Skip to content

Kersfees in Korea

Desember 25, 2007

S7302636So wat is Kersfees in Korea (en vir alle praktiese doeleindes in meeste dele van die wereld)? Kersbome, geskenke, kaartjies, alomteenwoordige rooi-grysbaard-boeppens Kersvaders, sinlose Jingle Bells-wysies, partytjies en Mariah Carey se All I want for Christmas wat tot vervelens toe in die winkel weerklink. En dan tref al hierdie absurditeit my weer soos koue yswater in die gesig…

Die hele wereld vier die verjaarsdag van ‘n man wat ongeveer 2000 jaarS7302634 gelede geleef het en op die jeugdige ouderdom van 33 jaar wreed gesterf het. Maar meeste van die wat dit vier, glo nie S7302536in hierdie man of sy boodskap nie…om die waarheid te se vele mense weet nie eers dis sy verjaarsdag nie, maar hulle vier dit nogtans. En om alles te kroon is die dag waarop sy verjaarsdag gevier word nie eers werklik die korrekte datum waarop hy gebore is nie. En ek dink mense is vreemd…Hoekom sal ek ‘n kontroversiele persoon (wat aanspraak daarop gemaak het dat hy as’t ware God is) se verjaarsdag vier of juis sy verjaarsdag as verskoning gebruik om fees te vier?

S7302659

Maar miskien wys dit juis genade: Hy het die wereld die grootste fees gegee dat almal dit kan vier en dat dit vir almal ‘n tyd van fees is om na uit te sien, al glo hulle nie eers nie, al kan baie nie ‘n flenter omgee nie, al weet hulle nie eers nie. Maar steeds gedenk hulle Sy geboorte getrou…elke jaar op hierdie dag.

Advertisements
9 Kommentaar leave one →
  1. Desember 25, 2007 2:14 vm

    Hy leef in jou en my en almal BiB
    Dit is juis waar die genade lê
    Al glo niemand in hom nie en al weet menigte nie waaroor dit gaan nie….
    Hulle leef in hom onbewustelik deur hierdie tyd.

    groot kersfees groete vir jou en almal wat jy in jou hart naby hou.

  2. Desember 25, 2007 4:01 vm

    Geseende Kersfees BiB!

  3. Desember 25, 2007 8:22 vm

    Dis inderdaad nogal ironies.

  4. Desember 25, 2007 9:22 vm

    Geseende Kersfees vir jou en hoop jou dag is mooi!

  5. Desember 25, 2007 10:02 vm

    Geseënde Kersfees

  6. Desember 25, 2007 1:24 nm

    Boer: Niemand kan dit ontken nie – Kersfees gaan oor die geboorte van Jesus Christus – die Seun van die lewende God wat in ons stukkende wêreld ingebreek het. Mag geseënde kersfees hierdie jaar beteken dat Hy aanhou om deur kinders van die Here in ‘n stukkende wêreld in te breek. Mag Hy genesing en herstel bring deur ons wat in Hom glo. Geseënde kersfees vir jou daar in Korea.

  7. Desember 26, 2007 7:11 nm

    BiB, Geseende Kersfees en alles wat goed is vir die nuwe jaar 😉

  8. VanDonk permalink
    April 27, 2008 6:21 nm

    More uit winterige SA
    Na aanleiding van hierdie inskrywing van jou, Bib, die volgende.
    Beste
    VanDonk

    “Do you ever pray?” he asked her in a low voice.
    “No.”
    “I never do; I might when I look up there. I will tell you,”
    he added, in a still lower voice, “where I could pray. If there were a wall of rock on the edge of a world, and one rock stretched out far, far into space, and I stood alone upon it, alone, with stars above me, and stars below me – I would not say anything; but the feeling would be prayer.”
    Uit: Story of an African Farm; Olive Shcreiner, AD. Donker (Pty) Ltd.,1975, p204.

  9. April 28, 2008 11:17 nm

    Baie mooi aanhaling – dankie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: