Skip to content

…uit die niet

Januarie 24, 2008

DSCF0384

…eendag skielik, so onverwags en asof uit die niet, speur jy tussen al die vreemdheid en die verlange na ‘n heimat, tog iets bekends…en vlietend is daar die gewaarwording dat jy ook lank terug, iewers, eens behoort het…

19 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 25, 2008 2:43 vm

    Sterkte Boer, ek moet sê ek weet nie hoe julle ouens dit doen nie!

  2. Januarie 25, 2008 2:55 vm

    Ai Bib, jy maak my sommer hartseer vir jou part. Al gaan dit hoe donker hier – pun intended – ek byt maar vas hier aan die Suidpunt van Donker Afrika!

  3. Kaalvoetkind permalink
    Januarie 25, 2008 3:57 vm

    Sterkte Bib!! Dis ‘n verlange wat net gestil kan word as jy jou voete weer op Suid-Afrikaanse grond sit na jy vir ‘n lang tyd nie hier was nie. En al is dit soos Sonkind sê “Donker” Afrika hier by ons op die oomblik, bly jou geboorteland met sy bekende reuke, geure en kleure maar steeds JOU land en is daar geen ander land waar jy ooit dieselfde sal voel as juis hier nie.

  4. Januarie 25, 2008 4:26 vm

    ‘eens behoort het…’ en nog steeds aan behoort!

  5. Januarie 25, 2008 4:59 vm

    Aitsa! Oulik ne! Net die idee (wanneer jy dit raakloop/sien) dat dit van “jou” land af is… gee jou daardie trots gevoel! Ons het verskillende tees by ons skool en die dame wat die aankope doen, koop selfs Rooibos tee ook. Goed om te weet mense waardeer dit en hou daarvan.

  6. rightsaidreverend permalink
    Januarie 25, 2008 5:22 vm

    Maar ek dog dan koffie is ‘n internasionale drankie?

    Grap sommer. Baie sterkte daar in die vreemde. Die verste wat ek al my voete uit ons land gesit het, was Zims toe. Toe mens nog 3 Zimdollar vir ‘n rand kon kry. Ek besoek ander lande maar met google en droom oor die dag wat ek self daar gaan uitkom. Natuurlik om weer terug te kom. Maar mens moet gaan kyk, wens ek.

  7. boendoe permalink
    Januarie 25, 2008 5:38 vm

    Ai, Boer, soos Sonkind se, jy laat my sommer weemoedig voel. Ek is nie eens so ver van die huis af nie, en ek weet hoe EK voel as ek onverwags ‘n Ventersleepwa in Angola se stofstrate sien verbygaan.

  8. Januarie 25, 2008 6:02 vm

    Ballingskap is ook ‘n manier van behoort.

  9. Januarie 25, 2008 2:58 nm

    Ek sal jou glo ja. En dit nou oorlat jy ‘n woordjie raaksien… het hulle dit darem lekker genoeg gemaak?

  10. Januarie 25, 2008 4:43 nm

    Verlang ek nou vir jou part…
    Ek weet nie of jy al in vorige posts genoem het nie, maar is jy permanent daar of kom jy eendag terug na die Republiek toe?
    Groetnis en sterkte maat!

  11. Januarie 25, 2008 5:52 nm

    Ek is nou lus vir tee… ((BiB))

  12. Januarie 25, 2008 7:02 nm

    Jinne tog, kan dink hoe jy moes verlang het.

  13. Januarie 25, 2008 7:29 nm

    Hier in Holland verkoop Picwick ook “Rooibostee”, maar dit smaak soos kaneel. Mens kry darem by die kruiewinkels die egte ding, tot groot vreugde van my vrou, want ek vind alle tee maar sleg.

  14. Januarie 26, 2008 12:02 vm

    *sug* – ek gaan nou ‘n koppie Rooibostee op jou drink!! Tjorts:mrgreen:

  15. Januarie 27, 2008 4:53 nm

    Ek weet hoe jy voel … Ons is nou so 4 maande terug, het 14 jaar in Holland gebly. En vandag verlang ek weer terug … na my seun wat daar is. Ai, hy is so mal oor cream soda, ek gaan maar vir hom ‘n pakkie maak en opstuur. Sterkte vir jou!!

  16. Januarie 27, 2008 7:07 nm

    Dankie vir julle wense en empatie. Darem moet ek net noem dat die gewaarwording van verlange slegs vlietend op daardie oomblik my getref het. Oor die algemeen is ek heel happy.
    duskant…jy praat van die “Republiek” soos die Suidwesters altyd na SA verwys🙂 Ek kom binnekort tuis kuier, maar keer maar daarna weer terug na die vreemde. Sal ek permanent verhuis? Tyd sal leer, maar op hierdie stadium doen dit my baie goed om nie in SA te wees nie.
    George, jou stukkie kommentaar is baie treffend! Jy het baie gese met net enkele woorde. Ballingskap is inderdaad ook ‘n manier van behoort…

  17. Bertus! permalink
    Januarie 28, 2008 2:06 vm

    Vertel bietjie van die sanger Na Hoon-a has wat aangebied het om hom op Koreaanse TV te ontbloot ten einde te bewys dat hy nie gekastreer is nie.

  18. Januarie 29, 2008 3:40 nm

    Is jy nou al skoon stil geverlang?😉

  19. Januarie 31, 2008 12:22 vm

    He he, ja dis partykeer heel lekker om daardie diepweggebêre-de Nasionalisme so bietjie af te stof en die “ou taal” te praat (jinne klink ek nou hier soos ‘n senior burger!).
    Ek het al gewonder of mens nie eendag (bv. as jy terug in die Republiek is) ‘n groot blog-gemeenskap koffiedrink iewers doen en sommer bietjie skouers skuur met al die (on?)bekende mense nie…?
    Mooi dag!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: