Skip to content

Bulguksa

Oktober 10, 2007

Bulguksa in Gyeongju, is Korea se bekendste en oudste tempelkompleks. Dit het ook UNESCO Wereld-erfenis status. Die tempelkompleks is oorspronklik deur die Silla -koning, Beopheung gebou in 528 nC. Die oorspronklike tempel, was egter slegs ‘n kleiner weergawe van vandag se Bulguksa tempelkompleks. Die huidige strukture is eers in 751 nC onder Koning Gyeondeok begin bou, toe die oorspronklike tempel restoreer is.

S7301570

Bulguksa word gesien as simbolies van die stabiliteit, vooruitstrewendheid en argitektuur gedurende die Silla -dinastie. Met voltooing in 774 nC, het die tempel-kompleks uit meer as 80 houtgeboue bestaan (hoewel die fondasies en ander strukture van steen was). Na die val van die Silla-dinastie inS7301817 die 10de eeu, het die tempel baie skade gelei deur oorloe en algemene verwaarlosing tydens die Koryeo-dinastie (918 – 1392) en Choseon-dinastie (1392 – 1910). Tydens die heerskappy van laasgenoemde dinastie, is Buddhisme vir ‘n tyd lank onderdruk tgv ‘n vorm van Chinees-geinspireerde neo-Confucianisme. Die ergste skade, het egter tydens die Japanese inval van 1593 plaasgevind, toe die invallers byna die hele tempelkompleks afgebrand het. Tussen 1600 en 1900 was daar verskeie kleinere pogings tot restorasie aangewend, maar eers in 1969 het die regering van Park Chung-Hee die tempelkompleks behoorlik gerestoreer en herbou (voltooi in 1973). Die steenstruktuur onderbou, pagodas en van die Buddha-beelde is die oorspronklikes en is tans meer as 10 eeue oud.

S7301830Die tempel is pragtig gelee aan die voet van Tohamsan-berg (die hoogste van die berge om Gyeongju) en omring deur pragtige tuine, met damme en bruggies en orals S7301571 paadjies waar jy kan rondwandel. Die Cheonwang-ingang na die tempel word bewaak deur die 4 “hemelse konings”, wat die “heilige grond” van Buddha beskerm: Die wagter van die Ooste – Dhrtarastra;die wagter van die Suide – Virudhaka;wagter van die Weste –Viruspaka en die Noorde – Vaisrana. Hulle lyk vreesaanjaend genoeg om menige af te skrik!

Die hooftempel word Daeungjeon (“Hall of Great Enlightenment”) genoem. Aan beide kante van Daeungjeon, vind jy die oorspronklike pagodas, nl. Seokatap (simboliserend van Buddha se wysheid) en Dabotap (simboliserend die vele skatte van Buddha se leringe). Hierdie is die bekendste pagodas in Korea en spesifieke legendes word met hierdie strukture geassosieer. Dabotap word ook op Korea se 10-Won muntstuk uitgebeeld

S7301816S7301574S7301812

S7301573 Binne die tempel sit die 8m Sakyamuni (oorspronklike) Buddha in sy gewone posisie en weerskante van hom die Maitreya (die toekomstige Buddha wat op aarde sal verskyn) en Dipamkara (wat gesien word as Buddha se eerste aardse opvolger).S7301938

Agter Daeungjeon, op met ‘n hele paar vermoeiende trappe, is Gwaneumjeon – ‘n kleiner tempelgebou, wat ten volle gewy word aan Avalokitesvara. Laasgenoemde is die Bodhisattva (“enlightened being”) van Barmhartigheid. Daar is ook nog verskeie ander tempelgeboue, lesingsale en die monnike se woonkwartiere.

Op die ou-end besef mens hoekom Bulguksa as so ‘n belangrike nasionale skat in Korea gesien word. Dis indrukwekkend, veral as mens van naby sien hoe perfek dit so lank terug gebou is. En as hierdie ou strukture en beelde kon praat, dink net hoeveel hulle sal he om te vertel…

S7301940

17 Kommentaar leave one →
  1. kaalvoetkind permalink
    Oktober 10, 2007 11:29 nm

    Die wagters én hulle name is al klaar genoeg om my nagmerries te gee!! 🙂

  2. Oktober 11, 2007 2:41 vm

    As jy eendag terkom sal ek sorg dat hulle jou aanstel as minister van inligting…..nou moet ons net iets doen aan daai tan van jou!

  3. Gatta Patta permalink
    Oktober 11, 2007 3:44 nm

    Wimpie vertel hom eerder van ‘n SONBED!! LOL

  4. Oktober 11, 2007 3:51 nm

    hehehe funny

  5. Oktober 11, 2007 6:36 nm

    Very interesting indeed Boertjie!! Ek kry nou ‘n oproep van Tafelberg Kabelkarretjies wat vra of ek nie weet van ‘n toergids wat werk soek nie? Lol, jy wil nie dalk terugkom Kaap toe nie???😈

  6. Oktober 11, 2007 7:07 nm

    Interessant!

  7. Oktober 11, 2007 8:24 nm

    Wat vir my baie indrukwekkend is, is die ‘curved’ teel dakke. Dit kan nie maklik wees om dit so te bou nie.

  8. Oktober 12, 2007 4:31 nm

    Roer…
    Miskien gebruik hulle skewe bome?😈

  9. Oktober 12, 2007 5:36 nm

    Baie interessant, dankie! mooi foto’s

  10. Oktober 12, 2007 8:58 nm

    Rene, as die salaris reg is, is ek daar!
    Roer, ek het al gesien hoe bou hulle die “krom” dakke (hulle bou nog baie nuwe geboue so), maar ek sal nie eers PROBEER om te verduidelik nie.
    Wimpie, wat van ‘n pos by ORS?😉

  11. Oktober 13, 2007 2:58 nm

    Hoekom is dit dat die Koreane dikwels chinese tekens gebruik en dat blykbaar almal ook ‘n chinese naam het ?

  12. Oktober 13, 2007 6:41 nm

    Korea se oorsprong le grotendeels in Chinees (dink Afrikaans vis-a-vis Nederlands). Dit hang saam met ‘n geskiedenis waarin Korea vir baie lang tydperke binne China se invloedsfeer beweeg het. Hoewel Koreaans sy eie alfabet en linguistiek het, is daar heelparty ooreenkomste tussen Chinese en Koreaanse woorde – soveel so, dat daar na “Sino-Koreaanse” woorde verwys word. Omrede Buddhisme vanaf China na Korea gebring is, het dit deur die eeue die gebruik geraak om Chinese skrif by tempels te gebruik.

  13. Oktober 14, 2007 2:00 vm

    Thanks, dit was baie insiggewend.🙂

    Nou sommer nog iets terwyl ek by die regte plek is …

    (en ek is so semi skaam om dit te vra want ek was lank genoeg in die rondte om dit seker te moet weet, maaaaaar ….)

    Hoekom bou die Oosterlinge hulle dakke so skuins na bo teen die einde ?
    (ek dink dis baie mooi, maar daar gewoonlik ‘n onderliggende rede anders as blote estetieka) ?

  14. Oktober 16, 2007 10:24 nm

    Geen rede om skaam te wees nie – ek weet ook nie! Ha-ha!
    Sover ek kan vasstel is dit bloot estetika. Al wat ek weet is dat die groot oorhange van die dak, spesifiek so gebou word om sonlig en reen van die mure/vensters af te hou.

  15. Oktober 20, 2007 6:13 vm

    wag – ek gaan dit oplos

Trackbacks

  1. Yi Sun-Sin en die Skilpadskip « Boer in Ballingskap
  2. Die visuele nirvana wat die koue die moeite werd maak « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: