Skip to content

Steeds herfs

November 17, 2007

Steeds is ek vasgevang in my herfsmymeringe…al begin die koue se ysige vingers die aankoms van winter weerspieel.

S7302269

Ek wandel op ‘n geelbruin blaartapyte, wyl ‘n ysige dwarreldans-wind deur my murg sny. Tog is daar ‘n bepaalde rustigheid in die lug.

S7302330

En ek dink…miskien….miskien is herfs tog die waardigste van seisoene.

 

 

Advertisements
17 Kommentaar leave one →
  1. November 18, 2007 7:10 vm

    Hey BiB,

    Dis werklik pragtig. So perfek. Ons aarde is soms so verskriklik mooi.

    Liefde
    K ‘-)

  2. November 18, 2007 12:34 nm

    Ai, dat ek nie daaraan gedink het om herfs waardig te noem nie! Bv. ‘n ‘n gedig:

    “van hierdie waardige seisoen”.

    Mooi man!

  3. kaalvoetkind permalink
    November 18, 2007 1:55 nm

    Jy beskryf dit só mooi dat dit vir my voel of ek self daar is en dit ervaar! Ek het êrens gelees dat ‘n kunstenaar ‘n waarnemer is – jy’s ‘n woordkunstenaar en natuurlike ‘n goeie fotograaf ook!! 🙂

  4. boendoe permalink
    November 19, 2007 11:07 vm

    Dit lyk voorwaar rustig – en waardig!

  5. November 19, 2007 1:23 nm

    Moet ook sê dat jou aanneemland regtig mooi is en die manier waarop jy dirt met fotos aan ons oordra, laat mens saam met jou die mooi van dit alles beleef. .

  6. November 19, 2007 4:36 nm

    Toe ek jonger was het ek herfs gehaat.

    So ‘n kinderlike onvergenoegdheid wanneer saans sy skemerjas vinniger naderhark en om ons vou, as die bronstige somersaande moet plekmaak vir ‘n geniepsigheid saam met skemer se jas.

    Maar soos die grys meer word tussen die donkerhare, so besef ek al hoe meer dat die aarde eintlik hierdie flirtasie met kleurskakerings nodig het, voordat sy stadiger begin asemhaal, rustiger raak.

    Dan kan sy weer reg wees vir die uitbundige verf in skakerings van groen!

  7. November 19, 2007 8:29 nm

    Pragtige foto’s met digterlike woorde! 🙂

  8. November 19, 2007 8:34 nm

    Defnitief die mooiste afsluiting vir die natuur se groot winter rus.

  9. November 19, 2007 10:25 nm

    Ek’s bly julle hou van die inskrywing (en die herfs!). Skoor…baie mooi geskryf!

  10. November 20, 2007 4:53 vm

    Die ene (weer eens) roer my hartsnare…….

  11. November 20, 2007 3:12 nm

    Boertjie – jy laat verlang my na plekke wat ek nie ken nie!

  12. Roer permalink
    November 20, 2007 6:32 nm

    🙂

  13. November 21, 2007 6:34 nm

    Ek kan soms nie glo dat winter die seisoen na herfs is nie. Nie dat herfs vir my mooi is nie, maar daar is vir my ‘n voleinding van dinge aan herfs, ‘n slot. Fin. The End. Ek dink soms die nuwe jaar moes op die eerste dag van winter begin het, omdat daar die doodsheid is, en van daar af word dit lente. Ek hou nie van die winter nie, maar dit laat my altyd dink aan ‘n papie in ‘n kokon; daar is ‘n lewe daarbinne, en lente kom hy uit in al sy glorie. Die metamorfose van ‘n jaar…

  14. November 21, 2007 9:53 nm

    Ek hou ook van herfs. Ongelooflike mooi foto’s en woorde. Dankie

  15. November 22, 2007 11:46 nm

    Ek dink Coenie De Villiers sing in een van sy liedjies:
    die seisoen raak nou oud en waardig/wat mos was, word nou wyn” As ek reg onthou, is dit ‘n baie mooi song.
    Nico, ek stem saam met jou. As jy nou sien hoe kaal die bome staan en voel hoe die koue steek, kan mens nie glo dat daar net-nou-die-dag so ‘n mooi seisoen was nie.

  16. November 23, 2007 6:42 vm

    Hi Boer….ek pos vir jou hierdie….jy is so in die “herfs”…:)
    Vroegherfs
    Die jaar word ryp in gou akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lug
    wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word; elke blom word vrug,
    tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
    so stilweg in die rook-vaal bos en laan, dat die takke van die lang popliere al
    teen elke ligte môre witter staan.”
    (Louw, N.P. v W.)

  17. November 29, 2007 7:16 nm

    Jy onthou reg BiB, dis inderdaad ‘n baie mooi song; sy titel is bloot eenvoudig net “Vir Jou”. “Vir jou wil ek ‘n huis he, ‘n huis met ‘n leiklip vloer…”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: