Skip to content

Graftombes en eggo’s van gister (III)

Februarie 19, 2008

Die drie grafte (genaamd Bae-ri), aan die voet van Namsan, is die van Koning Adalla (8ste koning van Silla) wat geheers het van 154-184; Koning Sindeok (53ste monarg) wat geheers het van 912-917 en Sindeok se seun, Gyeongmyeong (917-924).

S7302411

Adalla se koningskap was gekenmerk deur konflik met die Baekje koninkryk en die territoriale uitbreiding van die Silla koninkryk na die noorde en weste. Adalla word onthou vir die feit dat hyself (as koning) in 167 sy magte heldhaftig gelei het teen Baekje .

S7302417Sindeok en Gyeongmyeong se koningskap was tydens die tyd wat Silla se mag en invloed besig was om vinnig te kwyn. Tydens beide se koningskap moes hulle vele interne rebellies onderdruk en Silla se grondgebied het vinnig gekrimp weens aanslae deur nuwe, rebelbeheerde territoriale gebiede. Gyeongmyeong het verskeie pogings pogings aangewend om troebel betrekkinge met China te herstel en sodoende militere hulp te bekom, maar hy was nie suksesvol nie.

Nou ontstaan die vraag moontlik hoekom die 8ste monarg van Silla saam met die 53ste en 54ste monarg begrawe le? Die antwoord is dat aldrie hierdie konings van die Park-familie was (ook gespel Bak of Pak ).

9 Kommentaar leave one →
  1. Februarie 19, 2008 10:53 nm

    Pragtige foto’s, maar van daardie konings weet ek zikki…jy is besig om my nou hier intellektueel te stimuleer!😉

  2. Februarie 20, 2008 2:30 nm

    Amazing eenvoudig. Dit lyk net soos 3 doodgewone gruishope. Enige spesifieke rede dat dit nie… ek weet nie… effe meer, WOW, is nie?

  3. Februarie 20, 2008 2:50 nm

    Ons het een keer ‘n ou met omtrent so ‘n van ontmoet. Ek sal nou nie die naam by die van sit nie, weet ook nie mooi hoe sy naam gespel is nie, maar dit was amper iets soos Jongbok.😆 as ek aan ‘n jongbok dink is dit iets anders.

  4. Februarie 20, 2008 8:56 nm

    Interesant.

  5. Februarie 20, 2008 9:55 nm

    Baie lekker storie en interessante formasie van die tombes.

  6. Februarie 21, 2008 7:15 nm

    Wonderlik dat hulle geskiedenis so opgeteken is.

  7. Februarie 21, 2008 9:52 nm

    Meeste van die ou koninklike grafte in Gyeongju en enkele ander plekke in Korea, lyk soos “gruishope”. Die grafte word egter baie goed opgepas en weliswaar as heilige grond beskou. Van die meer roemryke figure se grafte het natuurlik meer tierlantyntjies (soos ek al voorheen geblog het). Die wyse waarop die Koreane hulle geskiedenis bewaar is net ongelooflik en dwing respek af.

  8. Februarie 21, 2008 10:08 nm

    Ek wens dat sekere nasionaliteite meer moeite wil doen om hul geskiedenis SO te bewaar…

Trackbacks

  1. Vyf grafte en ‘n takbok of twee « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: