Skip to content

‘n Dag by die meer

September 9, 2007

Bomun, net buite Gyeongju, is die plek waar plaaslike Koreane naweke gaan speel. Dis ‘n groot mensgemaakte meer omring met hotelle, restaurante, winkels en pragtige wandelpaaie reg rondom die meer.

S7301495S7301498

S7301491Hier kan jy enige vervoermiddel huur en ure op die verskeidenheid paadjies rondry. Daar is dus baie fietse, viertrek-motorfietse en allerhande ander soorte self-aangedrewe karretjies. Op die meer self, kan jy in swaanvormige pedaalbootjies rondvaar, of in ‘n motorboot spring en selfs ski. Bomun is veral gewild onder mense met kinders en die area wemel van die kleingoed. Die grootste trekpleister vir hulle, is Gyeongju WorldS7301541 ‘n vermaaklikheidspark met allerhande maag-omkerende wiele, masjiene en rollercoasters om hulle mee te vermaak, asook ysskaats, rolskaats en vele meer. Vir volwassenes is daar kegelbal en natuurlik gholfbane (gholf is baie gewild in Korea, nes in Japan).

Ek het die buitelug-teater baie geniet. Naweke is daar altyd opvoerings van musiek, danse en dramas. Ek het na uitvoerings van musiek en danse gekyk – die sangeresse in hanbok uitrustings, begelei deur ‘n tradisionele Koreaanse snaar-instrument orkes. Alles teen agtergrond-dekor wat Koning Munmu se watergraf uitbeeld.

S7301476S7301489

Die talle stalletjies met eetgoed sal daar altyd wees. Die interessantste was bondegi (gebraaide sywurm-larwes), hoewel daar ook vleis was wat kommerwekkend baie na haai/dolfyn of iets dergliks gelyk het.

S7301514S7301521

S7301508Die moderne glasgebou met die pagoda-vormige gat in die middel, dui die Gyeongju World Cultural Expo aan. Dis ‘n groot area wat daaraan gewy is om verskillende wereld-kulture uit te beeld. Ek het nie ingegaan nie, want dit was baie besig, maar dit is op my lysie.

Die hele Bomun-area het ‘n dinamiese atmosfeer en daar S7301474is nog baie meer om te sien, soos die tema-park, Shilla Millenium Park (ek blog later daaroor), die grootste werkende waterwiel in Korea, asook die hoe S7301535spuitfontein in die middel van die meer. Ek het my verkyk aan die wemelende mense wat die meeste gemaak het van ‘n sonnige vroee herfsdag en ek het die daarwees geniet.

Advertisements
15 Kommentaar leave one →
  1. September 10, 2007 2:18 vm

    Dit lyk asof die Koreane ontspanningsfasiliteite nogal as belangrik beskou en goeie fasiliteite verskaf aan die publiek. Is daar ‘n toegangsfooi as mens bv. die wandelpaadjies wil gebruik? Die Walter Sisulu botaniese tuin se toegangsfooi per volwassene is R18.

  2. September 10, 2007 3:13 vm

    Hoe kan iemand dolfyn eet?

  3. kaalvoetkind permalink
    September 10, 2007 3:20 vm

    Dit klink na my idee van ‘n uitstappie. Ek sal dalk net my eie eetgoedjies saamvat! 😉

  4. September 10, 2007 8:31 vm

    Dis nou die tipe plek waar ek ‘n dag sal kan deurbring. Ek sal dalk ook oorweeg om eerder my eie piekniekmandjie te pak. xx

  5. September 10, 2007 2:12 nm

    Wat ‘n beautiful plek!! Soos gewoonlik dink ek sal ek eerder die kossies probeer vermy, ding nie ek is al gereed om dolfyn steaks te braai nie… 😉

  6. September 10, 2007 4:58 nm

    Ek het al haai vleis geeet, maar bygese^ ek is vertel dis iets anders… Dit was nogal lekker, maar hou verby dolfyn. Soos gewoonlik pragtige foto’s. Dankie.

  7. September 10, 2007 6:49 nm

    You are posting comments too quickly. Slow down.

    wat beteken dit?

  8. September 10, 2007 6:52 nm

    okay ons probeer weer, die comment hier bo is wat ek 9/10 keer kry as ek op ‘n wordpress site probeer comment…. anyway die Franse het bietjie jou kristalbal deurmekaar gekrap…hehehe
    jy kan nooit op die wetters staatmaak nie, te emosioneel…
    weet ook nie of ek reg is om ‘n dolfyn te eet nie!

  9. September 10, 2007 10:55 nm

    Daar is geen toegangsfooie nie. En ja, vir die Koreane is openbare ontspanningsplekke baie belangrik, want hulle woonplekke is sulke hokkies, dat al hulle vermaak is buite hulle woonplekke. No home entertainment here!

    Wimps, ek het geen idee hoekom WordPress jou daai boodskap gee nie! Jy tik seker maar te vinnig? 😉
    Ek hou by my voorspelling. Die Franse gaan terugbons!

  10. September 11, 2007 7:40 vm

    hi…ek het ‘n boodskap vir jou gelos op my site..waar joune is…kom speel skaak man, ek is nie professioneel nie…dit mag dalk so lyk…lees die booskap op myne! Groete!

  11. platterfuss permalink
    September 11, 2007 6:03 nm

    Beauuuuuuuuutiful!!!!

    En dan wonder mense hoekom ek nog so baie wil reis? Ongelooflik!

    ‘sug’ … one day soon!!!

  12. September 13, 2007 5:03 vm

    Hey…gaan jy nie kom skaak nie! 🙂

  13. marat permalink
    September 13, 2007 2:22 nm

    Thanx vir jou foto’s en beskrywings, dit verbreed my horisonne . . . 😀

  14. September 15, 2007 1:11 vm

    Hoeveel dae is jy nou al by daai meer?! 🙂

Trackbacks

  1. Koning Shinmun van Silla « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: