Skip to content

Die kristalbal is soms ‘n dowwe spieel

Oktober 1, 2007

Die uitspeelrondtes in die Rugby Wereldbeker is verby en nou staan ons op die drumpel van die kwarteindstryde. Dis presies ‘n maand gelede wat ek die eerste keer in die kristalbal geloer het…

https://boerinballingskap.wordpress.com/2007/09/01/n-kykie-in-die-kristalbal/

…en teen hierdie tyd het julle reeds waargeneem dat ‘n kristalbal ook maar soms ‘n dowwe spieel is.

Groep A

Ek het voorspel die Bokke en Engeland sal deurdring en dit het ook so gebeur. My voorspelling was verkeerd oor Samoa. Dit was inderdaad Tonga wat met aggressiewe en kragtige spel verras het. Ek haal my hoed af vir wat die klein eilandjie vermag het. Met hulle begeesterde spel het hulle respek by vriend en vyand afgedwing. Uit die aard van die saak was dit ook nie hulle wat met die houtlepel moes huis toe gaan nie, maar wel die arme Yanks.

Groep B

As Tonga verras het, het Fiji dit veel verder gevoer en ‘n opskudding veroorsaak met hulle oorwinning oor Wallis. Ek dink bitter min mense het dit sien kom. Maar welgedaan aan hulle! In die proses het hulle ook (dalk…) die Bokke se pad na die halfeindstryd bietjie vergemaklik. Soos te wagte het Australie die groep oorheers. Japan keer wel wenloos terug na hulle tuisland, maar so ook Kanada. Laasgenoemde eindig heel laaste, met ‘n bonuspunt minder as Japan.

Groep C

Soos te wagte het die All Blacks teenstandloos voortgestoom, hoewel ek dink die gebrek aan sterk teenstand (Skotland het hulle “B”-span teen die All Blacks laat speel) is dalk nie so ‘n goeie ding vir die manne in swart nie. Ek het voorspel dat Italie bo Skotland sal eindig, maar die Skotte het met ‘n haarbreedte deurgedring. Roemenie was so middelmatig soos altyd. Portugal gaan met die houtlepel terug Lissabon toe, maar hulle toewyding en passie was prysenswaardig. Hulle het beter gedoen, as wat ek gedink het hulle sal.

Groep D

Ek het voorspel dat Argintinie vir Ierland sal troef vir ‘n plek in die kwarteindstryd. Maar daar het dit egter nie gestop nie. Nie net het hulle die Iere die loef afgesteek nie, maar ook Frankryk se vere gepluk om sodoende eerste in die groep te eindig. En dit lyk of die Poemas uiteindelik consistency (daar is nie vir my ‘n lekker Afrikaanse woord daarvoor nie) ontdek het. Hulle speel beheersd en gestruktureerd en lyk al hoe beter. Die Franse se gesluk na wind in die openingswedstryd het vir hulle die moeilikste moontlike pad vorentoe gebaan. Georgie het by tye baie goed gespeel en hulle kan trots wees op hulle vertonings. Soos verwag, eindig Namibie heel laaste en is hulle ook die enigste span wat geen groepspunte kon insamel nie (nie eers ‘n bonuspunt nie.)

Kwarteindrondte

Ek het verwag die Bokke sal teen Wallis speel, maar nou kom hulle teen ‘n begeesterde Fiji te staan. Ek dink dit maak dit effe makliker vir die Bokke, hoewel nie maklik per se nie. Ek verwag die Bokke sal op die ou-end maklik wen, na ‘n moeilike eerste helfte. Die Bokke moet net hoop hulle kom beseringsloos uit hierdie veldslag.

Australie teen Engeland en my voorspelling bly staan dat die Aussies net eenvoudig te veel skietgoed het.

Ek het ‘n wedstryd tussen die All Blacks en Argintinie voorspel. Nou moet die Hane egter die swart truie aandurf en dit nogals nie eens op Franse grond nie, maar in Cardiff! Ek glo min mense gee die Franse ‘n kans teen Nieu-Seeland. Juis hierom glo ek die Franse gaan verras. Dit pas hulle om nie die gunstelinge te wees nie. Maar ‘n wedstryd om te sien, gaan dit beslis wees!

Ek het gedink dit sal Frankryk teen Italie wees en ek was dubbeld verkeerd! Skotland meet kragte met Argintinie. Argintinie se huidige vorm is uitstekend. Ek dink hulle gaan op die ou-end relatief maklik wen Hulle het reeds geskiedenis gemaak deur die eerste keer ooit deur te dring na die kwarteindrondte. Hulle sal weer geskiedenis maak deur die eerste keer deur te dring na die halfeindstryd.

Halfeindstryd

Australie teen Frankryk. Kan die Franse opeenvolgend met die All Blacks en die Aussie afreken? Ekself twyfel sterk. Maar niks is onmoontlik nie… (my kristalbal is nou baie dof).

Die Bokke sal die moeilike Poemas, vol van selfvertroue, moet troef. En ek glo hulle sal dit ook regkry. Tog voel ek ongemaklik oor hierdie wedstryd…

Eindstryd

Ek weet werklik nie en dis net hier wat ek kleinkoppie trek (my kristalbal is nou heeltemal troebel en ek kan niks meer uitmaak nie). My gut feeling se nog steeds Frankryk, maar ek kan nie sien dat die Franse die All Blacks, die Aussies en die Bokke agtereenvolgend kan klop nie. As hulle dit regkry, verdien hulle dit oor-en-oor. Miskien kan dit ‘n herontmoeting tussen Frankryk en Argintinie wees (hoogs onwaarskynlik, maar vreemder dinge het al gebeur). As die Bokke egter wel die eindstryd haal, kan hulle heel moontlik as gunstelinge op die veld draf. En natuurlik hoop ek my hart uit dis wel die Bokke…

NS: Ek sit die blerrie bal nou eers weg. Sal weer bietjie loer na afloop van die kwarteindrondte.

13 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 2, 2007 3:28 nm

    BiB…
    Al waar ek verskil:😈
    Die All Blacks gaan die Hane braai in hulle kwarteindstryd, die Bokke gaan die Pumas klop in die semi’s met omtrent 12 punte en in die ander halfeindstryd gaan die All Blacks die Wallabies met 15 punte klop.

    ‘n Herhaling van ’95 se eindstryd… As die Bokke begin SPEEL het ons ‘n 40% kans om te wen, maar dan moet die luck aan ons kant wees en die All Blacks kop verloor, anders… 28-16 vir die Kiwi’s….:mrgreen:

  2. Oktober 2, 2007 5:27 nm

    ek hou van die opskrif

  3. Oktober 2, 2007 5:45 nm

    Die Hane moet glad nie onderskat word nie. Nie eers deur die All Blacks nie. Ek is maar baie versigtig vir die Franse hommes… ‘but I do love kittens’.🙂

  4. Oktober 2, 2007 9:18 nm

    Die Yanks het nie te sleg gespeel nie, hoor…hulle spel was vir my beter as die Engelse teen ons…ek het nou nie die ander wedstryde van die Rooinekke gekyk nie…maar ek was nogal taamlik verras dat die Yanks darem iets weet van rugby…haha…die Amerikaners teen wie ek skaak speel se hulle weet nie eens dat hulle ‘n span het nie!! :)) dit wil ek nie glo nie..in elk geval, ek hou duim vas vir die Bokke, hulle moet net bietjie harder speel van nou af!

  5. Oktober 2, 2007 10:04 nm

    Rugby is nie baie gewild in die VSA nie, maar dit het ‘n tipe kultus-volgelingskap onder die wat van rugby hou. My een niggie is met ‘n Amerikaner getroud. Hy is gek oor rugby en het self vir San Fransisco gespeel. Die eerste keer toe ek hom ontmoet, vertel hy my sy groot held is Os du Randt!!!

  6. kaalvoetkind permalink
    Oktober 3, 2007 7:34 nm

    LOL vir daai naskrif oor die bal wegsit. 😀 Bib, ek weet nie veel van rugby nie, so hoe minder ek sê, hoe beter, maar ek dink mens moet altyd die verrassingselement in gedagte hou.

  7. Oktober 3, 2007 10:42 nm

    Boertjie, dalk is dit tyd dat jy jou dowwe kristalbal vir ‘n jonger weergawe inruil??

    Ek het ook nie gedink die VSA gaan ons so verras nie!😈 Ek lag nog so bietjie in my mou oor daai outjie wat vir Habana laat lyk het of hy parkering soek! Dit was vir my die drie van die reeks!! En ek dink die VSA het REGTIG hulle harte uitgespeel!

    Ek sal my kniegies vir die Bokkies deurbid, maar my geld is op die All Blacks! En dit het absoluut niks met patriotisme te doen nie…!

  8. Eben permalink
    Oktober 4, 2007 4:55 nm

    BiB ek wil by René aansluit en ook noem as rugby eers posvat in VSA het ons groot probleme. Ons kan oor 10jr gesels, dan glo ek die Yanks gaan soos die Puma’s wees en respek afdwing op die velde, indien nie beter. As dit eers begin op skole, prov. spanne ens, wel-wel!! Kom ons hoop so, dit maar die rugby wereld soveel lekkerder.

    Persoonlik dink ek ons moet Namibië intrek as ‘n Curry-bekker span, en glo daar is baie manne wat wil speel. Kan jy onthou jare gelede met die ou Rodesia (Zim) en hoe hulle die manne soms verras het wat daar kom speel het.

    Ek is bang vir Puma’s en Frankryk in die eindstryd, en dit eindig soos dit begin het. Maar my boere hart sê saggies Bokke!!

  9. Oktober 5, 2007 10:08 nm

    tik-tok-tik-tok!! Waar is ons Vrydagsong?????:mrgreen:

  10. Oktober 7, 2007 12:48 vm

    Na vandag se oorwinning van Engeland oor Australie is ek ekstra bly ek het geen voorspellings gewaag nie. Ek sou niks reg voorspel het nie.

  11. Oktober 7, 2007 6:08 vm

    Okay, na die All Blacks sopas die eerste keer ooit in die kwarteindstryd verloor het maak ek g’n niks verdere voorspellings nie.
    Eers wen Engeland teen Australie en toe sit die Hane die All Blacks ore aan!!

    Goeie genade, ek hoop die Bokke leer ‘n les hieruit en klop actually vir Fidji…

  12. zilla permalink
    Oktober 7, 2007 5:48 nm

    yipiyipi!
    Ek het in ierland in n pub gesit, en een ding is die iere skree altyd vir die underdog, en hierdie wereldbeker is vir seker die beker van die hond!

    Weet nie wat voorspel dit vir die bokke nie, though, maar ek hou duimvas!!
    zzzzzzz

  13. Oktober 8, 2007 2:17 vm

    hehehe

    en daar wen ons toe actually vir fiji. jou voorspelling was amper reg – ons het ‘n moeiliker tweede rondte gehad as ‘n eerste een, dink ek…

    WHOOHOO!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: