Skip to content

‘n Besoek uit ‘n ander hoek

Augustus 19, 2007

So het ek dus die voorreg gehad om Busan weer te besoek en hierdie keer bepaald uit ‘n ander hoek (nie aan te beveel vir mense met hoogtevrees nie…).

samsung 293 samsung 309samsung 187

Die Busan Toring is op ‘n koppie in Yongdusan Park gebou, waar Korea se gevierde Admiraal Yi Sun-Sin ( 1545-98 ) trots wagstaan. Al is die toring nie skrikwekkend hoog nie (die bekende Seoul Toring is dubbeld so hoog), maak die 120m wat dit hoog is, dat jy ‘n indrukwekkende 360 grade uitsig op die groot hawestad het. samsung 306

Soos so baie dae hier, was dit deinserig en die uitsig nie so helder as wat mens dit sou wou he nie. Jy kan die grootste deel van die stad sien, maar daar is ook dele wat nie sigbaar is vanaf die toring nie. As jy lank genoeg tuur, sien jy tientalle skepe op die see, waar hulle le en wag om die hawe binne te kom.

In die verte kan die konstruksie van ‘n brug oor die see gesien word.

samsung 301samsung 304

Busan lotte‘n Bietjie nader aan die toring, dui ‘n groot gat aan waar konstruksie reeds begin het aan die Busan Lotte Toring (kunstenaarsvoorstelling links). As hierdie wolkekrabber teen 2013 voltooi is, sal sy beplande 107 vloere en 512m dit die 3de hoogste gebou in die wereld maak, na die Burj Dubai in Dubai (voltooing 2009) en die International Business Centre in Seoul (voltooing 2010). Die konstruksie-maatskappy verantwoordelik vir die oprig van Burj Dubai is, ironies genoeg, Samsung Engineering & Construction .

samsung 307

16 Kommentaar leave one →
  1. kaalvoetkind permalink
    Augustus 19, 2007 6:59 nm

    Sjoe, mens kan jou verwonder hoe die mensdom net al hoe hoër en hoër geboue bou! Waar gaan dit eindig? Lyk na ‘n asemrowende uitsig vanuit die Busan Toring!

  2. Augustus 20, 2007 2:26 nm

    Dit is absoluut beautiful!

  3. Augustus 20, 2007 2:26 nm

    hlo bib
    ek is bietjie besig om te beplan aan so ‘n 5 dag wegbrekie, hoe is die lewenskostes en hotelpryse daar by jou, hoeveel moet ek budget om so vyfdaggies daar te kom kuier, kos en hotelle ens. in ag geneem?

  4. Augustus 20, 2007 3:21 nm

    dit moet asemrowend wees om daar bo te staan.

    ek sou na alle waarskynlikheid nooit in my lewe die feite geweet het wat jy nou opgedis het nie, maar nou weet ek dit wel. dankie🙂

  5. Augustus 20, 2007 3:34 nm

    Baie mooi. Ek hou van hoë plekke.

  6. Augustus 20, 2007 9:54 nm

    Stunning.

  7. Augustus 20, 2007 10:32 nm

    Ek sê weer, jy het jou beroep gemis…! Stunning foto’s so by the way!!!🙂

  8. Augustus 20, 2007 10:39 nm

    Wimpie, my eerlike mening is dat Korea redelik duur gaan wees vir ‘n 5-dae wegbrekie. Maar aan die anderkant het ek geen idee wat omroepers deesdae verdien nie…

  9. Augustus 21, 2007 2:24 vm

    Ek dink nie mense is bedoel om in sulke hoë geboue te lewe nie.

  10. Augustus 21, 2007 5:17 vm

    Soos altyd, interresant en uitstekende foto’s. Jy is ‘n baie goeie ambassadeur vir die land!

    Groetjies,🙂

  11. Augustus 21, 2007 2:45 nm

    BIB ons maak geld soos dasakkies, jy weet mos ; )

  12. Augustus 21, 2007 4:01 nm

    Jy maak ons almal lus vir reis.

  13. Augustus 22, 2007 5:48 nm

    Ek raak sommer duiselig en dis net ‘n foto. Ek het hoogtevrees.

  14. Augustus 24, 2007 4:22 vm

    512m. Goeie genade. Mens kan 7 gebede opstuur nadat jy gespring het…

  15. Augustus 25, 2007 7:26 nm

    Ek lees hierdie week in die koerant dat hulle beplan om teen 2011 ‘n 680m, 150 verdieping wolkekrabber in Seoul te begin bou. Dit sal na voltooing die Burj Dubai vervang as die wereld se hoogste gebou.

Trackbacks

  1. Oor Swane en Ontsnapskuilings « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: