Skip to content

Die Jaar van Verkiesings

Desember 31, 2007

Ek sal 2007 as Die Jaar van Verkiesings onthou (behalwe nou natuurlik vir die Rugby Wereldbeker). En veral ‘n jaar waarin daar baie belangrike en rigtinggewende verkiesings was regoor die wereld.

1912503897[1]Een van die verkiesings wat die meeste belangstelling ontlok het, was die Franse Presidentsverkiesing, waarin Nicholas Sarkozy die aantreklike Segolene Royal 3564599448[1] verslaan het. Hierdie was ook vir my die mooiste van die verkiesings weens Royal se teenwoordigheid. Sedertdien het Sarkozy homself as ‘n baie aktiewe en dinamiese President gevestig met energie waarmee selfs die media nie kan tred hou nie. Hy het die stug, stoistiese tradisie van Chirac vervang met ‘n baie moderner en mensliker beeld van die Franse Presidentskap. Hy het ook reeds deur sy aksies dit duidelik gemaak dat hy Frankryk meer aktief betrokke wil he in die internasionale gemeenskap.

1973965193In Brittanje het die Skot, Gordon Brown, vir Tony Blair vervang as Eerste Minister, nadat die Arbeidersparty Brown as nuwe leier verkies het. In teenstelling met Sarkozy se jonger/moderner beeld is Brown ‘n oenskynlike teruggrype na die pre-Blair era. Brown se lippe is bietjie stywer en hy’s nie die media-man wat Blair was nie. Hy skep die indruk dat hy ernstiger is oor sake en nie veel tyd het vir grappies nie. Sy eerste krisis (nl mislukte terroriste-aanvalle) het sy regering getref pas na sy verkiesing, maar hy het die vuurdoop geslaag en sodoende skynbaar vertroue by die Britse burgers ingeboesem. Ek dink egter die Britte besluit nog of hulle regtig van hom hou of nie.

In Rusland het Vladimir Putin se United Russia party wetgewende337946660 verkiesings met ‘n weghol-oorwinning gewen. Putin het Dmitry Medvedev as sy handgekose opvolger gekies, maar terselfdertyd aangedui dat hy sal aanbly in die pos van Eerste Minister. Hoewel Putin baie gewild is in Rusland, is daar groeperinge wat hom van diktatorskap beskuldig en glo dat die verkiesings nie vry en regverdig geskied het nie. Die prominentste van hierdie opponente is voormalige skaakkampioen, Gary Kasparov. Laasgenoemde en baie ander Russe is erg bekommerd oor Putin se vasklou aan die mag en is bevrees dat die regering al hoe meer totaliter optree.

3441033647In Venzuela het die uitgesproke neo-sosialis, Hugo Chavez, ‘n naelskraapse referendum verloor. Chavez het gepoog om deur die referendum grootskaalse grondwetlike aanpassings te doen, wat hom oa lewenslange President van Venezuela sou maak. Daar was ‘n slaak van verligting toe hy op demokratiese wyse van sulke optrede verhoed is. Hy het die uitslag aanvaar, maar aangedui dat hy weer sal probeer.

In Argentinie het die voormalige president (Nestor Kershner) se vrou, 353553188Cristina Kreshner , die verkiesing gewen en sodoende die mag by haar man oorgeneem (a-la Hillary Clinton). Daar word nie verwag dat haar beleidsrigtings dramaties sal verskil van haar man s’n nie. Hierdie verkiesing was vir my ook mooi, maar net nie heeltemal so mooi soos die Franse verkiesing nie.

401323942In Australie het die Arbeidersparty die verkiesing gewen en hulle leier, Kevin Rudd het (vir baie genadiglik!) John Howard as Eerste Minister vervang. Dit het duidelik geblyk dat die Aussies na tien jaar genoeg van John Howard gehad het. Rudd het nie veel tyd gemors om sy stempel af te druk nie en het spoedig een van sy verkiesingsbeloftes nagekom deur die Kyoto Protokol onderteken. Sodoende het hy dadelik gewys dat sy prioriteite moontlik wesenlik sal verskil van sy voorganger s’n.

Baie onlangs het die Koreane die voormalige Hyundai -grootbaas en 1619516305 Burgemeester van Seoul, Lee Myung Bak , as nuwe President verkies. Die aanloop tot die verkiesing was redelik stormagtig (soos vuisgevegte in die Parlement) en Lee word tans ondersoek vir korrupsie-aanklagte (a-la Zuma). Die ondersoek gaan voort en moet in Februarie afgehandel wees, voor Lee as President oorneem. Lee beplan om betrekkinge met die VSA te versterk en om minder toegeeflik teenoor Noord-Korea te wees as sy voorganger.

4010793150Laastens, maar nie die minste nie: In Suid-Afrika, het die ANC vir Jacob Zuma as nuwe leier verkies bo Thabo Mbeki. Dit maak die pad vir Zuma oop om Mbeki as President op te volg. Maar soos met Lee, is daar steeds korrupsie-aanklagte wat oor sy kop hang. Daar le inderdaad ‘n interessante 2 jaar voor met Mbeki as President en Zuma as ANC President. Terloops, hierdie verkiesing was seker die lelikste van die jaar.

Groetnis en tonne voorspoed vir 2008!

BiB

NS: In 2008 le die groot Amerikaanse verkiesing natuurlik voor. En almal wonder of die eerste vrou of eerste Afro-Amerikaan dalk die Withuis gaan haal…of dalk nog Chuck Norris se kandidaat, Mike Huckabee?

22 Kommentaar leave one →
  1. Desember 31, 2007 7:27 nm

    Ek wens partykeer hulle wil hier by ons ook oorgaan tot vuisgevegte!

  2. Januarie 2, 2008 1:29 vm

    Baie interessant! BiB, ‘n voorspoedige 2008 vir jou! Ek wou jou nog anderdag vra – jou pa was nie dalk ‘n dominee nie?

  3. Januarie 2, 2008 10:02 vm

    Oulike inskrywing! Ek persoonlik het meer van die flambojante Tony gehou, Gordon B is bietjie “stil”…stille waters diepe grond…jy ken daardie een…maar elke leier het sy manier van dinge doen, ek dink Gordon voel-voel nog bietjie ook…ek mag dalk verkeerd wees. ‘n Baie Voorspoedige 2008!

  4. Januarie 2, 2008 4:47 nm

    Hallo Boertjie – ek is terug van my holiday by die see! Wou net gou inloer om hallo te sê – en jou ook ‘n voorspoedige nuwe jaar toe te wens! Mag die voorspoed jou elke dag oorweldig en hier teen dag 152 ernstig begin verveel!!🙂

  5. Januarie 3, 2008 2:47 vm

    Koos Kombuis het laas week ‘n baie goeie (en snaakse) artikel geskryf oor name en hoe dit soms lyk of jou toekoms vir jou vooruit bepaal is deur die naam wat jou ouers vir jou gekies het. (Ek het die link op die internet vir jou gesoek, maar kan dit ongelukkig nie kry nie). Inelkgeval, om ‘n lang storie kort te maak verwys hy daarin na Ingrid Jonker se gedig ‘Zuma, die donker man’. (Laurika Rauch sing ‘Toe maar die donker man’). Ek voel soos Koos oor diE een. Ek weet nie of ek moet huil of lag nie. Laastens vertel hy dat in Zulu beteken Zuma se naam ‘verrassing’. Dit is dalk inderdaad wat op ons wag. Kom ons hoop dat dit ‘n goeie en nie slegte verrassing sal wees.

  6. Januarie 4, 2008 6:17 nm

    Boer

    Ek dink natuurlik dit was die “mooiste” Derde wereldse-verkiesing

  7. Januarie 4, 2008 10:01 nm

    Boer interessante manier waarop jy die dinge opsom. Ons hier in Suid Afrika is in vir ‘n baie opwindende politieke jaar. Voorspoed vir jou daar in die vreemde. ‘n Jong onderwyseressie hier by ons het Desember daar na jou wereld toe getrek om onderwys te gee. Voorspoed vir 2008.

  8. VanDonk permalink
    Januarie 6, 2008 1:51 vm

    Nou ja, vir 3 weke was dit vakansie: son, wind, see, sand en ‘n paar Karroo sternagte. Heerlik gewees. Net die beste en mooiste vir hierdie land en sy mense, en vir jou doer in Korea. Hoop dat die koue nie te erg gaan word nie!
    Groete
    VanDonk

  9. Januarie 6, 2008 10:20 vm

    Soos gewoonlik is jou politieke inskrywings (soos baie ander) insiggewend en lekker om te lees. Dankie vir hierdie opsomming. Daai Gordon Brown ou het nogal ‘n stywe bolip. Dalk is daai foto geneem net na ons die wêreldbeker gewen het. Hmm…….

  10. Januarie 6, 2008 10:23 vm

    (met “baie ander” bedoel ek eintlik “baie ander van jou inskrywings”. sorrie, ek peuter met tydskrif, maar my oë val oor hulle voete.)

  11. rightsaidreverend permalink
    Januarie 7, 2008 2:07 nm

    Pakistan se verkiesing is nou nie in 2007 nie. Maar 2007 sal natuurlik onthou word as die jaar wat ‘n hengse impak gemaak het op hulle uitgestelde verkiesing. Nou lees ek dat Musharrag meen dat haar dood haar eie skuld is. Haai en die arme vrou kan nie eers repliek op die stelling lewer nie.

  12. Januarie 7, 2008 5:15 nm

    Baie baie voorspoed vir die nuwejaar, en dankie vir die kuiertjies daar op my werf! Groetnis en alles wat mooi is!

  13. rightsaidreverend permalink
    Januarie 7, 2008 7:07 nm

    Die haar is natuurlik Bhutto wat onlangs oorlede is en die Musharrag is eintlik Musharraf.

  14. Januarie 7, 2008 8:43 nm

    |gordon Brown se vuurdoop het nog nie opgehou nie. Publieke meningspeilings plaas hom agter David Cameron van die konserwatiewe party. Sy besluitloosheid om ‘n verkiesing in 2007 van stapel te stuur het sy aansien by die publiek nie goed gedoen nie en die onlangse skandaal oor onverklaarde borge voed die vlammetjies nog verder.

    David Cameron is in ‘n mate soos Sarkozy (a la Blair) baie bevoegd met die media en bowenals ook baie sjarmant. Dit sal insiggewend wees om te sien og Brown met sy safaripak en vleiskuif houding die ondersteuning van die publiek sal kan behou….

    Voorspoedig nuwe jaar BiB en alles wat mooi is vir 2008

  15. Januarie 9, 2008 3:50 vm

    Ek kan nie wag vir jou volgende possie nie…

  16. rondloper permalink
    Januarie 9, 2008 10:24 vm

    Die politiek is maar nooit mooi nie. Sarkozy het allerhande dinge beloof en nou is hy baie ongewild, want sy model-girlfriend is skielik belangriker as die land. Brown is nie baie suksesvol nie, shame, hy’t nou al die krisisse met die verlies van privaatheid om mee te deal, die taks-diens wat byvoorbeeld miljoene mense se private besonderhede verloor het. Haai, en dis nie eens in Afrika nie! Lee, ja, soos Zuma, is ‘n korrupte bliksem, maar die mense is lief vir hom. Hulle albei sal seker probeer veranderinge bring, ek dink nie Lee se anti-Noord-Korea-houding is enigsins produktief nie, Zuma se populistiese houding het wel meriete, jy kan nie ‘n nuwe land na apartheid bou sonder om darem die lewe vir die armes ook beter te maak nie. Ek hoop hy bring meer verandering as Mbeki, die Smuts van die na-apartheid-era. Die beste uitslag hierdie jaar was Rudd, Australie het soos ‘n kolonie van Amerika begin raak en dit was tyd dat daai mense hard en duidelik antwoord dat hulle nie Bush se ja-broers is nie. En dat hulle wel omgee vir die omgewing. Chavez, ja, hy’t bietjie van ‘n teugslag beleef, maar dis tydelik. Hy’s minstens eerlik oor wat hy doen. Poetin, aan die ander kant, is seker die grootste anti-demokraat in hierdie hele lot wat hierbo genoem is. Maar dis nou maar die politiek. Mag en geld kweek meer maglus en geldlus. Altyd. Oral. Geen verskil tussen Afrika, Asie, Europa of waar ookal nie.

  17. Januarie 9, 2008 10:18 nm

    Gaan jy ons nou nooit vertel van jou vakansie nie??🙄

  18. Januarie 9, 2008 11:59 nm

    Dankie vir al die Nuwejaarswense!

    Sonkind…nee my Pa was nie ‘n dominee nie, maar dankie vir die kompliment (as dit een is…JS?)
    Roer, ek het Koos se artikel gelees…was snaaks.🙂
    Attie, die “jong onderwyseressie” klink belowend….😉
    VanDonk, ek sou wat wou gee vir jou 3 weke vakansie. Hoop jy is uitgerus vir 2008!
    RightSaid…Pakistan is inderdaad ‘n gemors. Ek dink die Amerikaners se steun vir Musharraf gaan nog lelik boemerang!
    Jasper, dankie vir die toeligting – jy’s immers baie nader aan daardie vuur.
    DM, Rene…wees geduldig – ek sukkel nog om my luiheid af te skud.

    Rondloper, dankie vir hierdie kommentaar. Ek verskil nie dramaties van jou sentimente nie, maar ek dink tog die onlangse verkiesings in Kenia bewys weer dat politiek in Afrika nog so effe ongesofistikeerd beoefen word en dat die kontinent se politieke adolossensie voortduur. Die aard en wese van politieke diskoers in Afrika (en vele ander Derde Wereldlande) verskil steeds wesenlik van die in gevestigde demokrasiee.
    Ek dink ook nie Sarkozy is “baie ongewild” in Frankryk nie – verseker nie so ongewild as Dubya of Mbeki nie. Die feit dat Putin steeds so gewild is onder Russe, ondanks sy flirtasie met outokrasie, is reflekterend van Rusland se lang geskiedenis van outokrasie.

  19. Januarie 10, 2008 12:28 vm

    😆 Dit was beslis nie ‘n belediging nie, hoor!

    Maar nee, eintlik was ek net nuuskierig. Ek het anderdag gesien wat jou van is en op jou avatar lyk jy baie soos ‘n dominee wat ek lank gelede geken het, met daardie van. Hy het 5 seuns gehad, toe wonder ek net.

  20. Januarie 10, 2008 11:34 nm

    tik tok tik tok – *groot sug* – néé jong!!

  21. rondloper permalink
    Januarie 11, 2008 8:54 vm

    Boer, Poetin het gewen omdat hy opposisieleiers in die tronk gegooi het, die media beheer en ondersteuners koop. Min of meer wat Mugabe doen. Bush, in die land met die ‘mees gevorderde demokrasie’ in die wereld, het NIE gewen nie, maar tog is hy president. Gore het die stryd eerbaar gewonne gegee. Dit was darem nogal gesofistikeerd, maar Gore is ‘n goeie ou. Ek stry nie, maar ek bly by my punt, die politiek is vuil, maak nie saak waar jy is nie.

Trackbacks

  1. Selebi en politici in die algemeen « alleman

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: