Skip to content

Herfs

November 14, 2007

S7302234

So mooi soos die lente se kleurespel, so mooi is die herfs se roesbruin bontkaros.

S7302223S7302216

Dis kompleet asof die seisoen met ‘n dekadente kakofonie van kleur steeds onversetlik die komende vaalkoud winter wil weer.

S7302215S7302174

S7302166Snaaks genoeg, is dit die seisoen se prag wat so dikwels vir my dien as ‘n poort na onthou. Te midde van die kleure kom ek eens tot stilstand en oordink soveel stemme en gesigte wat saam met my reis. Momenteel vul heimwee my, so asof daar in die natuur se verleidelike ontkleurdans, dit wat verby is, kortstondig weer leef.

Advertisements
22 Kommentaar leave one →
  1. November 15, 2007 1:35 vm

    BiB, hierdie fotos is seer mooi. Ek is nie iemand vir herfs en winter nie, maar ek sal my kan verkyk aan sulke natuurskoon!

  2. November 15, 2007 2:08 vm

    /me doen sy allerbeste om ‘n cape flats aksent te verwerf

    jirrrrrrrrrrrrrrrrrlikheid dis moi!

  3. kaalvoetkind permalink
    November 15, 2007 2:20 vm

    Dit is beautiful!! Ek is mal oor die roesbruin skakerings van herfs!

  4. November 15, 2007 3:11 vm

    Die herfs het al menige kunstenaar liries laat raak.

  5. KruidjieRoerMyNie permalink
    November 15, 2007 2:30 nm

    Dis baie mooi Boer.

  6. November 15, 2007 4:34 nm

    Pragtig

  7. November 15, 2007 4:54 nm

    Beautiful!

  8. November 15, 2007 8:01 nm

    Daar is darem niks MOOIERS as MOOI nie……

    Excellent!

  9. November 15, 2007 8:08 nm

    …pragtige woordspelings ook, Meneer. “ontkleurdans”… stunning.

  10. November 15, 2007 8:15 nm

    Nice! In Taiwan is die plantegroei meestal immergroen – jy’s gelukkig om so ‘n kleurspel te hê.

  11. November 16, 2007 3:08 nm

    Al wat kort is ‘n bootjie op die meer!! Is baie mooi!! 🙂

  12. November 16, 2007 3:23 nm

    mooi, maar jessica simpson sonder klere in die playboy, is mooier!

  13. November 16, 2007 9:47 nm

    Aggenee, Wimps…moet jy ons nou weer na jou vlak toe aftrek? 😉

  14. November 17, 2007 1:47 vm

    Baie mooi. “Autumn is a second spring when every leaf is a flower!”

  15. Anita permalink
    November 17, 2007 3:12 vm

    die foto’s is in-jou-hart-bêre-mooi, ek moes dit net vir jou vertel
    herfs hou die belofte van rus en sterk word in die winter
    om krag te hê om weer te begin

    en dit is alles perfek vasgevang in die foto’s

  16. Willem permalink
    November 17, 2007 1:07 nm

    Dis onglooflike hoe die seisoene elke keer ons herinneringe aanwakker. As ek hier op die Punjabi platteland is verlang ek na Clocolan in die Vrystaat!

  17. November 17, 2007 6:59 nm

    Pragtig!!! Jy moet bietjie van jou foto’s gaan oplaai by ‘n website, http://www.outdoorphoto.co.za….ek het so 3 of 4 foto’s daar, lanklaas opgelaai, moet se, maar dis ‘n goeie website….ek dink jou foto’s is altyd baie goed! en jou beskrywing, die gebruik/keuse van jou woorde puik…bly daar is iemand soos jy wat dit so goed kan doen en so suiwer kan doen!! Mooi man, jy raak die Moederpunte van my hart! Yikes…hoe liries raak ek nou!! LOL!!!

  18. November 19, 2007 8:37 nm

    “gedagtes en gebare
    dwarrel doelloos dog ervare
    soos herfs se roesbruin blare
    in die wind”

  19. November 19, 2007 10:22 nm

    Dankie vir julle opbouende kommentaar! Jasper…mooi woorde!

  20. November 21, 2007 8:01 nm

    Dit is pragtig!!

Trackbacks

  1. Somer « Boer in Ballingskap
  2. Nog ‘n najaar in die vreemde… « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: