Skip to content

Voete in die Oos-see

Augustus 5, 2007

samsung 197

Ek het op ‘n snikhete Koreaanse somersdag die geleentheid geneem om ‘n klein hawedorpie naby my, genaamd Gampo, te besoek. In hierdie seisoen van skoolvakansie, is dit ‘n gewilde uitspanplek vir Koreane. Ek het kaalvoet in die soel vlakwater van die Oos-see* gaan wandel en die prentjiemooi omgewing ingedrink.

samsung 260 Daar was oral vakansiegangers op die klip -en bruinsand strand en die atmosfeer was defnitief die van vakansie by die see. Die giftige son was skielik minder skreiend en ek het, voete in die klein brandertjies, ‘n rare oomblik van tevredenheid gevind. Hierdie tevredenheid is verder gevoer in die Koreaanse restaurant, waar ek sekerlik die varste seekos ge-eet het in ‘n baie lang tyd. Die kaviaar was ‘n welkome verassing, die mossels en garnale herkenbaar. Ek het egter nie geweet wat helfte eers is nie en het na die tyd by die baie vriendelike kok/eienaar uitgevind hoe die kos lyk as dit nog lewendig is. Ek is baie bly ek het nie voor die tyd gaan kyk nie.

samsung 273samsung 258

Tevrede het ek ‘n entjie verder die graf gaan besoek van Koning Munmu (661-681) van die Silla Dinastie. Munmu het die vereniging van Korea se drie koninkryke onder Silla-beheer oorsien en word erken as die eerste koning van die verenigde Silla-beheerde Korea.

samsung 266Die “graf” self is slegs ‘n paar rotste in die see en self nie veel om te sien nie. Dit word Daewangum (Rock of Great King) genoem. Hier is Munmu se asse (volgens oorlewering) onder ‘n groot rots begrawe. Munmu het die tradisie verbreek om nie in ‘n groot gras-tombe begrawe te word nie, deur te versoek om veras te word en in die Oos-see ter ruste gele te word om sodoende deur sy blywende geestesteenwoordigheid die ooskus van Korea te beskerm teen enige aanvalle. Vandag is daar twyfel of die koning se oorskot in werklikheid begrawe is en dit word algemeen aanvaar dat sy asse slegs in die see gestrooi is in die omgewing van hierdie rotse.samsung 198

Hoe dit ookal sy, ek skat Koning Munmu het vir hom ‘n baie mooi laaste rusplek uitgekies, hier in die Oos-see, naby Gampo. samsung 276

* Die Koreane verwys daarna as die Oos-see en Japan (en dikwels die wersterse media) noem dit die See van Japan. Hierdie is maar die historiese animositeit wat duisende jare teruggaan en selfs vandag nog is die pragtige (maar onbenullig klein) Dokdo-eiland in die Oos-see ‘n punt van territoriale dispuut tussen Korea en Japan.

18 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 5, 2007 2:51 nm

    Ai, Ai, Ai, Ai,
    Ai, Ai, Ai,
    Ai ek wens ek was nou daar!
    (het Lucas Maree mos geskryf oor sy Ma se uitstrooiplekkie, Victoriabaai)

  2. Augustus 5, 2007 10:14 nm

    Ek sal baie graag daar by Koning Munmu wil rus eendag. Hierdie foto’s laat my erg verlang na somer, son en see. Die Kaap is nat en die Kaap is koud!

  3. Augustus 6, 2007 3:39 vm

    Het jy dalk al ‘n foto geplaas van die tempel wat sy seun vir hom laat bou het (Gomun Temple)? Sal interessant wees om te sien. Kan dit seker maar Google maar jy beskryf alles soveel mooier.

  4. Augustus 6, 2007 3:12 nm

    smaak my jy moet baie meer draf as ek jou blog so dophou en al die wonderlike disse sien wat jy so lekker eet daar in die vreemde….ek is skielik ook nou honger!

  5. kaalvoetkind permalink
    Augustus 6, 2007 8:40 nm

    ‘n Wandeling langs die see, ‘n lekker ete by ‘n restaurant – wat meer kan mens voor vra?! Mooi foto’s, interessante stukkie oor die rusplek van Koning Munmu!!

  6. Augustus 6, 2007 9:20 nm

    Boertjie, jy het jou beroep gemis!!

  7. Augustus 6, 2007 10:37 nm

    Roer, lyk my jy volg die Koreaanse geskiedenis of kyk jy net net of my feite reg is?😉
    Ek het noe kans gehad om die tempel te besoek nie, maar sal nog ‘n draai maak.

    Wimpie dis sulke gesonde kos, draf is oorbodig. Rou seekos is so gesond soos jy kan eet. Om die waarheid te se, een van die goedjies op die groot bord, was nog effe lewendig…

    Rene, wat was my beroep? Om ‘n “serial” seekos-vreter te word?

  8. Augustus 7, 2007 7:54 vm

    Ag, dit lyk altyd of jy dit so geniet daar, en die foto’s is so mooi.. ag, nooi my vir ‘n ou kuiertjie..toe

  9. Sproetjies permalink
    Augustus 7, 2007 4:12 nm

    Jou blog is pragtig.

  10. Augustus 7, 2007 10:34 nm

    Melanie, enigiemand wat die vliegtuig-kaartjie kan bekostig, is meer as welkom!🙂

    Dankie, Sproetjies en “welkom” in dieselfde asem!

  11. Augustus 7, 2007 11:32 nm

    Dis koud in die Vrystaat! Maar jou beskrywing en foto’s laat my sommer warm voel van binne.

  12. Augustus 8, 2007 1:45 vm

    Ek hou van Munmu se idee van ‘n graf.

    Nice inskrywing!

Trackbacks

  1. Romantiese rendezvous « Boer in Ballingskap
  2. Koning Shinmun van Silla « Boer in Ballingskap
  3. Die grotte van Golgulsa « Boer in Ballingskap
  4. SKAKELS» » Die grotte van Golgulsa
  5. Hierdie land wat ek liefhet « Boer in Ballingskap
  6. Vir oulaas dus: Die pagodas van Gameunsa « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: