Skip to content

Vrydagaand-song (VIII)

Januarie 18, 2008

somewhere over the rainbow what a wonderful world

Hierdie weergawe van die spesifieke song omsoom vir my iets tydloos en diepmooi. Hy sing dit op so ‘n “happy” en sorglose manier. Israel Kamakawiwo ‘ole doen dit vir my. Net jammer die talentvolle man is op die ouderdom van 38 jaar oorlede agv sy (ooglopende)swak gesondheid…

12 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 19, 2008 12:51 vm

    Sjoe, dis BAIE mooi. Die man het so ‘n mooi stem. Jammer dat so ‘n talent moes verlore gaan. Die stem pas natuurlik glad nie by die lyf nie. Ek sal graag meer van sy musiek wil hoor.

  2. Januarie 19, 2008 1:24 vm

    Ironies…ūüėČ Dis pragtig Boer.

  3. Januarie 19, 2008 5:21 nm

    “The Gods favour those who die young”

  4. Januarie 19, 2008 9:41 nm

    Baie mooi BiB.

  5. VanDonk permalink
    Januarie 20, 2008 12:00 vm

    Middag BiB,
    Ek luister nou na hierdie liedjie in ‘n nat en grys en effens depressiewe Pretoria. Net die regte song vir hierdie dag.
    Die liedjie, wat oorspronklik deur Judy Garland gesing is, het saam met White Chrismas en sekerlik ook Lily Marlene, die simbool van hoop geword in ‘n Europa wat gedurende die 2de w√™reld oorlog verwoes is.

    Vir my die magic van die song dat selfs my vroegste herrineringe en belewenisse daarvan nog altyd aangenaam en warm, maar veral een van veiligheid was. En dit ten spyte daarvan dat die dood en verwoesting van die 2de w√™reld oorlog (55 miljoen mense is dood) lank voor my tyd gebeur het. Wonderlike song, pragtige voorgedra, en tragies dat Israel Kamakawiwo’ole so jonk dood is.

    Ek wonder nou of daar ook sulke songs is wat in die tragiek van die oorlo√ę in plekke soos Irak en Afghanistan en elders, hoop gee aan die miljoene stemloses wat onder die besluite van mense soos Bush ly.
    My gebede vir 2008 gaan ook uit na almal van die wat in stilte pyn en ly.
    Groete
    VanDonk

  6. Januarie 20, 2008 7:36 vm

    Dis pragtig boer! Maar kyk bietjie na hierdie 6jarige dogtertjie! Cute!
    http://uk.youtube.com/watch?v=QWNoiVrJDsE

  7. Januarie 20, 2008 7:12 nm

    Ek is bly dat julle, soos ek, hierdie song ook so salwend vind.
    VanDonk, dankie vir jou inset wat – soos altyd – relevant is. Ek deel jou sentimente.
    Nikita, ek het daardie video al gesien en dis inderdaad oulik.

  8. Januarie 21, 2008 4:24 nm

    Dis pragtig….!

  9. Januarie 21, 2008 10:31 nm

    ek het dit so ruk terug op TV gesien en gewonder wie die ou is wanyt ek kon net nie myself kry om van stasie te verander nie… hy doen dit waarlik goed!

  10. Januarie 24, 2008 12:04 vm

    Sjoe, ek was nog altyd mal oor hierdie weergawe maar het niks geweet van die sanger nie. Het hom nooit so voorgestel nie. Hy lyk of hy omtrent gelief onder sy mense was. Baie mooi.

  11. Mei 30, 2008 7:13 vm

    Bib, ek het ‘n weergawe van hierdie song daar by my as jy wil gaan loer. Toe ek hierdie song by jou geluister het, het ek geweet in die toekoms sou ek ‘n post oor Dorothy doen.
    http://zee3.wordpress.com/2008/05/29/zee-proudly-presents-the-wizard-of-oz/

Trackbacks

  1. Zee proudly presents The Wizard of Oz « Zee Se Scribbles

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: