Skip to content

Seoul

Februarie 14, 2008

S7301277Ek het verlede naweek, nog voor Seollal, weer die geleentheid gehad om Seoul te verken en hierdie keer was ek bepaald oorweldig. My hele ervaring in Seoul was eintlik net te intens en te sensories om dit slegs in ‘n paar lukrake blogwoorde vas te vang. Maar ek probeer.

Twee aspekte van Seoul wat dadelik tref, is die enorme grote van die metropolis en die miernes van mense. Meer as ‘n kwart van Koreane woon in Seoul . Om van een kant van Seoul tot die ander uithoek te reis, neem maklik 2 ure met die moltrein. En so van die moltreine gepraat: Duitse presiesie het ook hier inslag gevind. Die hele moltreinstelsel is netjies, skoon, vinnig en op tyd. Dis werklik ‘n uiters effektiewe vervoerstelsel vir die monster wat Seoul is. S7301222 Dis nog meer indrukwekkend as mens besef dat die stelsel eers in 1974 vir die eerste keer geopen is. Vandag is dit die 4de besigste moltreinnetwerk in die wereld en word dit gereken as een van die beste 10 sodanige netwerke in die wereld. Wat uit die aard van die saak nie so aangenaam is nie, is die massas op die treine, wat veroorsaak dat mens selde die geleentheid kry om die luuksheid van die verhitte sitplekke te geniet. Staan is driekwart van die tyd jou voorland en dit word gedoen te midde van ‘n geskuur, -stamp en -stoot (en nie van die lekker soort nie!) van stasie tot stasie.

As ek in diepte sou moes ingaan op my hele Seoul -ervaring, sal hierdie inskrywing (wat reeds nie bondig is nie) net te lank raak. Daarom lig ek enkele hoogtepunte van my besoek uit:

Die indrukwekkende glas-en-beton argitektuur wat die hele stad volstaan is ‘n besienswaardigheid opsigself. Vir my was die Poskantoor se hoofkantoor besonders, waar hy staan, asof in twee gekap. Saam met die menige wolkekrabbers, is die reuse tv-skerms wat orals en onophoudelik advertensies vertoon, ook opmerklik.

S7301310S7301226

S7301299Die omvang van die elektroniese mark in Yongsandong is verstommend. Kyk, hier kan jy letterlik ENIGIETS elektronies opspoor vir uiters billike pryse. Ek is glad nie ‘n rekenaarfundi nie, maar selfs ek was beindruk. Jy kies al jou rekenaardele individueel (van klein tot groot) en dan slaan die manne vir jou ‘n meneer van ‘n rekenaar aanmekaar, sommerso terwyl jy wag. Daar is eenvoudig nie ‘n einde aan al die elektronika wat jy hier kan koop nie (bv. ‘n 8GB memory stick vir die ekwivalent van R400).

S7301304S7301305

Die Kyobo Book Center naby Ganghwamun is die grootste boekwinkel wat ek in my dag-des-lewens gesien het. Ek volstaan hierby, want verdere (publiseerbare) byvoeglike naamwoorde ontbreek. Dis enorm.

S7301255S7301257

Ek was baie bevoorreg om Seoul en Korea se bekendste landmerk te sien, naamlik Namdaemun…en ek bedoel BAIE bevoorreg. Hierdie 610-jaar oue S7301245suidelike poort wat deel was van die oorspronklike muurS7301240 om Seoul, het Sondag tragies afgebrand. Hierdie landmerk se houtwerk was hoofsaaklik nog die oorspronklike en het beide die Japanese besetting (1910-1945) oorleef, asook die Koreaanse oorlog (1950-53)…net om oornag, so sonder slag of stoot in puin gele te word. Die Koreane, wat besonders waarde heg aan hulle erfenis, treur behoorlik en dit word as ‘n nasionale tragedie beskou. Ek is net dankbaar dat my tydsberekening, onwetend, so goed was.

S7301247t1

S7301236Naby waar Namdaemun gestaan het, is die bekende Namdaemun-mark . Dis ‘n dinamiese, krioelende organisme op sy eie, waar jy enigiets kan koop waaraan jy kan dink. Voorwaar ‘n belewenis!

Dongdaemun is Seoul se oorspronklike oostelike poort. Hoewel minderS7301293 bekend en baie jonger as Namdaemun, is dit in eie reg indrukwekkend. Ek sal ook spesifiek die Dongdaemun-area onthou vir die smullekker ervaring by Everest – ‘n baie gewilde Nepalese restaurant wat ek vir enigeen kan aanbeveel (wat van Indiese kos hou). My marsala saam met die nan-brood was uit die boonste rakke en ek was spyt ek kon nie ook die breyani en samoosas probeer nie.

S7301313S7301341

Gyongbukgung is die grootste en histories belangrikste van van die koninklike paleise in Korea. Dit was meesleurend – soveel so dat ek nie hier verder sal borduur nie, maar ‘n aparte inskrywing daaroor sal doen.

Die historiese kunstemark in Insadong was ‘n ervaring en daar was soveel mooi en interessante dinge te koop, dat jy maar styf aan jou note moet klou. As jy uniekie aandenkings uit Korea soek, is dit die plek. Insadong is ook van die min plekke in Korea waar jy Kkultarae kan koop – verbysterend smaaklike heuningkoekies (simplisties gestel, want dis baie meer as dit) wat spesiaal voorgesit is vir die konings van die Joseon -Dinastie (1392-1910).

S7301265S7301279

Seoul Plaza, oorkant die stadsaal, is in die hartjie van die stad. Hier is ‘n groot buitelug-skaatsbaan vir die duur van die winter opgerig, verlig deur miljoene helder liggies. Daar heers ‘n feestelike atmosfeer tussen die hordes wat liggies kyk en ysskaats.

Die ontbyt by die Kanadese Big Rock pub in Gangnam was die lekkerste ontbyt wat ek in ‘n lang tyd gehad het en dit skud nie eers jou beursie nie. Kies reguit koers hiernatoe as jy BEHOORLIK wil ontbyt eet!

S7301243S7301220

S7301217In geheel gesien is Seoul ‘n moderne Eerste Wereldstad met ‘n aansteeklike dinamika en ‘n polsende lewe. Dis skoon, netjies, veilig en bied jou oneindige opsies om jou tyd op te spandeer. Koreane kan met reg daarop aanspraak maak dat Seoul die siel van Asie is. Ek dink baie mense sien Seoul net vlugtig en kry nie kans om verder as die oppervlak te delf nie. Ekself gaan die monster nog ‘n paar keer probeer tem, al is dit net om by elkeen van Seoul se stuk of 50 wynkroee (wine bars ) uit te kom!

NS: Lees hier oor my eerste besoek aan Seoul :

boerinballingskap.wordpress.com/?s=siel+van+seoul

Advertisements
22 Kommentaar leave one →
  1. Kaalvoetkind permalink
    Februarie 14, 2008 2:59 vm

    Daar was ‘n berig in vandag se Beeld oor die 69-jarige pensionaris wat Namdaemun aan die brand gesteek het. Groot jammerte né?!

    Die geboue is werklik indrukwekkend!! Uitstekende foto’s ook! Dankie vir die kykie in die siel van Asië!

  2. Februarie 14, 2008 4:18 vm

    Boer,
    Jou geestesoog neem van die mooiste foto’s en dankie dat jy dit deel.

  3. Februarie 14, 2008 5:26 vm

    Wat ‘n rare lekkerte. Om sommer so kort voor slaaptyd bederf te word met ‘n begeleide toer na allerhande eksotiese plekke. Alles met die vriendelike vergunning van BiB.

    Dankie vir die kykie deur jou oë.

  4. Februarie 14, 2008 5:44 vm

    Yay, die een plek waar ek tog ook al was! Maar ek dink nie my foto’s is so indrukwekkend soos joune nie.

  5. bytjie permalink
    Februarie 14, 2008 6:06 vm

    hi da boerinballingskap ek wonder of jy die selfde ou is wat vriend is\was van my skoondogter van Vanderbijlpark die foto van jou lyk baie so? is ek reg

  6. Februarie 14, 2008 2:50 nm

    hi BiB!
    Dis regtig ‘n nice inskrywing! Ek is soooo jaloers dat jy die South gate van Seoul gesien het…ek is regtig baie hartseer dat dit vernietig is en dit alles oor een simpel ou wou aandag trek!

    Ek verstaan dit nie…

    nice pics ook wat jy geneem het!

  7. Februarie 14, 2008 6:48 nm

    dis baie mooi, maar ek kan nie help om op valentynsdag te wonder nie….hoeveel single girls is da?!

  8. Februarie 14, 2008 8:57 nm

    Dis lekker om my ervaringe met julle te deel!
    bytjie, ek ken ongelukkig niemand in VDBPark nie.
    kaalvoetinireen, ek is baie bly ek kon Namdaemun sien. En, ja…dis werklik hartseer dat daar versteurde mense is wat sulke belaglikhede aanvang!

  9. Februarie 14, 2008 8:58 nm

    Wimps, hier is sekerlik baie single girls en baie van hulle is besonder sag op die oog. Ek is egter nie tans opsoek nie…

  10. boendoe permalink
    Februarie 14, 2008 9:01 nm

    Dit lyk soos ‘n plek wat jou ‘n leeftyd gaan vat om te tem. Stunning foto’s!
    Ek wonder net hoe kommunikeer jy met die mense? Word Engels baie gebruik?

  11. Februarie 14, 2008 9:04 nm

    BiB: Jy laat my wonder of mens nie een fo ander tyd in daardie deel van die wêreld moet gaan kuier nie. Ek was nou al twee maal in die VSA, maar dinge in Korea lyk regtig besonders. Dankie vir jou inskrwyings.

  12. Februarie 15, 2008 12:04 vm

    Met al jou foto’s wat jy deel, is dit nou regtig een plek wat ek graag self sal wil sien voor ek doodgaan. Ek wonder ook oor die kommunikasie?

  13. Februarie 15, 2008 2:53 vm

    Baie mooi!! Wonderlike post!

  14. Februarie 15, 2008 6:37 vm

    Werklik pragtig… dankie, ek het dit baie geniet!! Voorwaar altyd heerlik om hier by jou te kuier! Net te laat vir ‘n koppie tee… 😉

  15. Februarie 15, 2008 11:17 nm

    In die begin is taal nogals ‘n struikelblok, maar met die tyd saam leer mens om redelik goed oor die weg te kom met ‘n kombinasie van basiese Engels, lyftaal en jou eie, aangeleerde Koreaanse woordeskat. Ek moet se dat die Koreane se Engels in Seoul baie beter is as in die res van Korea en mens kan, veral in eetplekke, lekker vlot in Engels kommunikeer.

  16. boendoe permalink
    Februarie 19, 2008 1:27 vm

    Hehe, ja, lyftaal maak dinge makliker! Ek kan nog nie my tong en neus laat saamwerk met die nasale klanke van Portugees nie. Jy wil nie weet hoe verduidelik ek aan my bediende as ons die dag huistoe vlieg nie!

  17. Februarie 19, 2008 11:00 vm

    Cool. Nou sien ek sommer uit na my trip volgende week. Ek was al by al daai plekke behalwe die Plaza. Sal dit hierdie keer gaan uitcheck.

    (Is ek die enigste een wat ‘n brokkie versteekte inligting opgetel het in jou antwoord aan Wimpie? …)

  18. Junie 29, 2009 8:08 nm

    Ik heb ook een aantal maanden geprint klaar liggen.Ohh, wat een mooie kleuren!!!Heel veel plezier met borduren!!!

Trackbacks

  1. Huis, paleis… « Boer in Ballingskap
  2. GG - Uitgawe 4 « Gert Gariep
  3. ‘n Dag in Daegu « Boer in Ballingskap
  4. St Emilion in Seoul « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: