Skip to content

Die winter in volle swang

Januarie 14, 2008

S7303047

S7303097Gister het die temperatuur hier in Gyeongju weer skerp naS7303117 benede gedaal en so teen 3-uur die middag het dit liggies begin sneeu. Ek noem dit sommer stofsneeu, wat soos ‘n motreentjie na onder sif en sulke klein miniatuur-vlokkies maak. Die sneeu het soos ‘n lagie fyngestrooide versiersuiker alles bedek. Iewers gedurende die nag het dit opgehou en vanoggend was alles weg. Amper soos ‘n droom, waarvan daar net die herinnering in die oggend oorbly….

S7303070S7303058

Onlangs het ek egter Gwangju (die 5de grootste stad in Korea, met omtrent 1.5S7303071 miljoen inwoners) besoek, ongeveer 3 ure suid-oos van my, en daar het ek ervaar wat dit beteken as dit nou werklik hard sneeu. Ek het daar aangekom nadat die sneeu opgehou het, maar dit het nog dik-kombers gele en die stad in wit omtower.

S7303031S7303034

Hierdie klompie helderkleurige insekte het klaarblyklik die hewige sneeu net-net oorleef.

S7303036S7303037

16 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 15, 2008 12:35 vm

    Hene, g’n wonder ek het Aardrykskunde op skool amper gepluk nie. Ek het altyd gedog Korea het ‘n tropiese klimaat.

  2. Kaalvoetkind permalink
    Januarie 15, 2008 12:41 vm

    Bib, ek het jou inskrywing weereens baie geniet – dankie!! Baie mooi foto’s!

  3. Januarie 15, 2008 12:43 vm

    BiB BiB BiB Brrrrrrrrrrrrrrrrr!!!

    Klink ek amper soos die nuutste Coca Cola advertensie. Ek sukkel net om te onderskei tussen jou tuisstad en die ander name, ek weet nie hoe kry jy dit reg nie! Ek het dit nou op Google Map opgesoek en sien jy is so 30 km van ‘n baai Noord-Oos van jou af – ek dink ek onthou van jou inskrywings waar jy by die see was. Jy sê Gwangju is so 3 ure van jou af – lyk my so rofweg 200 km met my vingers gemeet. Dis vir my verstommend dat S.Korea wat S.A. so ver tegnologies vooruit is, so swak gedek is op Google maps – ek sien nie eens paaie op die kaart nie.

    Vir die van julle wat wil sien waar Boer is, kliek hierdie ellelange skakel: http://maps.google.com/maps?f=q&hl=en&geocode=&time=&date=&ttype=&q=Gyeongju+&ie=UTF8&ll=35.56798,127.792969&spn=1.988281,3.735352&z=8&om=0

  4. Januarie 15, 2008 2:02 vm

    Boer, cool pos.
    en ek meen “cooool”

    vinnige vraag,
    gebruik jy ‘n plugin vir jou fofo’s?

  5. Januarie 15, 2008 2:13 vm

    Ek wens dit wil weer behoorlik hier by ons sneeu. Ek’s so gatvol vir die reën!! En die ou “stofsneeutjies” (dankie vir die woord, ek gebruik dit nou sommer as my eie) excite my ook nie meer nie.

  6. Januarie 15, 2008 3:23 nm

    Ai *sug* – dis BAIE mooi!! Dis vir my amazing dat mens sulke mooi foto’s van sneeu kan neem – as jy mooi daaroor dink is dit net wit wat jy afneem, maar dit bly betowerend mooi en sneeufoto’s steel altyd my hart! Ek brand nogsteeds om daardie vliegkaartjie Korea toe te koop! Kan nou net nie besluit watter seisoen is die mooiste nie!!!

    Sterkte met die bibberering!!

  7. Januarie 15, 2008 3:49 nm

    Die foto’s van die insekte is awesome! Was hulle onder ‘n tak of iets? Hoe verlang ek nou nie na die sneeu nie, soos in wanneer dit net begin val en jy vir ure net kan sit en kyk hoe die aarde bedek word en die sneeu al dikker word – en dan die speel daarna! Ai!

  8. Januarie 15, 2008 5:31 nm

    Baie mooi kiekies Boertjie. Lyk of jy jou gate uit geniet. Hier worry ek oor wind die dag van die Argus. Om ‘n fiets in DAAI weer te ry, kan nie grappies wees nie.

  9. Januarie 15, 2008 10:53 nm

    Wow, ek is mal oor sneeu, maar jy verlang seker baie SA toe? Kan jy my asb. op jou blogroll plaas dan doen ek dieselfde.

  10. Januarie 16, 2008 1:05 vm

    Grote griet… dit lyk koud! die sneeu hier by ons was verlede jaar byna so dik… baie mooi en lekker om op te trap!🙂 die dikste wat dit nog hier was… ek het geen hoop vir enige stoffies hierdie jaar nie… dis te “warm” so ver… mooi foto’s…soos gewoonlik!!

  11. Januarie 16, 2008 4:27 vm

    Dis ongelooflike mooi sneeu fotos. Ek dink ook die foto’s van die insekte in die sneeu is die mooiste!

    BiB, is dit die koudste voor dit sneeu, of nadat dit klaar gesneeu het?

  12. Januarie 16, 2008 2:25 nm

    Wow…. net wow! Dit moet werklik stunning wees, wens ek kon deel daarin!!

  13. Januarie 16, 2008 10:26 nm

    Kop, dankie dat jy my nou ook “oppie map” gesit het!
    Jasper, jy moet nou eenmaal verstaan ek is ‘n tegnologiese troglodiet. :)Waarna verwys jy as jy ban ‘n “plugin” praat?
    Rene…promises, promises…
    Roer, gelukkig ry ek nie fiets nie.
    boegels, dankie vir die besoek! Jammer, man, maar ek ruil nie blogroll-plasings uit nie.
    Sonkind, dis die koudste voor dit sneeu. Maar vir my voel die verskil ook maar marginaal. As die wind egter waai terwyl dit sneeu, vries jy!
    Dankie vir julle almal se meelewing!

    Terloops, dit was vandag hondkoud hier (-9 volgens die weerkantoor), met die wind wat die aanvoelbare temperatuur nog verder onder vriespunt gedryf het. Glad nie lekker nie!!

  14. Januarie 17, 2008 5:13 vm

    Baie mooi foto’s! Lekker inskrywing.

  15. Januarie 17, 2008 9:14 nm

    Hi BiB jy maak mens regtig lus om Korea te besoek. Vir my besonders dat jy dit so geniet en hierdie stunning fotos neem.

Trackbacks

  1. Somer « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: