Skip to content

Waar konings gekuier het…

Augustus 25, 2007

Poseokjeong is gevul met ‘n atmosfeer van rustigheid en verre dae se glorie eggo deur die pragtige dennewoud aan die voet van Namsan*.

samsung 111017

Poseokjeong was ‘n paleis wat deur die konings van die Silla Dinastie (57vC – 935nC) uitsluitlik gebruik is vir ontspanning, vermaak en epikuriese feesmale. Al wat vandag oorbly van hierdie paleis, is die perlemoen-vormige steenvoor. Hierdie steenvoor was deel van ‘n samsung 111018waterkanaal, waarop koppies met wyn en ander drank gedryf het. As jou wynkoppie verbykom, het jy hom geneem. Rondom hierdie steenvoor was fonteine en pragtige tuine. Volgens oorlewering het die konings en ander adelikes rondom hierdie voor sit en kuier, wyl hulle gedigte voorgedra het.

Poseokjong het ook ‘n tragiese geskiedenis en was ironies genoeg die plek waar die val van die Silla Dinastie ingelui is. Soos met meeste groot koninkryke gebeur, het die adelikes al hoe meer hedonisties geleef, vervreemd van die gewone Koreane se daaglikse sukkelbestaan. Die Silla Dinastie was op hierdie stadium verder verskeur deur binnegevegte en politieke verdeeldheid. Die grondgebied onder direkte Silla-beheer, het geleidelik gekrimp met die sesessie van verskeie afvallige politieke samsung 181entiteite.

Een van hierdie entiteite was Hubaekje, wat gepoog het om die verowerde Baekje-koninkryk te hervestig (Silla het Korea in 668nC verenig deur die ander twee Koreaanse koninkryke, Baekje en Goguryeo, te verslaan).

 

In 927nC het die Hubaekje-magte Gyeongju (die setel van Silla -beheer) binnegeval. Die leier van hierdie magte, Generaal Gyeonwon, het die Sillasamsung 183Koning, Gyeongae, aangetref waar hy sit en kuier het by Poseokjong. Sommige bronne dui aan dat Genl. Gyeonwon vir Koning Gyeongae op die plek vermoor het, maar ander bronne het dit dat Gyeongae selfmoord gepleeg het toe hy vir Gyeonwon sien. Die waarheid bly versluier…

*Namsan beteken letterlik “Suidberg” – “nam” = suid en “san” = berg.

Advertisements
10 Kommentaar leave one →
  1. Augustus 26, 2007 9:50 nm

    Boertjie, gaan ons eksamen skryf mettertyd oor alles wat ons hier leer. Ek wil net weet of ek vanaand kerk kan skiep en eerder ‘leer’. 😉 Die boonste foto van die woud kan maklik gebruik word vir ‘n schene in ‘n fliek soos The Chronicles of Narnia. Dis pragtig!

  2. Augustus 26, 2007 11:10 nm

    Wat maak dat die grond so wit lyk?

  3. Augustus 27, 2007 4:11 vm

    og, daai eerste foto is prentjiemooi!

  4. kaalvoetkind permalink
    Augustus 27, 2007 7:41 nm

    Nice!! Eerste foto is stunning!! Dit lyk so lekker koel tussen die bome, was dit?

  5. Augustus 27, 2007 8:41 nm

    stunning!

  6. Augustus 27, 2007 10:59 nm

    Roer, ek kan werk aan ‘n Koreaanse geskiedenis 101 vraestel, as jy bereid is om hard te leer! 😉
    Idiwidi, dis soos baie van die grond hier lyk. Ek is nie goed in geologie nie, maar ek vermoed hier is maar baie kalk in die grond.
    Kaalvoetkind….koel onder die bome…hahahahha 🙂 Me laugh! Nie in die somer nie…nie in Korea nie!

  7. attie permalink
    Augustus 28, 2007 12:31 vm

    Hi Boer
    Lekker om hier by jou te kom kuier. Lekker om sommer net so te lees oor Korea want dit is ‘n land waarvan ons eintlik nie veel weet nie. Ek is altyd veraars hoe die natuur baie keer die eerste ding is wat my persepsie oor ‘n land aanpas en vorm.

  8. Augustus 28, 2007 9:37 nm

    Jissie, ek weet nie hoe jy dit doen nie – maar jy neem die mooiste mooiste foto’s!!! Interessante stukkie geskiedenis ook…!

  9. Augustus 28, 2007 11:39 nm

    Welkom hier in my wereld, Attie. Kuier gerus weer!

    Thanks, Rene!

  10. Augustus 29, 2007 5:01 nm

    Dis werklik stunningly mooi… ook die stukkies geskiedenis!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: