Skip to content

Kaliforniese Cabernet

Julie 11, 2007

samsung 090

E & J Gallo is ‘n een van die VSA se grootste wynmaatskappye en, nes die Aussies, het ook hulle die kuns bemeester om goeie kwaliteit wyn op massa-skaal te produseer. Die Sierra Valley Cabernet Sauvignon 2005 van Kalifornie, is verteenwoordigend van hierdie suksesresep. Die kleur is robynrooi, helder en foutloos. Die neus het ‘n groenterige karakter, saam met geure van kaneel, framboos en nuanses van vanilla. Die spesery-karakter is die onderbou vir ‘n sappige mondvol wat fluweelagtig en byna tannienloos in jou keel afgly. Die nasmaak herinner aan pruime, maar het nie lengte nie. Vir ‘n Cabernet, miskien effe lig, sonder die nodige tanniengreep. Hierdie wyn is duidelik gemaak om vroeg drinkbaar te wees. Persoonlik voel ek dat Shiraz en Merlot, kultivars is wat hulle beter leen tot hierdie “maklik-drink” rol. Maar dit gese, dink ek hierdie Cabernet lewer die nodige kwaliteit wat teen hierdie pryspunt te wagte is.

Gesondheid!

8)

6 Kommentaar leave one →
  1. Julie 11, 2007 5:35 vm

    Hier te lande sal ons seker maar sukkel om Gallo in die hande te kry. Ek sal maar my vrou se “His Master’s Voice” moet afstof. (Grappie)

    Nee jong, ek weet nie van hierdie dat julle pruime, kaneel en wat nog in die wyne proe nie. Daardie taal sal ek nog moet leer. Maar ek sal nog op my manier skryf oor bekostigbare wyne wat vir my lekker is – hou maar dop.

  2. Julie 11, 2007 10:28 nm

    As jy so liries oor wyn raak, raak ek sommer dors….!😉

  3. Julie 12, 2007 3:43 nm

    dors raak ek nou gelukkig amper naweek!
    dankie vir die nick mallet link.
    groetnis

  4. kaalvoetkind permalink
    Julie 13, 2007 1:24 vm

    Jy beskryf dit so goed, dat ek wat nie ‘n wynkenner is nie, dit omtrent kan proe!!

  5. Julie 13, 2007 3:15 vm

    Bib, ek is nie eers ‘n rooiwyn drinker nie, maar met daardie beskrywing van jou kan jy my dalk net bekeer! Ek proe amper die wyn!

  6. Julie 13, 2007 8:59 nm

    Ek’s baie bly as ek enigiemand tot wyn kan bekeer, want ek stem saam met daardie grootste van groot skrywers, Ernest Hemingway:

    “Wine is one of the most civilized things in the world and one of the most natural things of the world that has been brought to the greatest perfection, and it offers a greater range for enjoyment and appreciation than, possibly, any other purely sensory thing.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: