Skip to content

Elegante dame uit Bordeaux

Desember 27, 2007

Medoc in die Bordeaux-wynstreek, op die linkerbank van die bekende Gironde-riviermond, kan S7302276met reg aanspraak maak op die status as hart van Frankryk se kwaliteit-wynproduksie. Van die appelations soos St Estephe, Pauillac, St Julien en Margaux is wereldbekend. Dis dan ook na hierdie streek wat gegoede wyn-fundi’s kyk om beleggings in wyn te maak, aangesien die oorgrote meerderheid van Bordeaux se Crus (“Growths”) hier aangetref word. Die meerderheid versnitwyne van Medoc is gebou op die betroubare fondament van Cabernet Sauvignon, met die ander vier van die “Bordeaux Groot Vyf” (Cabernet Sauvignon, Merlot, Malbec, Petit Verdot en Cabernet Franc)* wat slegs ondersteunende rolle vertolk. Op die regterbank van die Gironde (Pomerol, St.Emilion ens.) is dit Merlot wat die versnitte domineer, met die legendariese (en onbekostigbare) Chateau Petrus wat 100% Merlot is.

Meeste van jou sogenaamde Crus is egter rykmanswyne en hulle astronomiese pryse plaas hulle buite bereik van die gemiddelde boer in ballingskap. Daarom het ek ‘n generiese (bekostigbare) Medoc aangetree en die kurk met verwagting getrek. Dis die Noble Medoc (Grand Vin de Bordeaux) 2005 van die negociant, Ginestet .

Die kleur was foutloos donkerrooi, met karmosyn-rante wat teen die glas blom. Op die neus was daar ‘n mengelmoes van komplekse geure, waaronder granaat, vars tabak en swartbessie-ekstrak. In die mond, het die wyn tot sy volle reg gekom. Tanniene is aanwesig, maar dis sagte tanniene van gebruikte vate en nie daardie banale nuwe hout-tanniene, wat mens so maklik teen die bors stuit nie. Die bietjie ekstra natuurlike suur (kenmerkend van Europese wyne) bied aan die wyn ‘n elegansie wat selde in Nuwe Wereld lande (Suid-Afrika, Chili, Australie ens.) nagedoen kan word. Die nasmaak is blywend en laat nuanses van kaneel en donker framboos op die tong agter. Alles is in balans en die alkoholvlak is ‘n aanvaarbare 12.5%. Die elegansie, darem! Weens die afwesigheid van oorryp vrugte-ekstrak, beter suur, laer alkohol, asook die afwesigheid van nuwe hout, is hierdie wyn soos ‘n elegante, gebalanseerde dame wat jou subtiel en innuendo-gedrewe naderwink.

* As jy ‘n sublieme Suid-Afrikaanse versnit van die “Groot Vyf” wil probeer, kry De Toren Fusion V in die hande – dis hemels! (Ek hoop Albie Koch lees hier!)

Advertisements
10 Kommentaar leave one →
  1. Desember 28, 2007 2:10 nm

    Interessante inskrywing. Ek wens net die slim mense wil nou tegnologie uitvind waar jy ‘n sensor aan jou rekenaar gekoppel kan hê om die geure en smake op te neem en ons weer met ‘n sintetiseerder aan ons kant.

    Ek het gou gekyk op die webwerf van ‘n sg. groothandelaar waar ons almal binne 5 minute ‘n kaart kan kry om te koop. Hulle bied De Toren Fusion V aan teen R239 per bottel. Dis hopeloos te duur vir ‘n boer wat nie in ballingskap is nie! Miskien moet ek ‘n proe-vereniging begin: Die Heere V, dan kan ons darem elkeen 150ml proe teen R47.80.

  2. Roer permalink
    Desember 28, 2007 6:57 nm

    Ek is nie ‘n wynkenner nie, maar wil vir jou ‘n fantastiese 2008 toewens. Ek hoop jy gaan nog lank blog en het nie planne om op te hou nie, want jou blog is by verre een van my gunsteling. Gaan jou goed Boertjie.

  3. Desember 28, 2007 8:48 nm

    Klink vir my jy ken jou wyne! ‘n Lekker wyn is darem lekker as ‘n mens dit kan geniet! Geniet dit!

  4. Desember 29, 2007 12:37 vm

    Kop, daai handelaar maak te veel wins! Laat my weet as jy dit regtig wil proe, dan reel ek dalk ietsie as ek weer in SA is…
    Roer, baie dankie! Hoop 2008 is vir jou ‘n groot jaar!
    Nikita…ja…skaak en wyn…

  5. Desember 29, 2007 6:59 vm

    Bib…skaak en ‘n rooie…:)

  6. Desember 29, 2007 7:28 vm

    Dankie Boer, dit sal lekker wees, wanneer kom jy?

  7. Desember 30, 2007 9:45 nm

    Gelukkige Nuwe Jaar vir jou en geniet jou week wat jy weg gaan wees!

  8. Desember 31, 2007 8:47 nm

    Kop, ek sal jou laat weet en dalk kan ons plan sien!
    Dankie, Nikita!

  9. Albie Koch permalink
    Januarie 29, 2008 12:35 vm

    Hallo Boer ,ek het die gelees en wil net dankie sê dat julle die De Toren Fusion V so hoog aanskryf.Dit het 10 jaar gevat en elke dag geniet ek nog om wyn te maak sodat elke persoon wat die wyn drink genot kan kry uit dit.Groete Albie

  10. Januarie 29, 2008 11:52 nm

    Albie, dankie vir die besoek en kommentaar. Hou asb. net aan met wat jy doen, want dis lekker! Ek kom tel definitief ‘n bottel op wanneer ek weer in SA is!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: