Skip to content

“Railway Journey”

Oktober 23, 2007

Ek behou kontak met ‘n verskeidenheid van mense. Ek het onlangs ‘n briefie uit Kaapstad ontvang (ja, ‘n regte-egte handgeskrewe brief!) wat my eweneens vermaak het en terselftertyd effe hartseer gemaak het (omdat ek die betrokke persoon ten diepste ken). Ek haal verbatim die brief aan, nes ek hom ontvang het:

Ek het omtrent 2 weke gelede ‘n railway-journey gehad. Die dag staan op die bord: trein na Fish Hoek. Ek het aangeneem die trein gaan ry. Hy het toe gery; jy kan mos niks oor die spekers uitmaak nie! Daar gaan staan die trein net voor Woodstock stasie en skakel die masjien en ligte af. Ek kyk toe onmiddelik uit by die trein-venster en vra: is this train going or not? Daar kom die masjinis toe aangestap en se: nee, dame! Jy sal met my moet kom. Van die trein hangende af tot op die treinspoor, op klippe en af die lyn, en op die lyn moes ek stap saam met hom en saam met iemand anders tot Kaapse stasie en op die regte trein klim. Ek kom toe 10vm by die werk – my base vra toe: het ek die verkeerde trein gehaal? en ek se toe: ek het ‘n railway journey gehad! Nou, ja! Almal het lekker gelag!

Advertisements
15 Kommentaar leave one →
  1. Oktober 24, 2007 12:09 vm

    Ek le gisteraand in die bad en lees. En skielik pak ‘n moerse nostalgie my beet en ek verlang na die tye toe ek nog oumas en oupas gehad het.
    En ek onthou die briewe wat my ouma van die plaas af altyd vir haar oudste kleinkind geskryf het.
    En ek is sommer hartseer en vies omdat ek toegelaat het dat dit tussen al die getrek en grootword, vernietig is.
    Ek het onlangs met ‘n ouman in die Noord Kaap kontak gemaak nadat ek van hom oor die radio gehoor het. En skielik het ek weer ‘n regte penvriend.
    En ek kan nie wag dat die Ingelse briewe in my posbus land, en ek die handskrif moet ontsyfer nie.
    Daai briewe voel vir my ook nogal soos ‘n journey!

  2. Oktober 24, 2007 4:56 vm

    Trein ry in die Kaap is nie vir sussies nie. Ek vermy dit ten alle koste.

  3. Oktober 24, 2007 1:16 nm

    In my dae op Stellenbosch het ons dikwels van Bellville af Stellenbosch toe gery. Was tog lekker. Net jammer mens moes so ver loop.

  4. Oktober 24, 2007 5:17 nm

    Vandag skryf ek met ‘n baie mismoedige hart vir u.

    My man het 2 maande terug sy werk verloor as gevolg van die Balju van Wellington wat sy vrou vermoor het. My man was die adjunk balju.Hulle is dadelik afgedank en dus sonder inkomste.

    Ons het 3 tienner dogters en ons moet eet, ons moet rekeninge betaal, en noodsaaklikhede vir die tienners koop en weet nie wat alles nie.

    Ons is moedeloos, waarheen gaan ons. Daar is niks wat ons kan eet in ons huis nie en die kinders moet meeste van die tyd skool toe gaan sonder ontbyt.

    Waar kan ons hulp kry. Niemand sien ooit raak wat ons moet deur gaan nie. Mense dink nie daaraan dat daar honger blanke Suid-Afrikaanse gesinne is nie. Ons hele gesin is wedergebore kinders van die Here. Ons dien die Here met oorgawe.

    Ons het al orals probeer, selfs by ons kerk. Hulle het een maal gehelp en toe nie weer nie.
    Ek weet daar is mense wat kanse vat, maar hierdie is ‘n ware verhaal. Ek sou nie vra as dit nie regtig sleg met ons gegaan het nie/
    Hierdie is ‘n noodkreet.

    My bank besonderhede is as volg as u dit dalk in u hard dit vind om ons te help
    Standard Bank Paarl
    Rekening nommer: 076838692
    Takkode: 051001
    Rekening naam: L Lourens

    Louise Lourens
    0843108767

  5. Oktober 24, 2007 8:21 nm

    Ek het ‘n vriendin wat vir my poskaarte stuur. Dis so lekker om nou en dan iets anders as rekeninge in die pos te kry!

  6. Oktober 24, 2007 9:33 nm

    Wat was dan tog lekkerder as die Trans-Karoo se klik-ketie-klak oor die Karoo se vlaktes? Ek het eendag my wa verloor op De Aar – het in die eetsaal gekuier en nie die afkondigings gehoor dat die wa afgehak word en aan die volgende trein sou aangehak word nie! Wat ‘n storie! šŸ˜†

  7. Oktober 24, 2007 9:55 nm

    Voor enigiemand op bostaande bedelbrief reageer, wag net asb. omdat ek vermoed dat dit dalk spam is. Ek wag net vir bevestiging.

    Die brief waarna ek verwys is inderdaad NIE spam nie en is (volgens alle aanduidings) eg. Daarom wil ek net vir Louise en haar familie baie sterkte toewens. Kan ons as bloggers dalk saamspan om te help?

  8. Oktober 24, 2007 10:27 nm

    Wil net sĆŖ die bedelbrief is ook op ander blogs geplaas en aan ander mense gestuur.

  9. marat permalink
    Oktober 24, 2007 10:46 nm

    Die bedelbrief het op SSSB begin.

  10. Oktober 24, 2007 11:25 nm

    Toe ek klein was, het ons in Suid Wes gebly. Ouma-hulle in die Vrystaat. Elke Desember vakansie het ons gaan kuier, met die trein. Ons was 5 kinders, so daar is altyd ten minste 2 kompartemente bespreek. Die treinrit was vir my die hoogtepunt van die hele vakansie, dit was beslis lank genoeg om een te wees! Dit was die lekkerste plek om te slaap. Ek wil eendag weer op ‘n treinvakansie gaan…

  11. Oktober 25, 2007 2:43 vm

    horie, ek’s all for korttermyn hulp, maar donasies hou tog net so lank, nie waar nie?

  12. Oktober 25, 2007 4:46 nm

    Dis nou toevallig, ek skryf vanoggend so lekker trein-nostalige post en toe lees ek joune, boer. ek gaan hom nounie hier herhaal nie (is bietjie lank) maar gaan lees gerus daar by duskant sutherland…
    http://duskant.wordpress.com/2007/10/25/treine-en-gedagtes/
    mooi dag!

  13. Oktober 25, 2007 7:02 nm

    Wie onthou nog die “army” toe gaan met die trein? Ai, hoe ver hardloop my gedagtes nou die verlede in.

  14. Oktober 25, 2007 9:40 nm

    Vir die van julle wat graag Louise en haar gesin wil bystaan, hier is die plek waar die meeste mense hul menings en voorstelle lug:

    http://pienkzuit.wordpress.com/2007/10/24/noodkreet/

  15. Oktober 26, 2007 2:28 nm

    Oi, bly haar briefie het beter hier afgegaan…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: