Skip to content

Namsan

November 23, 2007

S7302369Op ‘n pragtige, helder (en S7302344ysige!) Sondagmiddag, het ek die eerste keer Namsan, suid van Gyeongju , aangedurf. Ek was gemotiveer deur my liefde vir stap, die belofte van skoon berglug, die geleentheid om ‘n paar nuwe voelspesies te speur en die historiese betekenis van die berg. Die feit dat ek ‘n paar kilojoules sou verbrand, was glad nie ‘n motivering nie, maar slegs ‘n op-die-koop-toe bonus.

Namsan is ‘n baie historiese berg, aangesien die Buddhiste tydens dieS7302403 Silla-dinastie en daarna, die berg as deel van Buddha se Heilige Land of Land van Oneindige Vrede beskou het. Daarom is die die berg letterlik besaai met eeu-oue Buddha-rotskerwings, rotsgraverings, Buddha-beelde uit graniet, pagodas en verskeie klein tempels. Vandag word die talle valleie in Namsan steeds gereeld deur getroue Buddhiste besoek.

S7302378Daar is tientalle verskillende paaie en roetes wat die berg deurkruis. Onwetend het ek die roete deur Samneung-gol Vallei gekies en sodoende ook ‘n pad met menige Buddha-afbeeldings en graverings. Die bekendste sekerlik die Buddha Relief van Samseung-gol. Maar om net op hierdie beeld te fokus, vertel nie dieS7302407 hele verhaal nie. Eintlik moeilik om die hele ervaring in blote woorde of statiese foto’s te reproduseer, maar daar was op die roete tientalle beelde, graverings, totemrotse en oral was die “kerskaste” waar Buddhiste kerse aansteek, wierook brand en hulle offers bring. Hierdie offers het gewissel van vrugte, ryskoekies, neute, soju (Koreaanse ryswyn) tot pakkies lekkers. S7302409Hier en daar het mense gebid, hul eer bewys en soms sag gedreunsang. Die feit dat baie van hierdie steen-Buddhas reeds kop verloor het, skeel die aanbidders blykbaar min! Die roete was ook gekenmerk deur “klippie-pagodas”, waar jy ‘n klippie plaas en dan vlugtig vir goeie geluk bid. S7302389 In die middel van die berg, was daar ook ‘n klein tempeltjie weggesteek – soveel so dat dit so, asof uit die niet, op die roete verskyn.

S7302355Afgesien van die religieuse betekenis van die berg, was die vergesigte (met hier en daar ‘n paar herfs-roeskolle tussen die immergroen denne) vir my pragtig. Mens kon die heuwels sien, so ver as die oog kan kyk, met die vaalbruin kolle op die S7302391 vlakte, waar die rysvelde nog ‘n paar maande terug groen gestaan het. En sommer net die natuur in sy geheel…die spinnekop wat ek oplettend gewaar het en veral die houtkapper, wat ek duidelik in die bos kon hoor kap en kon bekruip om met my verkyker te bespied.

S7302435

Dit was ‘n baie lekker Sondag en oor-en-oor die moeite (klim!) werd. Die paadjies is ook almal duidelik gemerk, hoewel ‘n effense Koreaanse taalvaardigheid nodig is om nie te verdwaal nie. Ek sal definitief meer kere in Namsan gaan stap, maar miskien as hierdie bibberende winter eers verby is…

Advertisements
19 Kommentaar leave one →
  1. November 24, 2007 1:05 vm

    Kan ek maar deur jou oe kyk as jy daar loop??

  2. November 24, 2007 3:53 vm

    Party van hierdie fotos laat my so bietjie aan Oos-Transvaal dink. Behalwe vir my liefde vir die Kaap, sou ek ook maklik daar in Graskop en Sabie se wêreld kon aard. En in Lydenburg, as die mis so deur die berge fladder.

  3. November 24, 2007 8:18 vm

    Sonkind…nou praat my MY taal! Ek het net buite Lydenburg grootgeword! Naby Pelgrimsrus!Ai! darem mooi wereld daardie…en Boer…jou foto’s en beskrywings is weer….soos altyd….besonders!!

  4. kaalvoetkind permalink
    November 24, 2007 8:23 nm

    Pragtige foto’s van die heuwels – veral die laaste een! So ‘n uitstappie in die natuur is darem maar voedsel vir ‘n mens se siel…

  5. November 24, 2007 9:15 nm

    Mooi bly darem maar mooi. Jy sal ‘n klip moet wees om nie deur sulke mooi natuurskoon geraak te word nie

  6. Roer permalink
    November 26, 2007 12:27 vm

    Chessalee, Pelgrimsrus se feetjiewoud. Awesome!

    Boer, ek is ook lief vir natuur uitstappies. Ongelukkig word die stappers so gereeld nou aangeval en beroof op Tafelberg, dis veiliger om in die verkeer te speel. Vertel ons asb weer as jy gaan stap. Ek het dit geniet.

  7. Nikita permalink
    November 26, 2007 8:36 vm

    Hi Boer…blog is nou in WordPress…uiteindelik…and Roer…ja! Ek ken daardie feetjiewoud! te mooi vir woorde! Stap mense ooit nog in die Drakensberge?

  8. November 26, 2007 8:43 vm

    Adres is dieselfde, in plaas van blogspot…is dit nou wordpress..:)

  9. November 26, 2007 5:32 nm

    Baie mooi, maar dis seker jou laaste uittoggie vir ‘n paar maande.
    Het jy nie vir ons ‘n resep vir Ping-Su nie, (as ek dit reg spel), by ons is dit nou warm en dit kan lekker wees!

  10. November 26, 2007 7:02 nm

    Dit was lekker om by jou te kuier, soos altyd. Dankie.

  11. November 26, 2007 11:06 nm

    hmmm dis mooi ja, weet nog steeds nie of dit mooier is as jessica simpson nie maar nou ja….
    hoor vandag op die nuus hulle reken die aarde se weerpatroon is in sy mooi oor aardverwarming, glo 5 keer meer natuurrampe en snaakse weerverskynsels vandag as 10 jaar gelede, dis seker hoekom ek met ‘n baadjie aan sit in die begin van desember en comment op jou posts!

  12. November 27, 2007 5:05 vm

    Jy is getag! Gaan loer op my blog. 😆

  13. November 27, 2007 3:24 nm

    Ai *sug* dis so mooi daar by jou *sug*!!

    Wat kos ‘n vliegtuigkaartjie Korea toe?

  14. November 27, 2007 6:20 nm

    Oeps, ek het jou ook “getag” _ nou is jy ge”double tag”!! Gaan kyk op my blog!!

  15. November 27, 2007 10:44 nm

    Jasper, ek is bly as ek die beelde en ervarings kan deel.
    Sonkind, jy’s reg – ek het nogals dieselfde gedink (al verskil is dat dit net blerrie koud is!)
    Roer, daar is baie ander mooi stapplekke in die Kaap wat veiliger is.
    Chessalee/Nikita/Skarlaken Pimpernel: Wat bedoel jy? Die Drakensberge is steeds DIE plek om te stap en baie gewild!
    Kop – jy’s reg. Die koue is effe demotiverend. Maar ek wag net tot dit sneeu, dan sal ek spesiaal gaan stap om foto’s te neem!
    Rene, ek kan jou actually antwoord: Op die oomblik is Qatar Airways die goedkoopste en ‘n retoerkaartjie sal jou sowat net onder R10 000 uit die sak jaag. Laat my net weet wanneer ek jou op die lughawe moet kry. 😉
    Dellie, Rene…ek gaan HARD probeer dink aan ‘n paar dinge wat mense nie weet nie, maar ek belowe niks!

  16. November 27, 2007 11:10 nm

    Ag nee wat Boertjie, dis kleingeld uit my gatsak daai! Ek sal net ‘n budget vir etes ook moet inwerk, want ek eet notteflok saam met jou rou kos nie!!! Ek sal jou laat weet wanneer ek arriveer…! :mrgreen:

  17. November 29, 2007 11:38 nm

    Dit lyk pragtig.

    Verlang jy darem ‘huis toe’?

  18. Desember 1, 2007 1:04 vm

    Ek verlang na die mense wat ek liefhet en die pragtige, unieke Suid-Afrikaanse natuurskoon. Dis al.

Trackbacks

  1. die berg wat die gespartel effe ligter maak « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: