Skip to content

Shilla Millenium Park

Oktober 26, 2007

S7301527

Shilla* Millenium Park, net buite Gyeongju se stadsgebied is ‘n historiese tema-park wat die ryk geskiedenis van die Silla-dinastie (57vC – 935nC) gedenk. Een ding is nou maar kaas (of sal ek se: kimchi) in Korea: Hulle is baie trots op hulle geskiedenis, hulle bewaar dit en bevorder dit deurentyd. Die tema-park is teen ‘n koste van $109 miljoen opgerig en is in Maart vanjaar amptelik geopen.

S7301726Dit gee mens ‘n baie goeie blik op die Koreaanse geskiedenis. Die park is op groot skaal gebou en huise van Silla-adelikes en gewone Silla-burgers is histories-presies herbou en ge-rekonstrueer. Dit wys duidelik hoe die mense geleef het, en beeld uit opS7301740 watter manier die tradisionele hanok-huise gebou is. Behalwe vir hierdie rekonstruksies, is daar talle ander dinge om te sien en te doen. S7301738Daar is elke dag verskeie opvoerings en aktiwiteite. Ek het die tradisionele drom-en-dans vertoning gaan kyk. En hierdie mense MAG maar dromspeel. Dit was baie goed en daardie tromme het nog vir ure in my kop getril.

S7301730S7301743

Tydens die Silla-dinastie was die hwarang (in ‘n mate vergelykbaar met die Japanese se samurai) ‘n elite gevegs-eenheid wat uit die adelstand saamgestel is. Hulle het bekend gestaan as die “Flower Princes”. Sommige seuns in die adelstand is van jongs af uitgesonder en met baie streng S7301670dissipline en gedragskode opgelei. Hulle is onderwerp aan spesiale S7301731spirituele, militere en sosiale opleiding en hulle moes volgens ‘n streng kode leef. In oorlogsituasies was hulle onmisbaar.Hulle die leiding geneem en was bekend vir hulle dapperheid en hulle spesiale gevegskuns. Die vertoning van die hwarang-gevegskuns was asemrowend, spesifiek die toertjies deur die perderuiters. Ongelukkig laat blote woorde en foto’s nie reg geskied aan hierdie vertoning nie.

S7301622S7301621

Die mensgemaakte meer is omring deur talle restaurante en kafees en word gekenmerk deur ‘n reuse rekonstruksie van die historiese Klok van S7301619Koning Seongdeok. Die werklike klok hang by die S7300052Gyeongju-museum (regs) en is die oudste, helderste en grootste klok in Korea. By die waterfront word daar elke aand opvoerings gedoen van historiese gebeure in Silla-geskiedenis, bloot met replikas van ou bote wat see-gevegte uitbeeld.

Ek kan maar net hier enkele aspekte van die Park uitlig, maar daar is so baie om te sien en te doen, dat dit baie lank sal neem om S7301728‘n beeld van die totaliteit van die tema-park weer te gee. Wat my S7301724opgevang het, was die gesig agter die waterval, die goue gesigte wat jou by die ingang verwelkom, die woud van totempale uit houtstompe gekerf, die skare klei-mense wat ek tussen die tradisionele huise aangetref het, die Oosterse zodiak-figure wat trots waggestaan het…en soveel meer.

S7301660S7301616

S7301655Die hele park is regtig indrukwekkend en baie goed uiteengele. ‘n Besoek aan Shilla Millenium Park is verseker die moeite werd vir enige besoeker aan Korea.

 

S7301718

*Soos baie woorde wat vanaf die Koreaanse Hangul-alfabet na Engels vertaal word, is daar meer as een manier om Silla te spel.

14 Kommentaar leave one →
  1. kaalvoetkind permalink
    Oktober 26, 2007 10:49 nm

    Dit lyk baie indrukwekkend! Lyk ook na die tipe uitstappie wat vir baie lank daarna nog in ‘n mens se geheue vasgebrand sal wees. Stunning foto’s!!

  2. Oktober 27, 2007 1:38 vm

    Miskien kan ons iets by hulle leer van ‘n land se geskiedenis bewaar.

  3. Oktober 27, 2007 1:56 vm

    BAIE interessant!! Pragtige foto’s!! Dankie…sien uit na meer…:)

  4. Oktober 27, 2007 3:42 vm

    wonder hoe gereeld verander hulle plekname

  5. Oktober 27, 2007 1:54 nm

    Soos altyd, fassinerend! Ek het so ‘n klok wat ek van Seoul af gebring het. Hy’s nou nie so groot nie, hy’t darem in my tas gepas, maar het ook ‘n baie mooi klank.

  6. Oktober 27, 2007 5:51 nm

    Dis rerig fassinerend, lees soos ‘n reisjoernaal (wat dit seker is🙂 ). Neem jy self die foto’s? Dis baie nice! Groetnis

  7. Oktober 27, 2007 7:57 nm

    Sover ek weet het Gyeongju se naam eenkeer verander toe dit in 935 nC die naam “Gyeongju” gekry het.

    Daar is orals in Korea klein en groot replikas van hierdie klok, synde dat dit die bekendste klok in die land is. Ko’nB, nou weet ek wat ek NIE vir jou hoef te bring nie.

    Duskant, hoe kan jy twyfel?😉 Ek neem al die foto’s self!

  8. Oktober 29, 2007 6:31 vm

    Wel, dis nie te betwyfel nie, jy neem goeie fotos! Ek laaik dit!

  9. Oktober 29, 2007 3:38 nm

    Jislaaik, dit was nou interessant! En weereens Boertjie – jy MAG maar foto’s neem!! Stunning…!!!

  10. Oktober 29, 2007 8:50 nm

    Pragtig, ek is mal daaroor as jy hierdie stukkies geskiedenis en foto’s met ons deel. Dankie!

  11. Oktober 31, 2007 7:57 vm

    janee, ek stem saam met rené. foto’s mag jy maar neem🙂

    ek wonder hoe klink ‘n klok van daai grote wat nié in ‘n kerktoring staan nie…

  12. Oktober 31, 2007 10:13 nm

    Dankie vir die foto-komplimente!🙂

    Johan, ongelukkig kan ek nie die klok hoor nie, want hulle het in 2004 besluit om dit nie meer te lui nie, weens die vrees vir beskadiging. Maar ek kan dink dat mens se ore nogals sal tuit!

Trackbacks

  1. Gyeongju Toring « Boer in Ballingskap
  2. Die grotte van Golgulsa « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: