Skip to content

Wispelturige somerweer

Augustus 12, 2007

samsung 197 Een ding wat jy leer tydens die Koreaanse somer, is om nerens te gaan sonder ‘n sambreel nie. Een oomblik kan die lug nog wolkloos blou wees, maar net ‘n uur of wat later is daar ‘n rendezvous van groot, donker wolke, gevolg deur ‘n onheilspellende dreun en grom. En dit “begin” nie reen nie – nee – die wolke bars oop en liters water plof in reuse druppels na onder, als op een slag. Selfs ‘n sambreel is skrale verweer (by wyse van spreke…).

samsung 202

Op hierdie spesifieke dag het ek die plaat somerblomme bewonder naby Gyeongju downtown. Die drukkende hitte was soos sweterige arms om my. Die lug deinserig en vrot van die vog. Die bedompigheid ‘n onsigbare, omsingelende oormag. My klere klewend, soos glad wrap aan my lyf.

samsung 246

Skaars ‘n uur later was dit skemerdonker en tydens my besoek aan ‘n historiesesamsung 243 tempel het die hemel oopgeskeur. Die klomp toeriste wat daar was, het nat en verskrik saamgedrom en met die bietjie skuiling wat ek kon kry, het ook ek die reen uitgewag. Die donderstorm was bondig en intensief; na ‘n halfuur verby. Ek kon verder stap, klere klewend aan my lyf, maar hierdie keer nie van sweet nie.

8 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 13, 2007 9:40 vm

    Jy beskryf dit baie goed – presies net soos dit hier ook gebeur.

  2. Augustus 13, 2007 3:25 nm

    Mmmm… baie mooi beskryf!! Ek dink nie ek sou eers hol vir skuiling nie – want as dit so warm is en skielik stortreën dit, is die water sekerlik ‘n welkome lafenis op ‘n somer-moeg en sweterige lyf!! xx

  3. Augustus 13, 2007 5:24 nm

    Na dese is ons Kapenaars bietjie ‘op’ vir reën (hierdie is die ergste winter wat ek nog in die Kaap beleef het), maar die feit dat dit reën by julle terwyl dit so warm is, is seker (soos Rene sê) ‘n lafenis. Ek mis Gauteng se donderstorms… Daai blomme kombers is pragtig!

  4. kaalvoetkind permalink
    Augustus 13, 2007 10:16 nm

    Ons Gautengers kan nie wag vir daai eerste reëns nie!! Maar as ek so na daai blommetjies op die foto kyk, dan kry ek lus om tussen hulle te gaan sit en hulle te skilder!

  5. Augustus 13, 2007 10:20 nm

    nice!

  6. Augustus 14, 2007 5:38 nm

    Jy beskryf ‘n ding so mooi dat ek self voel of ek daar was! Ons sien nogal uit na so n lafenissie uit die hemel. Alles is vrek gebrand hier in Pretoria

  7. Augustus 14, 2007 10:51 nm

    Dit lyk so lekker om tussen al daai blommetjies te gaan lê en net na die lug en die wolke te staar en jou te verbeel jy is weer 7jaar oud!

  8. Augustus 14, 2007 11:07 nm

    Ek stem saam met jou Jaco. Ek sien ook uit na die somerreën.

    Baie mooi geskryf BiB.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: