Skip to content

Ek swig onder die groepsdruk

November 30, 2007

Aanvanklik het ek gedink ek sal dit ontwyk, maar as gevolg van volgehoue groepsdruk (ek het gedink ek is immuun daarteen), hier dan 8 dinge wat julle (moontlik) nie van my weet nie:

1) My Ma was 47 jaar oud toe ek gebore is.

2) Ek het op my eerste date gegaan toe ek 10 was.

3) Ek was eenkeer vlugtig getroud.

4) Ek het vir Nelson Mandela en Thabo Mbeki ontmoet.

5) My woorde is eenkeer in die New York Times aangehaal.

6) Ek het vir ‘n jaar in die Kruger Wildtuin gewoon.

7) Ek gaan slaap selde voor 02:00 in die oggend.

8) Ek is ‘n roker.

Daar het julle dit nou!

Advertisements
30 Kommentaar leave one →
  1. Desember 1, 2007 12:37 vm

    Groepsdruk is handig. Talk about laat-lammetjie! Jy moet asb blog oor jou ontmoeting met die Prezze. Wat jou aanhaling in die New York Times betref, uit met dit! Wat het jy gese^? Lekker naweek. 🙂

  2. Desember 1, 2007 5:54 vm

    eks beindruk!

  3. Desember 1, 2007 7:07 vm

    Dis nou kort en bondig gese! Sonder enige fieterjasies…:lol: Ja, ons wag vir die “aanhaling” !

  4. Desember 1, 2007 7:49 vm

    Ditto Roer en Nikita.
    Ek is nou nog meer nuuskierig as voordat jy “onthul” het. Waaroor was die aanhaling in NYT? Hoe het dit gebeur dat jy Mandele en Mebeki ontmoet het en wat was jou indrukke? Wat het jy in die Kruger Wildtuin gedoen? en so kan ek aangaan.

  5. Desember 1, 2007 4:47 nm

    Sien jy, dis toe nie so moeilik nie! 😆 Met wie was jou date, en wat het julle gedoen?

  6. kaalvoetkind permalink
    Desember 1, 2007 7:26 nm

    Wow Bib, jy’t vroeg begin date – dit moes ‘n oulike girl gewees het! Was sy blond of ‘n brunette?

  7. Desember 1, 2007 9:35 nm

    Toe ek ‘n “link” insit oor die Comrades..toe verdwyn my hele inskrywing! WordPress het my baie vies gehad vanoggend, dus, my inskrywing lyk bietjie anders na jy daar was met ‘n paar ander links…my ‘n hele uur geneem om dit oor te doen! 🙂

  8. Desember 2, 2007 12:05 vm

    Vertel vir ons van jou jaar in die Kruger Wildtuin, ‘seblief. En het jy nie ook sulke mooi fotos nie?

  9. Desember 2, 2007 6:53 nm

    Ja, ek is ‘n laatlammetjie, of soos ek verkies om dit eerder te stel: Ek was ‘n drie in beseringstyd!
    My eerste date: sy was blond (toe nog nie van beter geweet nie), met mooi grootbruin oe. Ons het Crimebusters gaan kyk van Terence Hill en Bud Spencer (onthou enigiemand hulle?). Dit was op ‘n Saterdagmiddag en die fliek het 75c per persoon gekos.
    Die ontmoeting met die presidente (Mbeki was toe nog adjunk) was so lank terug, ek kan nie eers meer mooi onthou nie. Al wat ek kan se is dat Madiba definitief ‘n charismatiese presence het en Mbeki nie.
    Om die vrae oor die New York Times en die Kruger Wildtuin op te klaar, lees hier:

    http://www.nytimes.com/2005/06/22/dining/22game.html?pagewanted=1&ei=5090&en=a9024cefa63722b8&ex=1277092800&partner=rssuserland&emc=rss

  10. Bertus! permalink
    Desember 2, 2007 8:26 nm

    Is jy ‘n aktiewe of ‘n latente roker?

  11. Desember 2, 2007 10:35 nm

    Nee…redelik aktief.

  12. Desember 2, 2007 10:42 nm

    jou slaapgewoontes laat my beter oor myself voel.

  13. Desember 3, 2007 2:45 vm

    Hoekom het ek nie geweet jy rook nie?

  14. Desember 3, 2007 2:57 nm

    damn volgende gaan ek seker hoor jy het saam jessica simpson aandete gehad of iets ;-0

  15. Desember 3, 2007 3:05 nm

    Dankie Boer, nou ken ons jou ook beter. Lyk my jy is sommer al met wysheid gebore, soort van ‘n ou baba! Ek wil ook graag weet wat was daardie aanhaling in die New York Times. Ek het nog nie vir Mbeki in lewende lywe gesien nie, maar ek stem met jou saam oor Madiba. Ek het ‘n paar treë van hom af verby geloop en vir hom gewaai. Hy het teruggewaai.

  16. Desember 3, 2007 5:37 nm

    Uhhmmm, ek het nooit gevra nie!!! 😳

  17. Desember 3, 2007 6:39 nm

    I r impressed… 😛

  18. Desember 3, 2007 9:51 nm

    Hi! drop jou net gou ‘n lyn om te se ek speel nie die week skaak nie! moet my kop laag hou! ek het ‘n “vakansie” geboek tot Vrydag…mag dalk EEN keer inloer en sien wat jy in die stilligheid op die borde maak! 😆

  19. Desember 3, 2007 10:00 nm

    Wimps, JS is nie my eerste keuse nie. Persoonlik sal ek met JZ aandete wil nuttig om hom beter te leer ken.
    Kop, kan jy nie die skakel lees wat ek geplaas het nie?
    Nikita, geniet dit!

  20. Desember 3, 2007 11:13 nm

    Hehe, ook maar braggerig né?? 😉

  21. Desember 4, 2007 2:41 vm

    8 dinge wat saak maak……
    Is jy reg om foto’s in Aterau te neem!

    Die vraag is…..
    Wat rook ‘n man in Korea!?

  22. kaalvoetkind permalink
    Desember 4, 2007 5:31 nm

    Ek weet ek het van Terence Hill en Bud Spencer se movies gesien, maar ek kan nie onthou watter almal nie! Ek onthou wel dat Terence Hill stunning mooi, blou oë het!

  23. Desember 4, 2007 7:19 nm

    Dankie hiervoor, en jammer as ek jou onder die druk van die massa laat swig het maar dis defnitief die moeite werd!

    Jis ek sal eendag lekker met jou wil gesels.

  24. Desember 5, 2007 5:22 nm

    “Vlugtig” getroud?
    Die res is baie nice, sou nie omgee om hulle op my lysie te kon sit nie!

  25. Desember 5, 2007 11:28 nm

    Jasper, ek’s reg vir Aterau – se net wanneer!
    Ek was ‘n groot Bud Spencer/Terence Hill aanhanger. Ek dink nie daar is een van hulle flieks wat ek nie gesien het nie! Ai….waar’s my prille jeug dan heen?

  26. Desember 5, 2007 11:41 nm

    Hahaha Boertjie, asof jy oud is…! :mrgreen:

  27. Mei 14, 2012 7:17 vm

    Nou ken ek jou so bietjie beter… 🙂

  28. September 18, 2012 9:57 nm

    Verstaan nou beter hoekom ek gemaklik is tussen jou woorde 🙂

Trackbacks

  1. Meer oor myself « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: