Skip to content

Sondag in Suwon

Julie 17, 2007

samsung 225

Suwon is ‘n voorstad van Seoul, ongeveer 30km suid van die hoofstad samsung 134(dink Bellville vis-a-vis Kaapstad, maar net baie groter). Behalwe vir al die winkels, die swetterjoel wolkekrabber-woonstelle en moderne multi-verdiepings winkelkomplekse, is Suwon veral bekend vir die Hwaseong Fort.

samsung 128

 

 

Hwaseong Fort is in die laat 1800’s deur Koning Jeongjo van die Joseon Dinastie (1392 – 1910) as ringmuur om die destydse stad laat bou. Vandag is dit ‘n UNESCO Wereld-erfenis gebied, aangesien dit nie slegs indrukwekkend is nie, maar een van die modernste Asiese forte was van sy tyd. Die Japanese het dit deels vernietig tydens hulle besetting (1910-45), maar die grootste dele van die fort het staande gebly.

Die fort is ietwat van ‘n kruis tussen die Kasteel in Kaapstad en ‘n samsung 182miniatuur Chinese Groot Muur. Dit loop vir amper 6 km rondom die ou Suwon-stad, met verskeie wagtorings, uitkykpunte, kanonne en vele ander vorms van fortifikasie, asook pragtige tuine.

samsung 139

 

 

 

Deur die talle skietgate kan jy na buite loer en jou verbeel jy is ‘n ou Koreaanse kryger. Oraloor is ook die pragtige helder kleure van die ou Koreaanse geboue. samsung 177

Op die hoogste punt, het ‘n mens ‘n mooi uitsig op Suwon. Natuurlik klink 6 km nie te lank nie, maar die fortmuur is gebou oor die koppies rondom die ou Suwon, dus het die vele trappies en die humiditeit, gesorg dat ek aan die einde van die stappie gelyk het soos na ‘n pot muurbal!

samsung 209

 

Gelukkig was daar ‘n baie lekker restaurant aan die einde van die tog, waar ek myself kon beloon met ‘n yskoue Koreaanse bier.

samsung 233

Advertisements
12 Kommentaar leave one →
  1. Julie 17, 2007 5:53 nm

    Klink asof jy jou naweke goed benut om jou omgewing te explore. Toe ek die groot muur gaan klim het, het ek vreeslike bewondering vir die bouers van al daardie trappies gekry. En ook vir die een wat die voorraad vir die winkeltjie aan die bopunt gedra het. Ek sou enige iets vir daardie botteltjie water betaal het.

  2. Julie 17, 2007 6:12 nm

    Gerrie – ek bespreek solank my vliegtuigkaartjie vir ‘n kuiertjie, hoop jy het blyplek? Ek raak nou opslag verlief op Korea! Ai…asemrowende forte, uitkykpunte, kanonne, beeldskone blomme, ingevoerde wyn, intelligente geselskap, wat meer wil mens hê? BTW – ek dink ek gaan net wag tot die humiditeit bietjie afgeneem het! 😉

  3. kaalvoetkind permalink
    Julie 18, 2007 1:30 vm

    Jy’t baie moeite gedoen met hierdie inskrywing!! Mooi foto’s soos altyd. Ek’s net bly ek hoef nie toets te skryf oor Koreaanse geskiedenis nie – al die name!! 🙂

  4. Julie 18, 2007 10:10 vm

    Jy is inderdaad ‘n goeie advertensie.

  5. Julie 18, 2007 4:08 nm

    Jou foto’s is pragtig! Dis lekker om daardie deel van die wêreld deur jou oë te verken.

  6. Julie 18, 2007 11:02 nm

    Ek moet se die restaurant heel aan die eindpunt van die tog, is daar gesit deur ‘n Koreaan met baie besigheidsin! Dis die lekkerste bier wat ek in ‘n lang tyd gedrink onder die sambrele op die stoep.

    Ek maak ‘n punt daarvan om die wereld om my te verken, anders raak dit so half puntloos om in die vreemde te werk. En ek was maar nog altyd ‘n man met baie “wanderlust”. My motto vir enige vreemde plek: “Do as the Romans do…” Andersins sonder jy jouself af en word net eensaam (veral as jy nie ‘n Liefling of Skatlam het nie).

    Rene, wie’s hierdie “Gerrie”-vent? Ek dink dis ‘n dubbelganger wat my ballingskap probeer kaap vir eie gewin.

  7. Julie 19, 2007 4:33 vm

    Baie nice foto’s. Ek begin dink dis tyd vir reis.

  8. amanda permalink
    Julie 19, 2007 1:58 nm

    Ek het geweldig waardering en respek vir hoe jy die beste maak van ‘n slegte saak – dit sou so maklik gewees het om verbitterd te wees oor jy in Korea moet werk en doelbewus nie jou omgewing leer ken nie. Maar omdat jy hierdie episode in jou lewe met soveel “guts” aanpak, het ons nou die voorreg om hierdie land deur jou oe kan leer ken!

  9. Julie 19, 2007 3:24 nm

    Goeiste, het ek gesê Gerrie??? Ek verban onmiddelik daai naam uit my verwysingsraamwerk!! Hy sal nooit Boertjie se skoene kan volstaan nie! 😉

  10. Julie 19, 2007 3:40 nm

    Slegte saak? Ek dink nou weer dis ‘n baie gawe saak om in ‘n vreemde land te kan werk en bly. Dis op die ou end baie meer bevredigend (hoewel nie altyd makliker nie) as om net te travel. Baie mense sal wat wou gee vir so ‘n geleentheid. Maar, ek hou ook van jou ‘guts’ 😉

  11. Julie 19, 2007 3:42 nm

    Boer, hoe is Koreaanse bier? Het Korea ‘n groot biermark? Watse bier drink die mense daar?

  12. Julie 19, 2007 9:26 nm

    Ek glo dis als in jou kop. Maak nie saak wat jou omstandighede is nie, jy kan steeds kies hoe jy daarop reageer. Aaaagh…klink ek nou soos een van daai selfhelp-boekies!!! Maar ek glo nie dis soseer ‘n “slegte” saak, as wat dit ‘n “moeilike” saak (soms) hier in die vreemde is nie. Mens moet maar die vreemde probeer omhels en nie te veel worry oor die Marmite en biltong nie!

    Koreaanse bier is lekker. Daar is omtrent so 5 verskillende soorte, waarvan “Hite” en “Cass” die gewildste is. Dis meer Windhoek (my gunsteling) as SAB, so ek geniet dit. Toevallig sit ek juis nou aan een in suig in hierdie geweldige sweterige humiditeit. 8)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: