Skip to content

Graftombes en eggo’s van gister (II)

Januarie 21, 2008

S7300033Ek is steeds op die spoor van die Gyeongju se graftombes, opsoek na die laaste rusplekke van die konings wat eers geheers het.

Koning Jinheong was die 24ste koning van Silla en hy het vanaf 540 vir meer as dertig jaar geheers tot en met 576. Hy word gedenk as een van die invloedrykste konings wat Silla opgelewer het en sy nalatenskap is indrukwekkend. Een van die belangrikste inisiatiewe waarvoor hy onthou word, is die skepping van die Hwarang (die elite Silla militere korps, vergelykbaar met die Japanese Samurai). Jinheong was voorts die eerste koning wat regeringsfunksies gestroomlyn deur ses afsonderlike regeringsdepartemente daar te stel, naamlik: Militer, S7302486 Personeel, Skepe, Belasting, Waens (vervoer) en Buitelandse betrekkinge & onderwys. Hy het ook in 570 begin met die bou van die beroemde Hwangryongsa tempel* (wat uiteindelik eers in 645 voltooi is, net om in 1238 deur die Mongoolse magte vernietig te word). Tydens Jinheong se bewind is die klein onafhanklike konfederasie van Gaya finaal verslaan (562) en groot veldslae is teen die ander Koreaanse koninkryke van Baekje (18vC-660nC) en Gorguryeo (37vC-668nC) gewen. Op hierdie wyse is die grondgebied onder Silla -beheer ook dramaties uitgebrei. Jinheung het persoonlik betrekkinge met die Sui-dinastie (581-618) in China gevestig en ‘n alliansie met die Chinese gevorm teen Baekje en Gorguryeo .

S7302484 Jinheung het blykbaar baie van jag gehou het en bekendgestaan het as die “Jagterkoning”. ‘n Staaltjie word vertel dat een van sy ministers hom blykbaar op ‘n dag tereggewys met die volgende woorde: Hunting on the back of a horse, makes a person lose his mind. If one indulges in either sex or hunting too much one ought to perish. Introspection is required here.

Juis omdat Jinheung ‘n koning was wat so lank geheers het en soveel vermag het, is dit moeilik om te glo dat hierdie sy graf is.

S7302498

Die graf is meestal nie eers gemerk op toeristekaarte nie en ek moes ‘n hele entjie deur die dennewoud van Berg Seondo stap om hierdie afgelee graf (en andere in die omgewing) te vind. Vandag erken Koreaanse geskiedskrywers dat dit moontlik nie Jinheung se laaste rusplek is nie. Die informasie-bord wat daar op is, dui egter steeds hierdie graf as die van Jingheung aan.

In dieselfde omgewing het ek die die graf van Koning Jinji (Jinheung se seun) gevind. Hy het maar net drie jaar geheers het, voor hy gesterf het. Anders as sy roemryke vader, was Jinji nie ‘n baie suksesvolle monarg nie. Jinji se koningskap word hoofsaaklik onthou vir sy sekskapades met vrouens. Hy is in ‘n skynbare staatsgreep omvergewerp en is kort daarna oorlede. Aanduidings is dat hy vermoor is, maar bespiegelinge is wyd – oa selfmoord of ‘n ernstige siekte. Dis ook so lank terug, dat mens nooit sal weet nie. Dit is dus nie moeilik om te glo dat hierdie wel Jinji se graf is, synde dat hy een van die ongewildste konings van Silla was.

S7302503

S7302481 Die 29ste monarg van Silla, was Koning Muyeol, wat Silla regeer het van 654-661. Muyeol het Buddhisme bevorder en tydens sy heerserskap het baie Koreane hulle tradisionele gelowe vir Buddhisme verruil. Dis veral te danke aan die predikinge van ‘n baie bekende Koreaanse Buddhistiese monnik, genaamd Wonhyo. Muyeol se tydperk aan bewind is gekenmerk deur onophoudelike oorloe teen die opponerende Baekje en Gorguryeo koninkryke en Silla se noue bande met die Tang-dinastie (618-907) in China. Muyeol het vir Genl. Kim Yu Sin as Sangdaedung (Eerste Minister) aangestel, hoewel lg. steeds die hoof van die weermag gebly het. Sekerlik die hoogtepunt van Muyeol se bewind, was die verowering van die Baekje-koninkryk, met die hulp van China (660). Muyeol het ‘n betreklike groot graf, gelee aan die voet van Berg Seondo aan die westelike buitewyke van Gyeongju. Agter Muyeol se graf, is daar nog vier soortgelyke groot grafte in ‘n ry gelee. Niemand is seker wie hier begrawe is nie, maar daar word aanvaar dat dit lede is van Muyeol se familie en/of koninklike hof.

S7302501

Koning Munseong (46ste Silla-monarg) het geheers van 839-857. Hierdie tydperk word gesien as die begin van die einde van die sterk Silla -koninkryk weens die monargie se epikuriese bestaan en die feit dat die monargie voeling begin verloor het met die gewone burgers. Sy heerskappy is hoofskaaklik gekenmerk deur interne rebellies en verdeeldheid, wat hy wreed onderdruk het. Aan die positiewe kant, word hy wel onthou vir die vestiging van sterk handelsbetrekkinge met beide China en Japan.

S7302499

Koning Heonan (47ste monarg van Silla) was Munseong se seun. Hy het slegs vier jaar geheers (857-861) en word nie juis ge-eer as ‘n invloedryke monarg nie. Hy word wel onthou vir sy opheffing van landbou en die bou van besproeingswerke om die nadelige gevolge van die 859-hongersnood in Silla die hok te slaan. Sy graf – soos die van sy pa – is onindrukwekkend.

* boerinballingskap.wordpress.com/2007/07/04/grasgrafte-en-ander-gyeongju-beelde/

Advertisements
11 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 22, 2008 2:42 vm

    Ek wonder of Michael Ondaatjie van die plek geweet het?

    Cool foto’s!

  2. Januarie 22, 2008 3:52 vm

    Daai grafte lyk vir my soos iets wat ek binnekort moet kry: ‘n hoop bousand!

    (Baie interessant.)

  3. Januarie 22, 2008 5:56 nm

    Dit is vir my ‘n voorbeeld hoe jy ‘n studie maak van die plekke waar jy is. Geniet dit baie.

  4. leoncroukamp permalink
    Januarie 22, 2008 11:42 nm

    Ek dink nie hulle het honde in Korea nie…my hoop bousand is baie platter as daai grafte nadat die honde hulle kant gebring het. Ek stme saam met Attie, dit is ongelooflik hoeveel jy ‘n studie maak van die plekke. Ek beny jou vir jou toegewydheid.

  5. Januarie 23, 2008 12:15 vm

    Nee Leon, ek weet ook nie of hulle veel honde oor het nie want ek het al gehoor hulle eet die honde!

  6. Januarie 23, 2008 9:52 nm

    Dit is regtig baie interessant, het jy al die argiewe van die tydskrif Archealogy probeer?

  7. Januarie 23, 2008 10:58 nm

    leonc en Rosalind, dankie vir die opklop!
    Ek het nou maar eenmaal ‘n passie vir geskiedenis, maak nie saak waar ek gaan nie.
    Ja, Kop….My aandete blaf al!

    https://boerinballingskap.wordpress.com/2007/03/28/soek-jou-hond-op-die-spyskaart/

  8. Januarie 24, 2008 4:10 nm

    Laat ek raai – keurige repies, gerangskik in ‘n sexy pose oor ‘n langwerpige stukkie rys?

    Stel ons almal gerus en se jy trek die streep by sushi!

    O, en op ‘n punt van orde. Kan jy asb hierdie vreeslike sexy avatar terugverander na jou ou ene? Ek kan nie daarna kyk terwyl die sweet op plekke afloop waar ek nie besef het, ek plekke het nie. En dit terwyl ek terugverlang na die witbedekte Bolandse berge, en winters wat al hoe korter raak…

  9. Januarie 25, 2008 5:01 vm

    Jy gebruik die woord uit my mond! Terwyl ek na die inskrywing kyk, dink ek by myself dat dit lyk asof jy ‘n passie vir die plek ontwikkel het! BAIE interessant en mooi foto’s! BAIE dankie!! —

  10. Januarie 25, 2008 4:47 nm

    Hierdie laat my argeoloog-hart nou baie vinnig klop! Baie dankie vir die interessante inskrywing, boer!

  11. knersis permalink
    Januarie 28, 2008 3:33 vm

    Heit, daai een kiekie lyk soos die poorte van verleidelikgeit wat lei na die bos van verleentheid!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: