Skip to content

As woorde weg is

Julie 21, 2007

Soms raak woorde net weg. Iewers verlore in hierdie monsoon misreen wat reeds heeldag daarbuite neerstof. Soek in die groterwordende nat poele somervog wat spieelmaak in die strate. So word jy daaraan herinner dat jy nooit woorde kan besit nie, maar slegs vlugtig kan gebruik…voor die selibale onafhanklik en ongeperk, skelmsuutjies jou weer ontglip. Daarom gryp ek vanaand na ‘n groot gees se woorde. ‘n Getroue vriend, wat uit verganklike woorde, ‘n ewigheid kon skep; Henry Wadsworth Longfellow:

We speak of friends and their fortunes

And of what they did and said

Till the dead alone seem living

And the living alone seem dead

And at last we hardly distiguish

Between the ghosts and the guests

And a mist and shadow of sadness

Steals over our merriest jests

Uit The Meeting

16 Kommentaar leave one →
  1. Julie 22, 2007 5:30 vm

    In the midst of the ringing sound of nothingness, every word is like an unnecessary stain on silence… Ons kan amper die reen vanaand ruik. Ek en liefie klink vanaand ‘n glasie op al ons onbekende vriende in ballingskap.

  2. Julie 22, 2007 3:20 nm

    Dankie, Roer! Hoop dit was ‘n lekker rooietjie! 8)

  3. Julie 22, 2007 5:47 nm

    Dankie Roer, so onwetend het julle daai glasie op my ook geklink, want ek beskou myself ook as in ballingskap hier in Gauteng. Ek het gister so ‘n Feedreadertjie geinstalleer om by te hou met almal se possies, toe sien ek Gerrie het iewers gesê, “Kom vertel my van jou eie Ballingskap”. Ek sal julle nog vertel.

    Gerrie ek het nog maar min Engelse gedigte gelees, op ‘n stadium bietjie van E.A. Poe, soos The Raven en Lenore, maar dit was lank gelede, te veel Afrikaanse gedigte wat ek nog wil lees. Maar ek het darem al van Longfellow gehoor. Hoe? Neil Diamond het mos ‘n liedjie Longfellow Serenade, wat uitgekom het toe ek nog op hoërskool was in Upington. Ek dink ons almal het maar gedink dit gaan oor ‘n mooi langbeenmeisiekind, want Engels het ons nie gebruik nie, nie eens op die dae wat ons kastig verplig was om Engels op die speelgronde te praat nie, miskien, net miskien uit selfverdediging. Dalk moet ek eendag bietjie Longfellow lees, want hierdie enetjie is baie mooi.

  4. Julie 22, 2007 9:19 nm

    is mooi

  5. kaalvoetkind permalink
    Julie 22, 2007 10:23 nm

    Baie mooi gedig! Het die koue gisteraand verdryf met ‘n lekker rooiwyntjie, goeie geselskap en lekker musiek by ‘n braaivleisvuur!!

  6. Julie 23, 2007 8:59 nm

    Ek hou daarvan.

  7. Mary Jane permalink
    Julie 23, 2007 9:43 nm

    Ai, hoe nostalgies laat jy my nou voel!!! Mis ek nou sommer mense wat ek nie ken nie en vriende wat ek nog nie ontmoet het nie. Ou longfellow het talent!

  8. Julie 23, 2007 10:17 nm

    “The poetical works of Longfellow” is een van my hartsboeke wat my oral vergesel. Die man het meer as net talent gehad. Hy was ‘n genie.

  9. Julie 24, 2007 10:54 vm

    Jy skryf mooi

  10. Julie 24, 2007 5:50 nm

    Dis pragtig.

  11. Julie 25, 2007 3:18 nm

    Jislaaikit – dis pragtig!!!😉

  12. Julie 25, 2007 9:18 nm

    dis so mooi ek kry sommer ‘n girlfriend!

  13. Julie 25, 2007 10:05 nm

    Dis baie mooi! Nie gedink mans wardeer ook “diep dinge” nie…

  14. Julie 25, 2007 10:36 nm

    Welkom, Fairydust!

    Jammer dat ek nou die een is om die nuus aan jou te breek, maar ek dink jy het ‘n wanpersepsie oor mans.🙂

  15. Julie 26, 2007 7:18 nm

    Boertjie – ek het ook ‘n wanpersepsie van mans gehad … tot ek begin blog het!! Dis mense soos jy wat die skille help afkrap het! Julle male-b(l)oggers is almal pragtige en unieke juwele! – “behalwe” “vir” “my” “profeet” “vriend” “offcourse”!! Lol!😉

  16. Oktober 22, 2007 5:20 vm

    Geliewe gelowe in gawes te omskep
    Woorde in wording word weereens wesenlik waarheid
    dinamies direk en duidelik deurdag
    ongelooflike onontberende openbaring

    Dit is meer as genoegsame voedsel vir my kortsigtige siel.
    Dankie dat jy dit deel BiB

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: