Skip to content

Ski, Sneeu en Sushi

Januarie 11, 2008

S7302985Sommer so met die begin van die nuwe jaar, het die winter Korea stewig in ‘n ysgreep vasgevat. Die sentrale en suidwestelike dele van die land het behoorlik deurgeloop, met sneeu wat so dik as 40cm geval het. Hier in my tuisstad, Gyeongju , het dit egter (nog) glad nie gesneeu nie…dis nou te se as jy die enkele (met die klem op “enkele”) vlokkies wat die Saterdag voor Nuwejaar vlugtig na onder gesweef het, buite rekening laat. So wat staan jou dus te doen as jy ‘n week vakansie het en dis die middel van die winter? Jy gaan soek sneeu!

Ek het die weervoorspelling noukeurig dopgehou, my visier gestel en gemikS7302911 na waar die sneeu die dikste le. Met ander woorde, ek is berge toe – om meer spesifiek te wees na Deokyusan Nasionale Park (hier is baie nasionale parke in Korea, maar almal natuurlik minus die groot vyf!). Aanvanklik het ek beplan om ‘n staproete te doen en in die berg te oornag, maar die sneeu het so hewig geval dat die berg vir stappers gesluit is.

S7302927Ek het ongeveer 6:30 die aand by Gucheondong aangekom – ‘n klein dorpie gelee in die Park, aan die voet van die berge. Vir iemand wat nog nooit sneeu beleef het nie, was dit voorwaar soos ‘n fantasie-wereld! Om so in die donkerskemer van die bus af te klim en ‘n spierwit sprokieswereld te betree was ‘n word-weer-kind ervaring. Lanklaas het ek so lig en gelukkig S7302912 gevoel en later die aand het ek die koue trotseer om orals rond te stap, foto’s te neem, met my voete in die sneeu te loop, sneeuballe te gooi en vir vlietende oomblik heeltemal te vergeet dat dat daar enige skeiding bestaan tussen die sfere van grootmens en kindwees. Die feit dat dit ‘n hele entjie onder vriespunt was, het my min geskeel. Ek verstaan ook nou vir die eerste keer wat iemand moet beleef wat vir die eerste keer die see sien!

S7302922Terug by die motel, is daar ‘n klompie vriendelike Koreane (die jovialiteit definitief aangehelp deur ruim kwantiteite van van soju en bier) wat aandring dat ‘n bier saam met hulle genuttig word. Die hart van hierdie klein partytjie was Mnr Kim (wat anders sal sy naam tog wees?), ‘n ervare skieer wat oral oor die wereld gaan ski en gereeld Gucheondong in die winter besoek. Dadelik wil hy weet of ek kom ski het.S7302921 Nee…eintlik het ek net gekom om sneeu te soek, maar…Nee-nee! Ek MOET ski en hy sal sommer die instrukteur wees. Terstonds is ons na die motel se stoorkamer waar die regte ski’s, skoene, klere, handskoene ens. uitgedeel is (al die gasteplekke in die omgewing verhuur ski-uitrustings). Vriendelik, maar tog ferm word ek beveel om die volgende oggend 8-uur aan te meld om saam met hulle na die Muju ski-oord daar naby te ry. Muju is die mees suidelike ski-oord in Korea, met so ongeveer 30 verskillende ski-hellings, waarvan die langste 6km is.

S7302929Ek het nogal getwyfel of Mnr Kim na sy partytjie so vroeg die oggend daar gaan wees, maar die volgende oggend was hy vol energie en reg vir ski. Hy het voortgegaan om die hele dag met GROOT geduld en baie lag my tou-wys gemaak. Soos met meeste dinge in die lewel, lyk ski dan nou ook baie makliker as wat dit in werklikheid is. Kyk, op die eerste helling af, het ek meer S7302943 spartelend op die sneeu deurgebring as wat ek op die ski’s was! En as mens nie in oefening is nie, ontdek jy spiere in jou lyf wat jy al vergeet het aanwesig is. Ek het darem daarin geslaag om al vallende na so ‘n halfuur die eerste helling baas te raak en natgesweet en moeg (ondanks die koue en sneeu) tot onder te vorder. Mnr Kim was haastig en tyd vir rus was daar nie. Dadelik is ons weer op vir die volgende helling en die volgende en die volgende! Elke keer op met hierdie oop kabelkarretjies wat redelik hoog bo die grond is….oor die eenkeer wat ek amper afgeval het en een ski verloor het, se ek maar niks – mnr Kim het net sy kop geskud.

S7302978So by die 3de helling af, het dinge bietjie beter begin gaan, het ek minder geval en selfs spoed begin bou. By die laaste helling af het dit sommer baie goedgegaan en ek het dit regtig begin geniet. Die hellings was egter volS7302968 Koreaanse ski-entoesiaste wat die heeltyd verby jou sjoes! met hulle sneeuborde en ski’s. Dit is dus ‘n senutergende ervaring, want deels is jy die heeltyd bang iemand tref jou van agter en andersyds is jy doodsbenoud jy verloor beheer en foeter in een van hulle vas. En julle sien, ek is effe groot en die Koreane maar klein….

S7302953Laatmiddag is ons terug motel toe en was ek moeg! Nodeloos om te se: die volgende dag was die uwe so styf dat hy skaars kon loop!!!! Ski is nie vir sissies nie en dit help verseker as jy bietjie fikser is! Dis in wese ‘n adrenaliensport en as mens dit eers behoorlik kan doen en selfvertroue het, sal jy verslaaf raak daaraan!

O, ja! So waar kom die sushi in? Wel, so tussen die sneeu en die ski, het ek ook tyd ingeruim om te smul aan my gunsteling cuisine…

S7303066S7303069

Advertisements
24 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 12, 2008 1:32 vm

    Dit klink en lyk alles na pret. Ek het gewonder wat van jou geword het en later vermoed jy moet iewers vakansie hou.

  2. Januarie 12, 2008 1:41 vm

    Jinne! Dit klink na pure pret en plesier! Waar ons bly het dit nou al 2 keer redelik dik gesneeu… die tweede keer veral, dit was verlede jaar Januarie. Dis nogal pret om so op dit te loop as dit dik is 🙂
    Geniet jou “ander” deel… jou “kindwees” daar in die sneeu! Ek moet darem byvoeg dat ek een keer voorheen sneeu in die Drakensberge gesien het…en dit in Oktober!

  3. Januarie 12, 2008 4:28 vm

    Hou van jou nuwe avator, maar dit lyk darem net te koud daar by jou. Brrrrrrr!!!

  4. Januarie 12, 2008 4:39 vm

    Nee kyk, die dag dat ek sê die feit dat dit onder vriespunt is skeel my min moet nog aanbreek! Die foto’s is baie mooi. Ek sal liewer aan die sushi meedoen.

  5. Januarie 12, 2008 6:08 vm

    Jis, dit lyk lekker. Die vakansie / sneeu EN die sushi.

  6. Kaalvoetkind permalink
    Januarie 12, 2008 4:23 nm

    Dit lyk maar bibberkoud maar die ski lyk vrek lekker! Ek kan jou goed glo as jy sê dit kan verslawend raak!! Ek het eenkeer saam met my kinders ‘n soortgelyke ervaring by Badplaas gehad toe ek saam met hulle op die Rinkhals River Ride gegaan het. Die water was ysig koud maar na daai eerste “ride” was daar geen keer aan my nie. Weer en weer en weer het ek daai ysige water aan gedurf want dit was net té lekker vir woorde… Ons het jou gemis op die blogs maar ek is bly vir jou dat jy jou af week so geniet het!!

  7. Januarie 12, 2008 5:02 nm

    Wat sal mens tog in die lewe doen sonder mense soos Mr Kim? 🙂

    Ski het my nog nooit regtig getrek nie, maar jy laat dit nou klink of ek tog op iets uitmis.

  8. Januarie 12, 2008 9:12 nm

    Jy’s bevoorregd!!!

    Die sushi? Mmmmmmmm! Weetie so mooi nie! HEHE! Die res?? Sal my voortande gee…..

  9. Januarie 12, 2008 11:38 nm

    Ai,hoe verlang ek nou na die sneeu!! Maar die sushi kan jy maar gerus hou,

  10. Januarie 13, 2008 1:59 vm

    Ek gaan volgende naweek Oostenryk toe vir my eerste ski ervaring – is maar baie baie skrikkerig. Is ook glad nie fiks of sportief nie, ek hoop maar die adrenalien “hook” my.

  11. Bertus! permalink
    Januarie 13, 2008 2:50 vm

    Die Another Day, wat andersins die swakste James Bond-fliek nog is, het een baie lekker toneel wat afspeel in ‘n sneeuerige Korea.

  12. Januarie 13, 2008 9:06 nm

    Mense, ek verstaan dat smake verskil, maar sushi is regtig yummy en gesond, en gewoonlik esteties voorberei. Ek dink julle mis uit!
    Justjane…insinueer jy dat ek nie fiks of sportief is nie? 😉 Ek is seker jy sal die ski geniet! Solank jy net iemand het wat jou touwys maak.
    Bertus, ek het ook nogals aan daai tonele gedink.
    O-ja! Ek het ook die Rinkhals verslawend gevind…nes die Cobra by Century City.

  13. Januarie 13, 2008 9:36 nm

    BIB – ek sal mos nou NOOIT so iets oor ‘n mede-blogger kwytraak nie, ten minste nie op sy eie blog nie! Maar as die ski stewel pas… 😉

  14. LinkiB permalink
    Januarie 13, 2008 10:00 nm

    Ek het jou blog ontdek danksy my kleinsus wat voortdurend loer vir iets oor S-Korea sedert Engels, studente en avontuurlus my hierheen gelok het. In SA laasjaar het jou herfs artikels my geinspireer om terug te keer en jou gedigte my ontroer. Nou’s ek eindelik terug in Seoul en geniet nog steeds jou goedversorgde blog en lekker stories. Geniet 2008 en die magiese sneeu. En die sushi… njammies! ~H~

  15. Januarie 14, 2008 4:17 vm

    Niks lekkerder as om jouself vir die ekwivalent van R60 (NTD 300) te gaan vol stamp by die Sushi Express in Taiwan nie. 10 Bordjies Sushi vir R60 !!!

    Dos, maar ek mis Sushi …

    (Dis so bliksems duur in SA dat ek nie eers daaraan dink nie.)

  16. Die Gestorwe Soldaat permalink
    Januarie 14, 2008 11:55 vm

    Dankie, maar nee dankie! Enigiets kouer as 28 grade Celcius en my hele system vries op…

    Welkom terug, BiB! Hoop jy’t die wegbreek geniet, en voorspoed vir die nuwe jaar!

  17. Januarie 14, 2008 6:10 nm

    Eish, sexy nuwe avatar. Ek is jaloers op twee van jou drie dinge in die header. Daai sushi lyk erg erg heerlik vanoggend. Ek moet se, my laaste sushi laaswees was op dieselfde idee geskoei, maar joune se size lyk jummy!

    En die sneeu. Ek is so gatvol vir die somer, al klaar. Ek verlang die Kaapse winter, en ek verlang my kaggelvuur.

    Geniet dit vandag ekstra spesiaal vir my, asseblief. Dink aan die 31 grade wat ons blykbaar sal moet trotseer vandag.

    En vanaand as ek ‘n krefie uithaal, en my wyntjie met ys neem, sal ek jou in die koue salueer!

    Hello BiB, sien uit na 2008 se korrespondensie uit die verre.

  18. Januarie 14, 2008 6:12 nm

    Laaswees is eintlik laasweek – maar gister het ek nog klipvissies in die poele rondgejaag, my vingers is nie gewoond hierdie sleutelbord nie!!!

  19. Januarie 14, 2008 7:26 nm

    Dit lyk heerlik, die ski EN die sushi! Welkom terug, bly jy het dit geniet!

  20. Januarie 14, 2008 8:14 nm

    Ek kry baie gou koud, maar so ‘n toegesneeude landskap het maar net sy eie bekoring wat mens laat wens jy was daar. Die Sushi lyk heerlik!

  21. Januarie 14, 2008 10:23 nm

    LinkiB, dankie vir jou inset. Ek is bly as my blog meer vir mense beteken as wat ek aanvanklik kon dink. Ek kom toevallig die eerste naweek in Feb. Seoul toe!
    silwer…ek’s op die volgende vlug Taipei toe! What a bargain!
    skoor…ek sou wat wou gee vir ‘n happie van daai krefie – natuurlik saam met ‘n koue glasie Chard! Bly jy hou van die avatar!
    DGS, dellie…dankie vir die goeie wense en marina, die sushi WAS heerlik!

  22. Januarie 14, 2008 11:16 nm

    Boertjie, jy lyk baaaaie beter in ‘n kortmou hemp as ‘n michelin pakkie…. 😆

  23. Januarie 14, 2008 11:33 nm

    Jasper…dis nou seker wat mens ‘n skuins-kompliment noem?

Trackbacks

  1. Oor sneeu, ski en sneeuplankry « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: