Skip to content

…en party mense dink die Proteas is chokers

Oktober 7, 2007

mccaw henry300

18 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 7, 2007 6:02 nm

    Wat het ek julle gese^?!!!!! Pasop vir die Franse Hommes en dit geld dubbel en dwars vir ons.

    Ek moet se^ die omgekeerde intimidasie taktiek van die Franse tydens New Zealand se haka het my nogal bang gemaak. Dit het 100% gewerk. Wat ‘n spel.

  2. Oktober 7, 2007 9:15 nm

    Ek is in dubbel skok … daar gaan my geld op New Zeeland ook na die drein! Van nou af hou ek my beursie toe!!

  3. Oktober 7, 2007 10:01 nm

    😆

    RenE – sal jou leer om nie jou geld op die Bokke te sit nie😉

  4. Oktober 8, 2007 3:11 vm

    Ek hou by my 23 – 17 oorwinning vir die Bokke teen who-ever…. in die “laaste” rugby worldcup final.

    Ek hoop dis teen die Engelse… ek weet dan het ons ten minste die Franse toeskouers aan ons kant. (gemeet aan die “liefde” wat tradisioneel tussen die engelse en die franse bestaan)

    But… ek sal nou nie in sak en as huil as die score nie 23 – 17 issie, any score will do…!

    Ek’t richie baie jammer gekry…. toe ek die trane in sy gemoed sien.

  5. Oktober 8, 2007 3:23 nm

    Lo daar!
    mmm die franse gaan dit elke keer doen, die arme All Blacks, ek sou graag ‘n eindstryd tussen die bokke en hulle wou sien, maar nou ja dit sal net so lekker wees om weer di bleekbene ‘n pa te gee… en daarmee weet jy nou dat ek voorspel dis ons teen Jonny in die eindstryd!
    Die Franse is goed maar het nie die BMT om al die pad te gaan en nog twee GROOT games te wen nie.
    miskien is ek verkeer, net die tyd sal leer, in die woode van Andre Swiegers en Mathys Roets!
    ek geniet…..soos altyd…. jou blg!
    groetnis

  6. Oktober 8, 2007 3:29 nm

    sorry al die tikfoute, my rekenaar se bord is op die kofie!

  7. Oktober 8, 2007 4:18 nm

    Sebastien Chabal…Sebastien Chabal…Sebastien Chabal…Sebastien Chabal…Sebastien Chabal…ek gaan my land verloën vir daai man, hy’s darem beautiful verby. Ek was so verras toe hulle wen.

  8. Oktober 8, 2007 5:05 nm

    Anja’tjie… gaan eerder vir Bakkies Botha. Hy lyk ten minste nie so sleg nie…

  9. Oktober 8, 2007 7:29 nm

    My hart bloei vir die Kiwis en Richie McCaw. Hy bly darem maar ‘n man uit een stuk. Gepraat van ‘n man uit een stuk, daai Chabal bly darem maar ‘n doring. Daar waar ek gekyk het Saterdagaand is na hom verwys as die Homo erectus! Hy trek nogals na ‘n neandertaler. hahaha.

    Persoonlik kan ek nie sien hoe ons in die finaal teen enige iemand sal kan wen as ons speel soos wat ons gister gespeel het nie. Wat ‘n fiasko!

  10. Oktober 8, 2007 7:32 nm

    Ai, ek kry nou net hierdie grappie in my inbox en moes dit net kom plaas. (met apologie aan die Kiwis vir wie ek die hoogste agting en respek het)

    Wat’s die verskil tussen die All Blacks en ‘n halwe Viagra?

    Met ‘n halwe Viagra kry jy darem ‘n semi😉

  11. Oktober 8, 2007 10:37 nm

    Me laugh…!

    Wimpie, soos jy weet, verskil ek. Ek dink die Hane gaan die Engelse lelik ore aansit. Die Engelse voorspelers bly goed, maar hulle agterlyn is tweedeklas en hulle kan nie afrond nie. En ek is versigtig vir die Poemas…

    Kostannie, Oopkop…dit lyk my Chabal maak nogal iets in vroue wakker. Veral vroue wat moeg is vir metro-mans.

  12. Oktober 8, 2007 11:12 nm

    Boertjie, daar is net iets van ‘n groot sterk MAN wat sy arms stewig om jou kan vou wat dit net vir sommige vrouens DOEN! Ek is een van daai … hoe “sterker” daardie arms is en hoe stywer hulle vashou, hoe beter!! En die “grotman”-look kom soveel sterker voor as die metro-man-look, hy moet darem LYK of hy jou kan beskerm!!! Dis net my opinie…!

  13. Oktober 8, 2007 11:38 nm

    LOL @ kostannie. Ek dink ons gaan teen die Frogs speel in die eindstryd. Ek kry die ABs effe jammer, vir Aus glad nie. Om die waarheid te sê, dis jammer die ABs se vernedering het bietjie die spotlight afgehaal van Aus sin.

    As ons nie hierdie wêreldbeker wen nie, gaan ons nie gou weer ‘n kans kry nie. Hy’s ons sin om te verloor van hier af!

  14. Oktober 9, 2007 12:20 vm

    Ek stem saam met jou dat die Hane gaan die Engelse pak slae gee….maar mens weet nooit met ‘n rooinek nie! haha…maar ek moet ook se, die skok was nogal groot oor Nieu Seeland!! Wel, die Bokke weet hulle pad is nou oop….die rooi tapyt wag vir hulle….en gister se hoogvatte deur die Fiji’s! En..die skuinsregter…my bloed het gekook….ek het amper nie eers verder gekyk toe dit by 20-20 kom nie, ek het geglo ‘n begrafnis is oppad….!

  15. Gatta Patta permalink
    Oktober 9, 2007 4:29 nm

    Moet se Chabal doen dit vir my! sjoe hy maak die grotvrou in my wakker!! Hy kan maar enigetyd my oor die kop slaan en my grot toe sleep! ….. okay maar die Hane gaan die bleekbene wen!!! Le blues!!

  16. Oktober 10, 2007 3:00 nm

    Metro-girls wat grotmanne like…🙄
    Wonder of daar nog girls is wat belangstel in goeie maniere?

  17. Oktober 10, 2007 4:03 nm

    Lol@Da Mario – Goeie maniere is priceless!!

  18. Oktober 10, 2007 9:26 nm

    Hierdie grappie is baie goed:

    “France wil meet England”
    “South Africa will meet Argentina”
    “New Zealand wil meet Australia….at the airport!”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: