Skip to content

Kuifie, die rassis!

Julie 29, 2007

Onthou julle die dae toe die “volk” beskerm is teen die “demoniese” werke van Marx en Engels? Die dae toe jy Brink en Breytenbach skelm-skelm moes loer omdat hulle die “volk” se denke sou besoedel? Die dae toe die media-bedryf gebuk gegaan het onder strenge sensuur en die burgers van die land nie volwasse genoeg gereken is om self te oordeel oor lektuur nie?

3436175856Dit wil voorkom asof ons op pad terug is na die verlede. Met ‘n klassieke4036385897 voorbeeld van self-sensuur, het Human & Rousseau besluit om Kuifie se Avonture in die Kongo nie weer in Afrikaans te druk nie.

www.news24.com/News24/Entertainment/Local/0,,2-1225-1242_2155075,00.html

Ook in Brittanje het die powers to be besluit dat dit “ongewens” en selfs “eksplisiet” is.

3041079722Huh?

Huhhh….?

Sulke pretensieuse en ongebrydelde vorms van misvormde politieke korrektheid is vir my kotsenswaardig!

22 Kommentaar leave one →
  1. Julie 29, 2007 11:23 nm

    Ja swaer…

  2. Julie 30, 2007 1:24 vm

    Soos ek het jy dit seker as kind gelees, en dalk die onaangenaamheid skoon misgekyk. Ek het onlangs weer ‘n Kuifie boek deurgeblaai, en het dit nogal besonder beledigend en kwetsend teenoor swart mense gevind.
    Dit is ook so dat die outeur self hom later geskaam het vir die spesifieke boek, en sommige weergawes is deur homself gesensor. As jy dink ‘Tintin in the Congo’ is nie besonder rassisties en kwetsend nie, het jy dalk die gesensorde weergawe gelees.

    Dit is ook totaal onnodig vir ‘n boek wat veronderstel is om kinders te vermaak, om mense te beledig, terwyl met ernstige skrywers kan dit nodig wees, want hulle maak een of ander punt wat mens moet hoor.

  3. Julie 30, 2007 1:53 vm

    Gelukkig het ek die dvd reeks net betyds gekoop!

  4. Julie 30, 2007 4:44 vm

    Ek voel wat ‘n skrywer geskrywe het, het hy geskrywe. Dit staan hom vry om hersiene weergawes te maak soveel as wat hy wil, maar vorige weergawes behoort beskikbaar te wees vir iemand wat dit wil gebruik, vir watter doel ook al.

  5. Julie 30, 2007 9:20 vm

    ek dink tog dis iets om oor bekommerd te wees. joseph conrad se heart of darkness bevat bv net sulke erge, rassistiese verwysings. daarin word swart mense as primitiewe diere uitgebeeld. (vgl bv. chinua achebe se kritiek op conrad.) sulke boeke (ek sluit die bybel graag by so ‘n lysie in) moet baie versigtig en binne konteks van die betrokke kader gelees word waarin dit destyds geskryf is. dat dit deel is van ‘n literêre korpus is gewis. maar soos met enigiets anders in die lewe moet daar met verantwoordelikheid met woorde (en beelde) omgegaan word.

    klein kindertjies dink mos nou juis nie so oor die werklikheid nie. as dit in tintin staan, is dit vir hulle die werklikheid. as daar daarom in tintin swart rasse-stereotipering is, by all means – sny die ding se keel af.

    buig die boompie terwyl hy jonk is, reken ek. niks stop dieselfde jong boompies om tintin in die congo te lees as hulle, sê, 20 is nie.

  6. Julie 30, 2007 6:06 nm

    Kruisig my dan maar as julle moet – ek het nog nooit Tin-Tin (Kuifie) gelees nie! Was nog nooit ‘n groot “comicbook fan” nie! So ek is salig onbewus van waaroor die bohaai gaan!!🙂

  7. Julie 30, 2007 6:15 nm

    Ek dink mense mis die hele punt met ou kuifie wat in die 1930’s geskryf is en die koloniala standpunte van daai era uitlig…
    Gaan ons een van die dae met die bybel begin peuter oor vroueregte ens?
    Vra maar net!

  8. Julie 31, 2007 2:44 vm

    daar is klaar met die bybel in daardie opsig gepeuter. lank lewe simoné de beauvior.

  9. amanda permalink
    Julie 31, 2007 11:51 vm

    en frankly, daar behoort nog meer met die Bybel gepeuter word!

  10. Julie 31, 2007 2:17 nm

    Ek stem saam met Penguin dat daar ten minste ‘n waarskuwing saam met die boek uitgegee moet word.

  11. Julie 31, 2007 2:19 nm

    Ek dog ons praat oor Tin Tin… *rol ogies*
    My swart buurman het die reeks vir my die eerste keer geleen en hy het my oortuig om dit aan te skaf. ‘n Stukkie (vermaaklike) geskiedenis en ja, era ‘appropriate’. Hy’t nie ‘n woord gepraat van rassisme nie. Ek dink Kipling het gepraat van ‘the white man’s burden’. Ek wonder of hy ook nou verban gaan word.

  12. Mary Jane permalink
    Julie 31, 2007 4:15 nm

    Ai jai jai jai, ek’s skoon geskok oor julle almal se politieke korrektheid (die siekte van ons tyd). Wat vir my soooo ironies is, is dat, in ‘n poging om te wys hoe anti-aprtheid hulle is, Human & Rosseau, PRESIES soos die Apartheidsregering geword het. Soos Boer inderdaad sê, die dae van sensuur is sogenaamnd verby, die aprtheidsregering het geglo sy landsburgers is nie intelligent genoeg of het nie genoeg oordeel om hulle EIE besluite te maak nie. Human & Rosseau doen nou PRESIES dieselfde!

    Soos daar in ‘n episode van ‘desperate housewives’ uitgewys word, die feit dat die wolf doodgaan in rooikappie, is geweldadig en wreed teenoor diere. Ons moet eerder wys dat die wolf ‘n doring in sy voet gehad het, en dis die rede hoekom hy so kwaai is……. BOG! genade tog! Gee my net ‘n breek!!!

    As ons so sensuur toepas, dan moet ons Harry Potter verbied, wat, glo my, meer as een christen offend, dan moet ons Rooikappie verbied, omdat dit diereliefhebbers offend, en natuurlik moet ons Sneeuweitjie verbied, want dit wys hoe ‘n lieflike dame vergiftig word en natuurlik Bambi is buite die kwessie!!! Ek sê nie dat Hergé reg was deur swart mense so uit te wys nie, maar genadetjie tog, dan moet ons ALLES wat nie polities korrek is verbied. As jy dan so polities korrek wil wees, wees ten minste net konsekwent!!!

  13. Julie 31, 2007 6:12 nm

    thanks vir die link op jou blogroll ou mater!

  14. Bertus! permalink
    Augustus 1, 2007 8:25 vm

    Vryheid van spraak suggereer dat elkeen die reg het om te se^ wat hulle wil, maar ook dat elkeen die reg het om nie te se^ wat hulle nie wil nie. As Human & Rousseau dus nie ‘n sekere boek wil publiseer nie omdat dit bots met hul waardes, het hulle die volste reg. Dit het niks met sensuur te doen nie (hoogstens selfsensuur). Die regering het immers nie enigiemand verbied of eens gevra om nie die boek te publiseer nie, dit was ‘n vrywillige keuse van Human & Rousseau en ons lewe in ‘n vrye land waar elkeen die volste reg het om daardie keuse te maak.
    Dankie.

  15. Augustus 1, 2007 10:57 vm

    Ek weet nie of ek die gesensorde of ongesensorde weergawe gelees het nie. Al wat ek weet is dat Kuifie net so min my ‘n rassis gemaak het, as wat Joan Jett se “Glorious Results of a Missspent Youth” van my ‘n drop-out tiener gemaak het. Die debat gaan seker oor waarteen mens kinders wil beskerm en ‘n hoe ‘n mate jy reken dat strokiesprente, rolprente, musiek ens. kinders negatief beinvloed. In hierdie verband maak MJ ‘n baie goeie punt. Wees ten minste konsekwent. Is die “Undertaker” van WWE bv. ‘n beter rolmodel as Kuifie? Is Britney Spears ‘n beter rolmodel vir jong, tienermeisies – sekerlik nie…maar as hulle na haar musiek luister gaan dit hulle noodwendig in jong slette verander? As jy kyk na watter mate van geweld kinders vandag op tv, rekenaarspeletjies en in flieks blootsgestel word, is Kuifie se komiese beelde ‘n vulletjie.

    Ek glo nie Kuifie se manewales in die Kongo kan in ‘n 100 jaar meer doen vir die stereotipering van die Afrikaan, as wat die Afrikane self doen om stereotipes te versterk nie. Dis presies dieselfde met Afrikaners. Ek weet dis moeilik om te erken, maar die “bier-boep-biltong-rugby-chauvinisme-rassisme-onverfyndheid-kruheid” beeld van Afrikaners sou nooit bestaan het, as sommiges nie in werklikheid so is nie.

    Bertus, jou punt is op sy kop. Ek vat spesifiek H&R en hulle selfsensuur aan en nie die regering nie. Ek glo egter wel dat H&R baie brownie-punte ontvang het vir hierdie stap…

  16. Augustus 2, 2007 6:01 nm

    Ek het beide gesensorde en ongesensorde weergawes van “Kuifie in die Kongo”, en die verskil is nie so enorm groot nie. Albei reflekteer (myns insiens) ‘n beeld van die Kongo wat in daardie tyd algemeen was in België.

    Ek kan sien hoe dit miskien vandag ‘n probleem kan wees as “Kuifie in die Kongo” ‘n kind se enigste blootstelling aan Afrika en Afrikane is, maar dis niks wat Human & Rousseau byvoorbeeld nie kan aanspreek met ‘n kort getekende inleiding nie. Enige van die dosyne briljante Afrikaanse striptekenaars sal waarskynlik spring vir die kans om ‘n sinvolle inleiding tot “Kuifie in die Kongo” te teken, en so ‘n konteks vir die verhouding tussen België en die Kongo te skep.

    Wat ek wel nie kan verstaan nie is waarom Hergé se uitbeelding van ‘n paar Kongolese as primitief alle Kongolese en alle Afrikane moet beledig. Die Corleone familie in The Godfather beeld nie alle Italianers letterlik uit nie. Die Simpsons beeld nie alle Amerikaners letterlik uit nie. Die Afrikaanse / Suid-Afrikaanse boosdoeners in Lethal Weapon 2 was onoortuigend en verskriklik sleg gespeel, maar nie juis ‘n universele belediging vir ons almal nie.

    Miskien moet mense leer om hulself minder ernstig op te neem, en nie so maklik alles as ‘n persoonlike belediging te ervaar nie. Kinders se ervaring van Afrika en Afrikane word gevorm deur die nuus van die dag: die situasie in Soedan, hongersnood en geweld in Zimbabwe, verhore van massa-moordenaars uit Sierra Leone en Rwanda, kindersoldate in Uganda. Kuifie is nie wat hierdie kinders oor tien of twintig jaar sinies of apaties na Afrika en haar bevolking gaan laat kyk nie. Miskien is “Kuifie in die Kongo” net ‘n gemaklike manier om gewetes te sus en die regte probleme vir nog ‘n paar maande te vergeet.

  17. Augustus 2, 2007 6:16 nm

    Welkom, Anton! En dankie vir die uitstekende stuk sober kommentaar. Dis beter gestel as wat ek dit kon stel.

  18. Augustus 3, 2007 9:19 nm

    Ag vader tog! Die wereld is nou al so pateties dat alles is polities verkeerd. As dit nie Knikkie en Groot Ore is wat ‘n verhouding het nie, dan moet Bessie die Beer verwyder word want dit ondermyn “womens lib”. Selfs “gollywocks” is verbode in Engeland. Het self ook die Kuifie DVD reeks. Sal dit vir my kinders wys en sal niks wyser word. Volgende is seker Beatrix Potter wat van diere mishandeling aangekla gaan word.

  19. Augustus 6, 2007 5:03 nm

    Dis nogal ‘n goeie reklame veldtog, om weer die kollig op die Kuifie reeks te gooi.
    Maar skielik onderstreep dit die feit dat niemand meer die fisiese verskille tussen rasse mag uitbeeld nie, want menseregte word te na gekom. So, een tree vorentoe, drie tree terug.
    Mmm, wonder wanneer die rysetertjies gaan begin moan omdat hulle altyd met skrefies oe en driehoek hoedjies geteken word!

    NS: nice blog!

  20. frankamp permalink
    Februarie 28, 2008 1:50 vm

    Hierdie is die grootste onsin dat ek ooit gehoor het!!!!!!!die negerhut van oom Tom mag dan ook nie meer gelees worre

  21. katjiepiering permalink
    Januarie 7, 2009 5:57 vm

    wat van die golliwog’s cakewalk?

    is dit nie ‘n te fraai klavierstukkie nie, maar helas ook seker verbied

  22. katjiepiering permalink
    Januarie 7, 2009 5:57 vm

    hm johan: simone de beauvoir

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: