Skip to content

Graftombes en eggo’s van gister (I)

Desember 11, 2007

S7302500Soos ek reeds in vorige inskrywings genoem het, is Gyeongju en omliggende gebiede besaai met die groot grasgrafte wat die indruk skep dat een reuse mol dalk hier woon. Hierdie grafte (wat in konsep dieselfde is as die Egiptiese piramides) was die gebruiklike manier waarop die Silla -dinastie (57vC – 935nC) konings en ander adelikes ter ruste gele het. As jy in agneem dat daar tydens die Silla-bewind ‘n totaal van 54 konings en 3 koninginne was, is dit dus glad nie vreemd dat Gyeongju (Silla se eeue-oue hoofstad) ‘n virtuele begraafplaas is nie.

S7301911S7301912

Hierdie grafte is gewoonlik gebou rondom ‘n grafkamer van hout (of soms steen), waar die ontslapene neergele is, in volle amptelike drag, saam met sy swaard, kroon en ander kosbare persoonlike besittings. Die grafkamer is dan toegepak met groot stene en die boonste laag van die graf was van grond. (Hierdie foto’s is geneem binne die enigste graf wat, na uitgrawings, vir die publiek oopgestel is)

Die bekendste graf van ‘n nie-koninklike, is die van Genl. Kim Yu Sin (595526040649 262a9a6d37 m – 673). Kim was by verre Silla se gewildste en beroemdste generaal en vandag word hy beskou as een van die beste militere leiers wat Korea ooit opgelewer het. Sy swaardvaardighede en sy dapperheid in militere veldtogte teen opponerende Koreaanse koninkryke is legendaries. S7302473Hy was op 15 reeds deel van die Hwarang (Silla se elite gevegskorps), op 18 bevelvoerder van die Hwarang en op die ouderdom van 34 was hy opperbevelvoerder van Silla se militere magte. Hy word veral onthou vir die leidende rol wat hy gespeel het in die vereniging van die 3 Koreaanse koninkryke onder Silla-beheer. Direk na die verowering van die koninkryke van Baekje (18vC – 660nC) en Gorguryeo (37vC – 668nC), het hy verdere roem verwerf vir die nederlae wat hy Chinese magte toegedien het, wat Korea wou beset (670-674). Later is hy as Sangdaedung (Eerste Minister) aangestel en het hy ‘n leidende diplomatieke rol gespeel om goeie verhoudinge met Japan en China op te bou. In 835 is hy postuum tot ‘n koning verklaar, met die titel Heungmu Daewang (“Great King of the Military”).

S7302496

S7302459Kim le begrawe aan die voet van Berg Sanghwa en Koreane S7302460besoek nog gereeld sy graf. Soos die graf van Koning Wonsoeng*, is die onderbou van Kim se graf van graniet, met die 12 diere van die Oosterse zodiak wat daarop uitgebeeld word. Hierdie granietwerk het verbasend goed behoue gebly en die ram en perd is nog baie duidelik herkenbaar.

* boerinballingskap.wordpress.com/2007/11/05/waar-n-koning-ewig-rus/

17 Kommentaar leave one →
  1. Desember 12, 2007 3:15 vm

    Net so mooi en interessant as al die voriges. Ek ken persoonlik 2 menere Kim!

  2. Desember 12, 2007 1:52 nm

    BIB … ek kan nie kommetaar lewer, want ek ken daardie gedeelte van die aarde nie .. maar jy bring dit so interressant na vore, en jou skrywe(s) lees ook so gemaklik, ek geniet dit baie. Ons bloggers het jou so paar weke gelede (probeer) ‘gedruk’ om te besluit of jy nie ‘n Afrikaanse boek wil uit gee oor al jou doen en late daar, asook gesiens-waardighede. Ek glo dit sal baie baie geniet word, finaal vir die toekomstige reisiger na Korea.

    Maar wees verseker ek koop daardie boek eerste … en vind jou inskrywings geweldig interressant.

  3. Desember 12, 2007 4:20 nm

    Ek beaam wat Eben se! En ek het ‘n vroulike familie-lid met die naam Kim!­čść Ons wag vir daardie boek, jy kan maar ‘n paar boeke skryf, so in volumes en hulle hoef nie so dik te wees nie, wat van so ‘n stel soos Wereldspektrum….29 Volumes plus die Indeks! 8)

  4. Desember 12, 2007 6:20 nm

    Ek hou van die “gras”grafte. Dit maak (vir my altans)meer sin as marmer of klip.

  5. Desember 12, 2007 8:39 nm

    n Gese├źnde Kersfees, en ÔÇśn mooi 2008 vir jou!

    Blogging off.

  6. Desember 12, 2007 8:44 nm

    Dit Is baie interesant! Dankie BIB!!

  7. Desember 13, 2007 10:17 nm

    Omtrent ‘n derde van Koreane se van is Kim, so die kans dat die Koreaan wat JY gaan leer ken, ‘n Kim is, is redelik goed!
    Dankie vir julle opbouende kommentaar. Maar….29 volumes…eish!

  8. Kaalvoetkind permalink
    Desember 13, 2007 11:28 nm

    Wat van 29 hoofstukke? Dan kan die boek dalk al volgende jaar op my “Christmas Wish List” wees!

  9. Desember 15, 2007 12:34 vm

    Ek stem saam met Eben, maar in die tussentyd, baie dankie! Jy verbreed my algemene en historiese kennis geweldig. Jy maak daardie deel van die wêreld vir ons almal toeganklik.

  10. Desember 15, 2007 3:57 vm

    Dit is 29 hoofstukke sonder die voorwoord!!
    baie interresant BiB.
    Ek het nog nie so ver deur jou argiewe gegaan nie, miskien het jy al hieroor geskryf… (Meer onlangse geskiedenis) Maar was daar nie ook een van die Koreaanse Generale wat so bekend (en ge-eerd) was gedurende die oorlog in die 50’s nie?

  11. Desember 15, 2007 5:37 vm

    Baie interesant! Sjoe maar ek het baie om hier in te haal. Soos Dellie s├¬ jy kan met hierdie soort inskrywings net ‘n mens se kennis verbreed.

  12. Desember 15, 2007 6:08 nm

    Jasper, ek is nie bewus van ‘n spesifieke generaal wat uitsonderlike roem in die Koreaanse oorlog verwerf het nie. Die bekendste Koreaanse generaal tydens hierdie oorlog, was Paik Sun Yup. Hy word egter nie as legendaries beskou nie.

    ‘n Ander, baie ge-eerde militere leier in Korea, is Admiraal Yi Sun Sin (1545-1598) wat verskeie kere die Japanese vloot verslaan het. Ek sal miskien op ‘n stadium sy storie vertel.

  13. Desember 20, 2007 9:38 nm

    Jitte, maar jy toer altyd so lekker rond… Watse werk doen jy???

  14. Desember 21, 2007 9:48 nm

    Ek toer eintlik NIE baie rond nie, maar woon slegs in Korea. Ek verken egter Korea behoorlik.

Trackbacks

  1. Koningin Seondeok van Silla « Boer in Ballingskap
  2. Om Baekje te beleef « Boer in Ballingskap
  3. Tussen Ryslande, Berge en ‘n Bevrore Rivier « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: