Slaan oor na inhoud

Gyeongju Toring

Desember 3, 2007

S7301612‘n Hele rukkie terug het ek Gyeongju Culture Expo Park besoek. Dit is naby Bomun-meer en gedenk nie net Koreaanse kultuur nie, maar stel ook Koreane bloot aan ander wereldkulture. Daar is onder andere optredes deur Russiese ysskaatsers, asook volksmusiekgroepe uit ander Asiese lande wat periodiek optree. Aanvanklik wou ek skryf oor die wonderlike S7301768 Brasiliaanse braaivleis wat ek ge-eet het, asook ander aspekte van die Expo, maar ek wil egter fokus op die indrukwekkende Gyeonju Toring. Wel…dis eintlik meer ‘n gebou, maar hulle noem dit “toring”.

S7301511S7301787

Die gebou is maar net so onder die 100m hoog, maar dis nie waar die aantrekkingskrag van die gebou le nie. Dis die groot pagoda-vormige gat in die middel van die gebou, wat dit regtig uniek en modern-esteties maak. Ek weet nie of mens dit altyd as “mooi” sal beskryf nie, maar S7301754 indrukwekkend is dit beslis! Die ander aspek wat die gebou die moeite werd maak, is die pragtige uitsig op Gyeongju en omliggende gebiede vanaf die boonste vloer. S7301757 Van bo-af kan die Bomun-area baie mooi gesien word, asook die geelryp rysvelde, Shilla Millenium Park* en die pragtige tuine van die Expo Park . Maar wat my die meeste bybly is die gesig van die Dame van Silla, wat so pragtig geplavei is op die grond onder die gebou. Hierdie is die simbool van die Silla -geskiedenis. Tydens opgrawings is ‘n eeu-oue dakteel van ‘n Silla-woning gevind. Die teel het ‘n glimlaggende vrouegesig uitgebeeld, maar was plek-plek reeds gebreek.

S7301934

S7301788(Die uwe het natuurlik met twee gelukbringers ook geflankeer, maar dit het nou nie veel met die res van die storie te doen nie!)

 

*https://boerinballingskap.wordpress.com/2007/10/26/shilla-millenium-park/

12 Kommentaar leave one →
  1. Desember 4, 2007 2:22 vm

    Lyk my Brasiliaanse restaurante is ons voorland in die Ooste. Hier het pas een, Wildfire, in Delhi oopgemaak en ek dink die Suid-Afrikaners is die mees gereelde gaste!

  2. Desember 4, 2007 2:48 vm

    Toe ek klein was het ek “Marble aAch” so voorgestel….

    Maar jy gaan meer oor “Silla” moet uitbrei….

  3. Desember 4, 2007 3:03 vm

    “Marble Arch” meen ek.

  4. Desember 4, 2007 2:31 nm

    Wat ‘n pragtige gebou, maar vir my sal jy nie daar met ‘n bom kry nie, mooi om na te kyk!!

  5. Desember 4, 2007 6:11 nm

    ‘n Pragtige toringgebou.

    Mmmm… so die flankeerdery (of noem mens dit ‘n flankade?) is ‘n ander storie op sy eie, nê?

  6. kaalvoetkind permalink
    Desember 4, 2007 8:20 nm

    Wie ook al die toring ontwerp het, het voorwaar ‘n goeie “job” gedoen!!

  7. Desember 4, 2007 8:36 nm

    Die arme ingenieur wat daai moes laat werk. Maar beslis die moeite werd!

  8. Desember 4, 2007 11:40 nm

    Hi Boer
    Ek geniet dit altyd as jy ons vertel van die dinge wat jy in Korea doen, maar ook die kultuur met ons deel. Jy neem “stunning” fotos.

  9. Desember 5, 2007 3:16 nm

    Sexy gelukbringers Boertjie!! 😉

  10. Desember 5, 2007 4:20 nm

    Hi! Pragtige foto’s, indrukwekkend, ek hou van daardie “toring”! en hoe was die braaivleis?

  11. Desember 5, 2007 10:11 nm

    Is beslis uniek!

  12. Desember 5, 2007 11:34 nm

    Jasper, ek het in baie van my vorige inskrywings oor Silla geskryf – dit was ‘n koninkryk in Korea wat bestaan het tussen 57vC tot 935nC.
    Vygie, Kaalvoet, Son: ek dink die argitekte wat dit ontwerp het, het baie goed gedoen. Ek dink nog altyd dat ‘n argitek een van die skeppendste beroepe moontlik doen.
    Dankie, Attie en Nikita. Die braaivleis was BAIE lekker en dit was skaapvleis (wat jy nie gewoonlik in Korea kry nie). Willem, hier is nog nie regtig Brasiliaanse restaurante nie, behalwe in Seoul.
    Rene, Kop, ek weet nie eens wat hulle geslag of ouderdom was nie!
    Sharks, is jy bang vir hoe geboue?

Lewer kommentaar op kaalvoetkind Kanselleer antwoord