Skip to content

Weer val die sneeu

Januarie 29, 2008

S7301174

Gistermiddag so teen 5-uur het die eerste paar vlokkies stofsneeu na onder gesweef. Mettertyd het dit harder begin sneeu en verseker het daar hierdie keer in Gyeongju meer sneeu as die vorige keer geval. Vanoggend het ‘n spierwit wereld my begroet. Oral het kinders sorgloos in die sneeu baljaar – van tradisionele sneeugevegte tot rudimentere slee-improviserings.

S7301152S7301154

Ek kon net weer in verwondering staan oor hoe ‘n (redelik) algemene natuurverskynsel die vaal winter oornag kan omtower tot ‘n fassinerende sprokiesland. Visueel kan ek steeds nie genoeg indrink van hierdie wonderwereld nie. Selfs my kamera se lens kan nie die totaliteit van my ervaring weerspieel nie.

S7301165

S7301123Ek weet dis net sneeu en vir baie mense is dit bloot deel van die alledaagse. Vir my sal dit egter nog ‘n tydjie neem om gewoond te raak aan die wyse waarop sneeu my weer kind laat voel…

Advertisements
22 Kommentaar leave one →
  1. Januarie 30, 2008 12:01 vm

    Dis klein vreugdes soos die wat jou hart en gesig jonk hou.

  2. Januarie 30, 2008 5:13 vm

    Wel wag-n-bietjie kan sê wat sy wil, ek gaan daai goed net staan en bewonder maar sal dit nie aan my gesig smeer nie!

  3. Januarie 30, 2008 4:15 nm

    Ek het jou as my blog van die week aangewys. Dankie vir jou ervaringe.

  4. Januarie 30, 2008 4:44 nm

    Dis werklik baie mooi, jy laat my wens ek kan dit ook ervaar!

  5. Januarie 30, 2008 5:23 nm

    Dit laat my sommer koeler voel. Ons het verlede winter so ‘n belofte van sneeu gehad, maar voor ons nog die kamera kon kry, was alles weg…

  6. Januarie 30, 2008 6:01 nm

    Mooi!!!!

  7. Januarie 30, 2008 7:07 nm

    Ek is weer volgende maand oppad Korea toe. Dink jy dit sal einde Feb nog sneeu? Dit lyk baie koud!

  8. Kaalvoetkind permalink
    Januarie 30, 2008 9:19 nm

    As ek so na die foto’s kyk laat dit my ook lus kry om sommer net weer kind te kan wees en met die lawwe uitbundigheid van ‘n kind sneeuballe te maak en ‘n sneeugeveg te hê en te lag tot my maag seer gelag is…

  9. Januarie 30, 2008 10:58 nm

    pragtig! ek sou nou graag daar in wil gaan lê en n “snowangel” maak…

  10. Januarie 30, 2008 11:51 nm

    Hier by ons is dit vandag 39 grade (celsius – let wel!!) – ek kan amper nie imagine hoe koud die sneeu moet wees nie … ek het al vergeet hoe voel WINTER!! 🙂

    Mooi pics Boertjie – soos altyd! xx

  11. Januarie 31, 2008 2:35 vm

    BiB, ek sal nooit vergeet hoe ek gevoel het toe ek vir die eerste keer sneeu gesien het nie, ek het soos n klein dogtertjie 5uur in die oggend buite gaan sit en wag vir dit om te begin sneeu, en later (Soos jy hoeka se) het die kind in my uitgekom! Kon nie genoeg van dit kry nie, seker oordat ek geweet het dat ek dit seker nooit weer in my lewe sal belewe nie. Van die onderwerp af, ek het in een van jou comments gelees dat jy skoolhou??? Sou jy nou net 1 spesifieke vak gee of sommer n hele paar? Sal nogal interesant wees om te verneem wat ons boertjies nou vir hulle daar leer.

  12. Januarie 31, 2008 5:53 vm

    Ek hoor ons kry dalk sneeu die naweek in London! Dis ysig koud die afgelope 2 dae…vandag redelik bibberend…lees my blog…jy’s getag!

  13. Januarie 31, 2008 4:36 nm

    Aai, dit laat my verlang na die koue Ermelo, want dis vreeslik warm hier in Nelspruit.

  14. Januarie 31, 2008 9:21 nm

    Boertjie – ek het ‘n “random” vragie – ek het net gewonder … is sneeu romanties?

  15. Februarie 1, 2008 1:23 vm

    Dankie, boegels! 🙂
    Idiwidi, dit gaan nog bibberend wees tot einde Feb. (en welkom terug!)
    Kaalvoetkind, Zee, julle verstaan hoe ek voel. (Ek gee Engels vir die bloedjies)
    TristonJ, ‘n “snow angel” kan jou redelik nat en koud los na die tyd, maar dis ‘n oulike idee…
    Nikita, jy maak vir my moeite! 😉
    Butterfae, ek ken die Laeveld – nie lekker in die somer nie!
    Rene, NATUURLIK is sneeu romanties! Moet ek uitbrei?

  16. Februarie 2, 2008 3:41 nm

    Boertjie. Daar is net iets in sneeu. Paar keer in Oudtshoorn beleef in my weermag dae en ook een keer in die VSA. Dankie vir die mooi fotos.

  17. Februarie 3, 2008 12:54 vm

    Brei uit oor die romanse van sneeu ja… 😉

  18. Februarie 4, 2008 7:19 nm

    Okay, jy maak my jaloers, ek gaan kyk of ek dieselfde kan doen…

    Laasnaweek het ons met die net gaan kreef trek. En gekry.

    Gister het ons weer gaan probeer. Niks gekry nie, maar dit was bleddie mooi en heerlik by die see.

    Enige emosies, BiB?

  19. Februarie 4, 2008 10:34 nm

    DM, weet jy wat is ‘n “snow angel” en het jy al gesien as twee mense dit saam maak…?
    Skoor…sorry, nog nie jaloers nie!

  20. Februarie 4, 2008 11:22 nm

    lol… ek het mos gesê n snow angel klink nou lekker! 😆

  21. Februarie 5, 2008 2:48 nm

    BiB…
    Uhmm… nee nog nie gesien as 2 mense saam ‘n snow angel maak nie! Jy onthou mos nou weer die gebrek aan sneeu wat ons hier in Pretoria ondervind!! 😆
    …maar ek kan darem imagine…. 😉

  22. Februarie 5, 2008 4:40 nm

    Ai Boertjie, nou het jy my nuuskierig – vertel gou bietjie hoe sneeu romanties is – moenie skaam wees nie, ons is almal grootmense! hehehe!!
    En nou wonder ek ook oor die couple-snow angel!! Mmmmm 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: