Skip to content

Die kids maak toebies

September 25, 2007

Ons het ‘n paar weke terug ‘n sandwich party by die skool gehad. Die kids moes elkeen ‘n bestandeel bring en daar is toebroodjies met oorgawe gemaak. Die eindresultate was soms smaaklik…

S7301413S7301432

maar soms minder suksesvol…

S7301444S7301364

Hulle het dit baie geniet en ek het weer eens verstom gestaan om die openlike, kommerlose entoesiasme te sien waarmee die kids iets so eenvoudig soos toebroodjie-maak, aanpak.

S7301406

(NS: Na ‘n week waarin al die klasse toebies moes maak, was ek nogals heel dik vir brood!)

Advertisements
20 Kommentaar leave one →
  1. September 25, 2007 2:54 nm

    Peanutbotter broodjies is baie lekker. Veral saam met Worcestershire Sous.

    Van die Os op die jas, het jy al ooit Afrikaans in daai klas gepraat? Ek wonder wat die kids se reaksie op so vreemde taal sou wees?

  2. September 25, 2007 3:48 nm

    Lyk heerlik en prettig…ek het vir kinders hier in London “Afrikaners is plesierig”…volkspele dans geleer…is op my blog iewers…in Julie rond…of Aug…in elk geval, hulle ook Afrikaanse woorde geleer, om te kan se “My naam is…” en om te kan groet…ens..hulle het gedink dis pret.

  3. September 25, 2007 4:01 nm

    Lyk darem baie lekkerder as die grondboontjiebotter-en-stroop broodjies in my kosblik!

    Chessalee, daar was eenkeer jare gelede in die Huisgenoot se briewekolom Afrikaners is plesierig in fonetiese vorm vir Engelssprekendes, Ek onthou bv. “dan draai” is geskryf as “dun dry”, maar ek kan nie alles onthou nie. Het jy miskien daardie weergawe? Anders wonder ek waar ons dit kan kry.

  4. September 25, 2007 11:32 nm

    Ek is mal oor jou kiddies … ek kom kuier sommer!! 🙂

  5. Roer permalink
    September 26, 2007 12:07 vm

    Yummy! Lyk lekker. Ek hou nogal van ‘Hilda’ kombinasies. Jy weet, soet/suur ens. Die gedagte aan DaMario se peanutbotter en Worcestershire Sous kombinasie het my groen om die kiewe gemaak, maar ek hou van heuningrooibostee met ‘n knypie sout so laat ek maar eerder stil bly!

  6. September 26, 2007 3:11 nm

    Sommige van die broodjies lyk soos kunswerke – tipies van die oosterse mense. Interresant dat jy ook die toebroodjieding doen – ek is ook daardeur met my seun in die laerskool.

  7. September 26, 2007 3:53 nm

    DM, ek sal jou “kombinasie” probeer. O-Ja! Ek het al Afrikaans gepraat en dan kyk hulle my soos ‘n alien aan 🙂

    Rene, jy’s welkom!

  8. September 27, 2007 2:27 vm

    Ek wonder ook oor Da Mario se broodjie. Dit klink vir my nasty.

    Daardie kinders lyk vreeslik gelukkig.

  9. September 27, 2007 3:40 vm

    was daar seuntjies ook? 😉

  10. September 27, 2007 3:46 vm

    Ek hou van daai eerste een, maar nie sulke DIK snye brood nie, Bib! Het jy die brood gesny! 🙂

  11. September 27, 2007 5:51 nm

    Die foto met die kids op is so, so oulik. Shiny happy people!

    Hoe oud is jou leerlinge?

  12. kaalvoetkind permalink
    September 27, 2007 8:00 nm

    Ek stem, die eerste twee foto’s se toebies lyk heel lekker maar die volgende twee lyk nie juis aptytwekkend nie. Lyk nogtans of die kinders dit baie geniet het. Ek sal ook graag wil weet vir watter ouderdom kinders jy klas gee en wat is julle skoolure?!

  13. September 27, 2007 10:11 nm

    George, met ‘n onderwyser soos ek…hoe anders?

    Johan, ek het ewe veel seuntjies en dogtertjies. Die dogtertjies is egter soeter en smile meer.

    Sonkind, jy kan net gesnyde brood hier koop – en dis soos die snye lyk!

    Carien, hulle is so tussen 10 en 15.

    Kaalvoetkind, waar ek skoolgee, is nie hulle gewone skool nie. Dis ‘n “English Academy”, waar hulle net Engels leer en is ‘n na-skoolse aktiwiteit. Die Koreaanse kinders swot hulleself moeg. Na skool, gaan hulle net van een akademie na ‘n ander (“science”, “maths”, “piano”) ens. En daar is daar ook nog sport. Min van die kinders kom voor 8-uur die aand by die huis. Opvoeding en opleiding is ‘n nasionale obsessie in Korea.

  14. September 28, 2007 4:38 vm

    Is die brood ook soet ?

  15. September 28, 2007 3:46 nm

    Silwerminter … natuurlik is die brood soet, jy kan mos sien hoe stil lê hulle! 😆

  16. September 28, 2007 4:16 nm

    Hey Rene, jy was nou net in Engeland, nou wil jy alweer Korea toe?? 😀

  17. September 28, 2007 6:11 nm

    Da Mario … die “travel-bug” byt verskriklik hard en hy laat los nie sommer nie … en Boertjie is verskriklik alleen in Korea, ek is seker daarvan hy sal bietjie ordentlike Afrikaanse vroulike geselskap geniet om sy toebies mee te deel! 😆

  18. September 28, 2007 6:31 nm

    Snaaks, ek hou nie daarvan as die krummels in die bed val nie…. 😈

  19. September 28, 2007 7:40 nm

    Soms is stilbly net so ‘n goeie antwoord…!

  20. September 28, 2007 8:57 nm

    ROFL, jy wou mos sukkel!! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: