Skip to content

Om met trots te onthou…

Augustus 2, 2007

samsung 317

Suid-Afrika was een van 16 lande wat Suid-Korea onder die VN-vaandel te hulp gesnel het tydens die Koreaanse oorlog van 1950-53. Die VSA het die meeste troepe bygedra (ongeveer 500 000), terwyl die ander 15 lande saam sowat 130 000 troepe bygedra het. Suid-Afrika se bydra was hoofsaaklik beperk tot vegvlieeniers en 826 lede van die SA Lugmag was betrokke tydens die driejaar-oorlog.

samsung 291Hierdie mag het te staan gekom teen die Noord-Koreane, Sowjet troepe en Sjinese troepe. Miljoene burgerlikes het tydens die oorlog gesterf en Suid-Korea (waar die oorlog hoofsaaklik afgespeel het) is feitlik heeltemal verwoes. Ongeveer 240 000 Suid-Koreaanse soldate het hulle lewens gegee en onder die VN-lande was die VSA se ongeveer 37 000 gesneuweldes, die hoogste syfer. Die Suid-Afrikaners was uiteraard min en was slegs by die lug-oorlog betrokke, maar 37 het hulle lewe hier in Korea verloor. Hulle het F86 Sabre vegvliegtuie gevlieg en is na die oorlog geprys vir die leidende rol wat hulle, veral in luggevegte (dog fights), gespeel het.

In die groot hawestad van Busan het die Suid-Koreane ‘n pragtige gedenk-begraafplaas geskep om hulle dank te betuig aan die gevalle soldate en die lande wat destyds Suid-Korea bygestaan het. Daarom is die verskillende lande se grafte baie duidelik gemerk en op meer as een plek is die name op gedenkmure aangebring.

samsung 284samsung 303

En hier staan ek, boer in ballingskap, en kyk na die grafte van gestorwe mede Suid-Afrikaners wat so lank terug hulle lewens in hierdie land verloor het. Dit laat mens met ‘n gevoel van trots, maar ook met ‘n gevoel van hartseer oor die tragedie wat oorlog is. samsung 288

Op die groot, swart gedenkmuur is daar honderde duisende name, samsung 294onbekend aan my. En ek dink dat elkeen van hulle eens ook ‘n mens was van vlees en bloed, met hoop, hartseer, pyn, ideale, familie en vriende. Op die ou-end gereduseer tot grys-gekerfde name op ‘n swart granietmuur.

 

samsung 280

Hier tussen die pragtige bome en groen grasperke is hulle name verewig en word hulle wrede deurgang na die hiernamaals oordink. Sodat ons kan trots wees vir hierdie offers. Sodat ons nooit sal vergeet nie watter prys daar betaal is vir die land wat tans my tuiste is.

16 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 2, 2007 10:10 nm

    Snaakse gewydheid wat in so plek is. Dit is stil, maar dit praat met jou. Ek wonder nou net waaroor het die oorlog gegaan en was die oorlog die oplossing vir die probleem wat dit voorafgegaan het. Of is dit maar soos ons eie bosoorlog so asof mense “verniet” gesterf het.

  2. Augustus 2, 2007 11:01 nm

    Ek probeer nog eers my kop om SA se geskiedenis kry, wat wou nog die we^reld sin en meer spesifiek nou Han-guk Jeonjaeng. Dis vir my fantasties dat hulle dit so netjies hou. Vervalle begrafplase maak my altyd hartseer. Ek weet hulle is nie meer daar nie, maar dit gaan oor respek en homage vir hulle lewens. Daar’s hoeka so een in Simonstad… Wat oorlog betref voel ek soos Confucius – war is not about who is right, it’s about who is left.

  3. Augustus 3, 2007 5:08 vm

    Dis nou voorwaar ‘n interessante possie. Die keer toe ek vlugtig in Korea was het die netheid by besienswaardighede my ook opgeval. Sal dit ooit weer so wees by ons?

  4. kaalvoetkind permalink
    Augustus 3, 2007 2:18 nm

    Ek kan my nogal voorstel hoe dit moet voel om daar te staan – al die gedagtes wat deur ‘n mens se kop gaan en die emosies wat jy ervaar…

  5. Augustus 3, 2007 3:42 nm

    Ek het niks gesê van emosies en goed nie. Maar ek en ‘n paar ander commenters het dieselde probleem, nl. iemand anders se naam ens. word outomaties ingevul in jou blaaier. Ek vermoed die probleem is dalk by ons ISP, myne is GamCo, sal graag wil hoor of dit dalk die gemene deler is.

  6. Tigerlily permalink
    Augustus 3, 2007 5:39 nm

    But these are only boys
    and I will never know
    How men can see the wisdom
    in a war..

  7. Augustus 3, 2007 5:52 nm

    Oorlog is die mees sinnelose menslike aktiwiteit – ek sal die nut daarvan nooit verstaan nie.

  8. Augustus 3, 2007 7:21 nm

    Ek stem volkome saam met jou Idiwidi! Om hierdie name te sien maak my diep binne baie sad en laat my altyd dink aan die families, vriende, kinders, eggenote wat agter gebly het!!

  9. Augustus 3, 2007 8:36 nm

    Tigerlily, welkom hier! Chris de Burgh – “Borderline”?

    Oorlog is inderdaad tragies. Hierdie oorlog was egter nie sinloos nie. Die Suid-Koreane moes in hierdie geval hulself verdedig teen die Noorde se inval (met Sowjet-hulp en later Sjinese hulp). As dit nie vir die VN-hulp was nie, sou ons vandag met 2 Noord-Koreas gesit het. Die Suid-Koreane toon ‘n geweldige dankbaarheid teenoor al die lande wat hulle gehelp het om die land te verdedig. As daar artikels in die koerant verskyn oor betrekkinge met van hierdie lande, word dit altyd benadruk dat dit ‘n land was wat Suid-Korea help verdedig het.

    Meeste oorloe is egter “verniet” en sinloos en het niks met vryheid te doen nie, soos die huidige konfliksituasie in Irak duidelik van getuig.

  10. Augustus 3, 2007 9:24 nm

    Oorlog is ‘n besigheid. Die doel van oorlog is om geld te maak uit regerings wat wapens koop, daarom sal daar altyd konflik wees. Vrede is nie winsgewend.

  11. Augustus 4, 2007 1:21 vm

    Snaaks dat diè wat die oorlog veroorsaak, verklaar, so bitter min diè is wat self na die slagveld toe gaan – self gaan baklei.

  12. Augustus 4, 2007 4:40 vm

    Jo-Ann, jy maak ‘n groot fout deur te dink dat mense “verniet” in ons eie bosoorlog gesterf het. Geen nasie wat in ‘n oorlog gewikkel is wil sterfgevalle hê nie, maar dit is die een ding waarop hulle kan reken. Om te sê dat die soldate wat in die bosoorlog gesterf het, verniet gesterf het, maak ‘n bespotting van die offer wat hulle gebring het. Ons moet eerder die prys wat hierdie mense betaal het, eerbiedig en waardeer, in plaas daarvan om dit as goedkoop/verniet af te maak. Hier leer die Koreane vir ons ‘n groot les – een wat ons ter harte kan neem.

  13. Augustus 4, 2007 1:16 nm

    Rustig, dankie vir die kommentaar. Ek glo jou punt is wel geldig in baie gevalle van oorlog, maar so ‘n verklaring is dalk te eenvoudig om oorloe as sulks te verklaar. As daar so baie konflik tussen individue is (selfs net ‘n “goeie” ou vuisgeveg), kan mens nie die afwesigheid van konflik tussen nasies of belangegroepe binne nasies, verwag nie.

    DGS, welkom! Jou opmerking is baie geldig. Namibie is vandag (“touch wood”!) ‘n baie stabiele land (meer nog so as SA!). Ek wil graag glo dat ons rol binne die Koue Oorlog ‘n groot bydrae verleen het tot die vreedsame politieke skikking aldaar.

  14. Augustus 5, 2007 1:35 vm

    Kan ek nog so ‘n eiertjie lê, getrigger deur wat Sonkind gesê het. (Soos Tigerlily miskien, dink ek meestal in liedjies)

    Rod McKuen sing:

    Soldiers who want to be heroes
    number practically zero
    but there are millions, who want to be civillians.

    En Donovan (Leitch) in Universal Soldier, laaste 2 versies:

    But without him,
    How would Hitler have condemned him at Dachau?
    Without him Caesar would have stood alone,
    He’s the one who gives his body
    As a weapon of the war,
    And without him all this killing can’t go on.

    He’s the Universal Soldier and he really is to blame,
    His orders come from far away no more,
    They come from here and there and you and me,
    And brothers can’t you see,
    This is not the way we put the end to war.

  15. Tigerlily permalink
    Augustus 10, 2007 12:58 vm

    DGS
    Jy laat my nou bietjie anders daaroor dink. Oorlog sal daar seker altyd wees, vir watter rede ookal.
    So miskien is ‘n goeie benadering om die mense wat doodgaan in oorloë te eerbiedig, deur nie hulle dood te meet aan die waarde van die spesifieke oorlog nie. Eerder aan die opoffering wat hulle gemaak het om betrokke te wees, of hulle nou wou of nie.
    So het elkeen sy rol om te speel, en mens sien nie altyd die groter prentjie nie.

Trackbacks

  1. Yi Sun-Sin en die Skilpadskip « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: