Skip to content

Somerblomme

Julie 13, 2007

Na die lente se sensasionele kakofonie van kleur, maak die somerblomme nou hulle beskeie buiging hier in Korea.

samsung 065samsung 088

samsung 099samsung 096

samsung 094samsung 098

 

Advertisements
8 Kommentaar leave one →
  1. Julie 13, 2007 11:29 nm

    Dit is so asof ek verneuk is met die gedagte van waar die Paradys nou eintlik was – dit is vrek mooi!

    Hier by ons blom die Aalwyne – ek sal volgende week foto’s post! Ek is seker jy mis dit. En ek beplan om Darling langs blomme te gaan kyk.

    Ek het die afgelope twee weke bietjie later kom werk omdat dit skoolvakansie was. Ek het dus nie in die donker werk toe gery nie, maar die mooiste mooi sonsopkomste oor die Boland berge beleef. Een oggend was ou Tafelberg as ‘n bonus in my tru-spieël in die asemrowendste ligroos getooi. Ek wens ek kon bestuur en foto’s neem!

  2. kaalvoetkind permalink
    Julie 13, 2007 11:38 nm

    Sjoe, dis die mooiste, helderkleurigste blomme wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Voel of ek kan hande vol pluk en in ‘n pot met water druk. Kyk, hier by ons in Gauteng is dit nou baie vaal en droog!! Kan nie wag vir die lente nie…

  3. Julie 14, 2007 1:45 vm

    pragtig!

  4. Julie 14, 2007 4:46 vm

    Bib, ek kyk na jou fotos en ek lees hoe jy wyn beskryf en ek dink: hier is een van min – ‘n man met ‘n fyn, ingestelde gees. Dis ‘n kompliment, hoor!

  5. marat permalink
    Julie 16, 2007 1:40 vm

    Daar is darem niks wat so natuurlik kleur het soos blomme nie. En mens kan dit nie 100% suksesvol na maak nie – dis net nooit dieselfde nie. Maar so mooi om na te kyk . . . 😀 hier by ons is dit nog vaal . . .

  6. Mary Jane permalink
    Julie 16, 2007 9:27 nm

    Howzit Boer? Man, dis PRAGTIG!!! Ek geniet natuurlik die winter so baie, ek kan doen sonder ‘n blom of twee vir eers! Sal vri jou blomme-foudies stuur as ons miskien hierdie jaar gaan blomme kyk – dan kan jy vergelyk

  7. Julie 16, 2007 10:10 nm

    Ai maar dis mooi!!!! 😀 As ek kon, sou ek elke dag ‘n bos vars blomme koop en in ‘n pot druk! Liewe Jesus weet darem maar wat Hy doen as Hy so ‘n mooi blom aanmekaar sit!

  8. Julie 17, 2007 12:29 nm

    Dankie vir die kompliment, Sonkind! Ek is nie altyd SO fyn ingestel nie, maar ek probeer my bes! 😉

    MJ, het altyd gedink jy’s ‘n somermens? Of maak “global warming” nou jou somers te warm?

    Rene, God het ook geweet wat Hy doen toe hy mooi vroue aanmekaar gesit het…

    Ek’s bly julle hou van die blomme en die mooi kleure. Korea is regtig ‘n land van helder kleure. Die rysvelde le nou oral grasgroen en is regtig ook mooi. Sal vir julle miskien ‘n paar foudies post.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: