Skip to content

Swakopmund… (Vrydagaand-song VII)

Oktober 13, 2007

Valiant Swart – Song Vir Swakopmund

Nog nie vantevore hierdie video gesien nie…maar vanaand het Valiant se woorde my ver teruggevoer. Tot daar waar my eie herinneringe sandverweerd le langs die kus van Swakopmund…

Advertisements
13 Kommentaar leave one →
  1. duskant permalink
    Oktober 13, 2007 2:27 vm

    Dis baie cool, ek ken dit ook nie, die laaste songs van Valiant wat ek gehoor het is die “vuur en vlam” album. Ek wonder op watter album hierdie liedjie is. Mag ek vra of jy van Namibië af kom? Ek post so ‘n paar foto’s van ‘n trippie wat ons vroeër vanjaar gedoen het…vir die herinneringe se onthalwe! Groetnis

  2. Oktober 13, 2007 4:27 vm

    Ek kon net so die eerste stukkie kyk, ADSL is weer vanaand simmetries – stadig in albei rigtings. Toe ek sien hy sit so kruisbeen met sy kitaar dink ek onmiddelik aan ‘n foto van Donovan op ‘n plaat van hom wat ek het, en wragtie toe klink dit my hy sing iets van Atlantis. Wonder of Valiant ook Donovan luister.

    As ek was waar jy is, sou ek heeltyd net Duisend-Myl Blues gesing het!

  3. kaalvoetkind permalink
    Oktober 13, 2007 4:52 vm

    Lekker verlang liedjie! Ek was nog nooit in Namibië nie, maar sal baie graag nog in die toekoms daar wil uitkom. As ek so na die liedjie luister, kan ek my indink hoe ek sommer net so alleen op ‘n sandduin sit en staar in die verte in of op die kaai sit met die gekrys van die seevoëls en die geluid van die bruisende seewater in my ore.

  4. Oktober 13, 2007 2:30 nm

    Hierdie is om te luister en te verlang na mense wat jy nie ken nie. Seer mooi! Veral daai kitaar wat so huil.

  5. duskant permalink
    Oktober 13, 2007 3:52 nm

    Verseker, MKO’nB! Ek sou aanmekaar wakker lê in die plekke waar ek slaap en wens ek was terug “by my baby en my kaia in die Kaap”. Ek moet sê “Banneling” is ook een van my gunstelinge. Sterkte, BoerinB!

  6. Oktober 13, 2007 6:32 nm

    Die laaste album (wat ek van weet), is “Horisontaal”. Ek neem aan die liedjie verskyn op die album, maar is nie seker nie. Ek is egter baie bly dat ek die song kon ontdek.

  7. platterfuss permalink
    Oktober 14, 2007 5:54 vm

    Laat my ver dink….. en verlang Nam toe…..

  8. Oktober 14, 2007 5:25 nm

    Ek ken nie die song van hom nie? Dit is egter ‘n baie cool song. Laat my verlang na plekke waar daar niks is nie.

  9. Oktober 14, 2007 11:09 nm

    🙂 dankie!

  10. Oktober 15, 2007 1:52 vm

    Ek moet eerlik wees. Ek dink nie dis so piele song nie.
    As jy vra (en is so semi ‘n kenner op die gebied van Valiant) is dit ‘n mix tussen twee/drie vorige songs.
    Het lanklaas na Maanhare geluister, maar daar is ‘n song van die bont kat en die swart hond wat baie dieselfde ritme en melodie het. Die ander song(s) kan ek nie plaas nie, maar ek weet dis daar.

    (Nog ‘n interessante brokkie – daar’s ‘n song van Pink Floyd en Valiant wat presies dieselfde solo het. Noot vir noot. Wat die songs is ontgaan my nou, maar as ek moet raai dan was dit op Division Bell en miskien Deur die Donker Vallei. Kan nie onthou nie – dit was by ‘n braai by iemand anders se huis.)
    (ja, ek weet baie keer is dit die session muso’s wat die solo’s insit maar dis nog steeds daar.)

  11. Oktober 17, 2007 4:55 nm

    Het so bietjie gaan kyk, die song is op die album “‘n Jaar In Die Son”, ‘n gekombineerde album deur Valiant en Koos Kombuis. Daar is mooi musiek op!

  12. Oktober 17, 2007 9:36 nm

    Dankie, duskant! Ek sit dit op my inkopielys vir wanneer ek weer in SA is.

  13. Oktober 18, 2007 3:29 vm

    Ek mis Nam. En Swakop. My ma is vir altyd vir my vasgevang in die sonsondergang by die mole.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: