!

  2. Julie 5, 2007 11:21 vm

    Nice post, ja. Ek hou van daai vis!

  3. Julie 5, 2007 11:08 nm

    Dankie!

    Dis maar my manier van dagboek hou en om te sorg al my ervaringe word neergepen. Amper soos “the Captain’s log” destyds in Star Trek. 🙂

  4. Julie 6, 2007 2:17 vm

    Ek is mal oor die fotos. Die blom is die mooiste!

  5. Bertus! permalink
    Julie 6, 2007 6:04 nm

    Is daai blom nie ‘n lotus nie? Dit lyk soos ‘n lotus.

  6. Julie 6, 2007 9:42 nm

    Bertus, jy’s heeltemal reg! Ek het ook eers na die tyd besef dis ‘n lotusblom!

  7. Julie 6, 2007 10:51 nm

    Ek wonder oor daardie grasgrafte — wie het die bome geplant as niemand daarop mag klouter nie?? 😉

  8. Julie 7, 2007 1:32 vm

    Die bome is juis geplant op die een graf waarop jy MAG klouter.

  9. ValentiPl permalink
    April 18, 2014 11:04 vm

    О круто! Кажется у меня все получилось)) Есть что не так Простите)

Trackbacks

  1. Koningin Seondeok van Silla « Boer in Ballingskap
  2. Yi Sun-Sin en die Skilpadskip « Boer in Ballingskap
  3. Tussen Ryslande, Berge en ‘n Bevrore Rivier « Boer in Ballingskap
  4. Vir oulaas dus: Die pagodas van Gameunsa « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: