Skip to content

‘n Kykie in die kristalbal

September 1, 2007

Ek geniet dit om voorspellings te doen en so my eie kennis en voorgevoelens te toets. Hierdie keer wil ek dit openbaar maak, sodat mense vir my kan vertel hoe slim ek is of, alternatiewelik, vir my kan lag as ek verkeerd is. Die onderwerp van my voorspelling is “voorspelbaar” genoeg die Rugby Wereldbeker wat volgende naweek afskop. Hier dus wat ek in my kristalbal sien:

GROEP A Ek glo die Springbokke sal bo eindig in die groep. Hulle het net eenvoudig te veel skietgoed vir die bleekbene, wat tans nie in goeie vorm is nie. Engeland behoort tweede te eindig, maar Samoa kan dalk verras met hulle aggressiewe spel. Tonga en die VSA sal ‘n harde wedstryd he om die houtlepel te vermy, maar ek glo die Yanks sal die knoop deurhaak.

GROEP B As Austalie nie eerste in hierdie groep eindig nie, gooi ek my kristalbal weg en waag nooit weer ‘n voorspelling nie. Die wedstryd teen Wallis sal goeie rugby oplewer, maar ek kan nie sien dat die Walliesers die Wallabies gaan ore aansit nie. Wallis behoort egter tweede te eindig na moeilike wedstryde teen Fiji en Kanada. Verwag van die knaende Kanadese om met hand-en-tand te veg in elke wedstryd. Op hierdie stadium lyk dit of Japan wenloos na Tokio gaan terugkeer. Hulle wedstryd teen die Wallabies gaan ‘n slagting wees.

GROEP C Die All Blacks sal loshande eerste eindig en die res van die groep laat wens hulle het nooit Wereldbeker toe gekom nie. Die wedstryd teen Portugal gaan kuikenmoord wees en die arme Portugese gaan al die pad, teen almal slae kry. Verwag moedige vertonings deur die Skotte, maar op huidige vorme dink ek Italie gaan Skotland klop om tweede in die groep te eindig. Dit alleen sal vir die spaghetti-eters Wereldbekersukses beteken. Roemenie sal die houtlepel vermy deur Portugal te klop in ‘n slordige wedstryd.

GROEP D Hierdie is die spreekwoordelike pool of death. Arme Argentyne, want hulle beland ook altyd in so ‘n groep! Frankryk sal eerste eindig, na moeilike wedstryde teen Ierland en Argintinie. Die wedstryd tussen laasgenoemde twee spanne gaan naelbyt wees en is ‘n moet-kyk. Hierdie keer kan die Argentyne dalk net die oorhand he en vir die eerste keer ooit verby die groep-wedstryde vorder. Arme Georgie en Namibie…Ek is baie lief vir Nam, maar hulle gaan heel moontlik wenloos en vernederd terug Windhoek toe.

KWARTEINDRONDTE

Die Springbokke sal Wallis oortuigend klop om deur te dring na die halfeind.

Die wedstryd tussen Australie en Engeland kan vuurwerke verskaf, met die Wallabies wat op die ou-end maklik behoort te wen.

Nieu-Seeland teen Argintinie….no contest.

Die wedstryd tussen Frankryk en Italie kan dalk baie harder wees, as wat mense sal verwag. Ek kan egter nie sien dat Frankryk sal verloor nie.

HALFEINDSTRYD

Australie teen Nieu-Seeland gaan ‘n riller wees. Die All Blacks sal egter net-net wen.

Springbokke teen Frankryk. Nog ‘n riller. Hoewel ek hart en siel hoop die Bokke wen, het ek ‘n voorgevoel oor die Hane. Dus is my hart op die Bokke, maar my geld op Franrkryk.

EINDSTRYD

Watter Franse span gaan vir hierdie een opdaag? En gaan dit ‘n herhaling wees van die 1999 halfeindstryd of van die 1987 eindstryd? Ek glo Frankryk gaan verras en vir die eerste keer die Web-Elllis trofee omhoog hou.

Advertisements
22 Kommentaar leave one →
  1. September 2, 2007 3:04 vm

    Ek hoop die Springbokke wen finals 23-17 teen who ever…!

  2. September 2, 2007 4:34 vm

    My belangstelling in rugby is maar laag in die laaste tyd, miskien sal ek met die wêreldbeker bietjie probeer kyk. Maar ek save jou voorpelling intussen op my rekenaar!

  3. September 2, 2007 5:20 nm

    ek dink jy het dit meestal reg, maar ek sou nie vir Engeland weggooi nie.

  4. Roer permalink
    September 2, 2007 11:31 nm

    Die Springbokke gaan wen! Net jammer oor ou Spies…

  5. Jaco permalink
    September 3, 2007 1:03 vm

    In my verstand stem ek saam met jou tot en met die eindstryd. Daar dink ek NZ sal wegstap met die louere.

    In my hart hoop ek dat Frankryk nie opdaag vir die halfeind nie, en dat die bokkies dan in die eindstryd die gebruiklike moersleutel in NZ se andersins goed ge-oliede masjien werp

  6. September 3, 2007 6:12 vm

    Ek wil nie graag hardop se wat ek dink nie, daarom tik ek dit hier…ek dink SA gaan tweede kom hierdie keer….maar my hart se dat ons gaan wen….hoop so! Die All Blacks gaan ons dalk so bietjie seermaak!—maar ek moet ook se dat ek glad nie ‘n rugby-kenner is nie, ek maak of ek iets weet! haha…

  7. September 3, 2007 6:41 vm

    Ai, hier kom die rugby fever alweer!! Ek kom nie uit so sportondersteunende familie as die meeste Suid Afrikaners nie… En (moenie vir my kêrel sê nie) ek hou niks van Rugby kyk of ondersteun nie, maar ek love dit om te wen, so as ons in die semi-finals kom koop ek vir my ‘n springbokpoppie en skree luidkeels allie pad pale toe!!

  8. September 3, 2007 7:52 vm

    Ek het ‘n fantastiese SA trots-vibe hier in Londen gekry! Die kinders het nog sparkles in hul ogies en die SA vlag is soos ‘n baken wat jy soek om jou die rigting huistoe te wys! Ek sal maar vir die Bokkies duimvashou … maar ek weet ook dat mens so klein bietjie meer realisties moet wees en besef dat dinge in die Springbokspan nie so gesond is soos dit moet wees nie – maar ek praat nie graag politiek nie! Ek wil-wil saam met jou staan agter Frankryk Boertjie, maar ons sal maar sien! Die beste span SAL op die ou end wen! 🙂

  9. attie permalink
    September 3, 2007 2:23 nm

    Hierdie wêreldbeker is amptelik my swanesang rakende my belangstelling in Rugby. Die politieke inmenging die laaste paar maande in rugby (en krieket) het my laat besluit om my kykerstoel op te hang. Ek gaan nou al hoe meer “blogging” as my sport opneem. Juis daarom hoop ek die Springbokke wen die trofee. Dankie Boerinballingskap dat jy die dinwerk hier gedoen het, nou hoef ek nie, want ek is maar ‘n redelike lui ondersteuner. Ek kyk sport vir die ontspanning en is dankbaar vir elkeen wat die sport so ken soos jy dan kan ek maar op jou navorsing steun en dit selfs gebruik. Ek gaan kyk, maar my hart en my geld is op die Springbokke.

  10. VanDonk permalink
    September 4, 2007 12:56 vm

    Nou Ja Boer – ek het die afgelope 3 weke na paar Europese wedstryde gekyk. Ek stem met jou saam oor die uitspeelrondtes. En ek stem saam oor Frankryk. Van al die spanne dink ek is hulle die sterkste buiteperd. Maar hulle temperament! – daai Franse temperament! aii.. dit het hulle al gesink en kan weer. Persoonlik dink ek die Springbokke kan die finaal haal, afhangende van beserings. Maar waarskynlik gaan een van 3 aspekte, behalwe beserings, dalk die finaal vir die Suielike halfrond spanne moeilik maak: 1) Skeidsregters – die Noordelike halfrond skeidsregeters blaas ongelukkig sekere reels, en spesifiek die reel oor afskerming van aanvallende spelers vanaf die verdedigers baie anders as in die suidelike halfrond. Die Europeers kom (terloops, nes die Sharks Saterdag teen die Leeus) met moord weg. En dan is daar nog die reels wat die voorrye beheer, die bal op die grond speel in losskrums, wat heelwat anders geblaas word 2) Die Europese spanne speel ‘n “pop-pass” spel. Net die All Blacks in die Suidelike halfrond speel hierdie soort spel, en in die super 14 het hulle spanne menige wedstryde in die laaste 10-15 minute gewen met 1 of selfs 2 driee wat gedruk word wanneer die wedstryd tempo massief op die manier verhoog word. Springbokke is steeds by 1990’s se spel van hardloop in die eerste ou wat jy sien vas en gaan grond toe met die bal. 3) die Europese spanne wissel die aanval tussen al 3 kanale uitstekend af, en veral die Franse en Iere doen dit uitstekend! Springbokke speel tot die dood toe op die eerste kanaal.

    En dan moet ek iets se oor ander buite perde 🙂 Italie – goeie tegniese span, Ierland is waarskynlik die mees kreatiewe van die Europese spanne binne gestruktureerde opset en met ‘n besonderse loskakel. En, die Springboke met spesifiek Habana wat nie miskien die beste spelbreker in wereld rugby is nie, hy is die beste en kan wedstryde op sy eie wen. Dus my voorspellingtjie vir die finaal: Springbokke teen All Blacks, indien die Springbokke bg 3 probleme onder die knie kan kry, andersins Frankryk/wallabies teen All Blacks. Nou ja … ek hoop ek is reg oor die Bokke!

  11. September 4, 2007 2:55 nm

    ek kry nie gecomment op jou blog nie, gaan maak ‘n draai by my blog het vir jou ‘n post gedoen daar!

  12. Eben permalink
    September 4, 2007 2:57 nm

    BiB …. lekker om hier te kom kuier en nog rugby te praat ook ….

    Ek is geneig om saam te stem, maar die velde is swaar in die Noordelike halfrond. As ons verloor teen die bleek bene, is daar probleme om die draai met australia wat wag. Dan is daar ook die beserings faktor waarmee ons in die duister is.

    Laat my dink aan Bobbie in die vorige toernooi en nou weer John Smit. Hoe onfiks/fiks is die man, hier praat ons van wedstryd fiks asook die besering van Jean?

    Vriendelike groete

    Eben

  13. attie permalink
    September 4, 2007 9:30 nm

    Sorry, julle ouens is heeltemal te tegnies oor rugby. Ek dog dis ‘n toeskouer sport. Julle is nie rugby toeskouers nie, julle is rugby wetenskaplikes. Baie geleer. Baie geleer. Wie’ s die All Blacks nou weer? Kan nie onthou dat hulle ‘n span in die Super 14 gehad het nie.

  14. September 5, 2007 6:59 vm

    imagine japan wen…

  15. September 5, 2007 5:13 nm

    Attie

    Jou swanesang was nogal vinnig oor.

    Kan jy nog onthou dat daar 11 dames aan ‘n kant is en dat die bal deur die pale gooi moet word om ‘n drie te verdoel…. en dat dit nie daai ronde rooi bal is wat hulle van hul paaltjies af moet weghou …. anders word hulle sinbin toe gestuur om nooit weer terug te kom nie.

    Kan jy nog onthou dat ons kaptein Joanie Smith Is…?

  16. attie permalink
    September 5, 2007 5:47 nm

    Johannes_11
    Ek sing nog my swanesang. Hy sal eers oor wees as die wêreldbeker verby is. “Sinbin”- die ouens praat dan nou Bybeltaal? Sê nou mens moes vra: Gaan jy hemel toe of “sinbin” toe? Arme Victor Matfield en Os du Randt en BAKKIES BOTHA. Hule sal net sê: “Been there done that!”

  17. September 5, 2007 6:39 nm

    waar is die Matfield impersonator heen? ek sien Vic se ‘posting tye’ ens is in ‘n ander timezone gedoen ens…nie uit SA of Europe nie…

  18. September 6, 2007 2:36 vm

    SWANESANG! FOKOFPOLISIEKAR! WHOOHOO!!!

    [luister verward na swye van die krieke]
    [skuifel sku sydelings]
    [exeunt]

  19. September 7, 2007 11:19 nm

    Attie, ek dink baie rugby-ondersteuners voel soos jy itv die swanesang.
    VanDonk, dankie vir jou deurdagte kommentaar en ontleding – dit voeg waarde toe.
    Wimps, dankie vir die positiewe kommentaar en blootstelling op jou blog! Jy sal dit nie glo nie, maar ek kry dit ook nie tans reg om op jou blog kommentaar te lewer nie.
    Eben, dankie vir die besoek en kommentaar.
    Johan, ek dink daar is ‘n groter kans dat Mugabe oornag in ‘n demokraat verander…
    Johannes_11, wat drink of rook jy?

  20. September 10, 2007 3:49 vm

    Holy Spirit(s)…. hoekom?

    (Eph 5:18) Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.

Trackbacks

  1. Die kristalbal is soms ‘n dowwe spieel « Boer in Ballingskap
  2. 22 April 2009: ‘n Voorspelbare Formaliteit « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: