Skip to content

Huis, paleis…

Februarie 25, 2008

S7301323

Gyeonbokgung is in 1395 gebou, 3 jaar na die vestiging van die JoseonS7301368dinastie (1392-1910) in Korea. Met die voltooing van die paleis, is die Koreaanse hoofstad terselfdertyd geskuif vanaf Gaeseong (in hedendaagse Noord-Korea) na Seoul* (toe bekend as Hanyang). Die hele paleiskompleks was enorm en het oorspronklik uit 330 geboue bestaan, met pragtige tuine tussenin.

S7301319Gedurende die Japanese inval van 1592, is die paleis vernietig en is eers in 1868 weer heeltemal herstel onder die heerskappy van Koning Gojong. Die paleis het weer deurgeloop tydens die Japanese besetting (1910-1945). Die hele kompleks is byna heeltemal vernietig en net ‘n paar geboue het staande gebly. In 1990 het die Koreaanse regering ‘n langtermyn-projek geloods om die hele paleis tot sy voormalige glorie te herstel. Die eerste fase van die grandiose restorasieprojek sal in 2009 voltooi wees, wanneer omtrent helfte van al die restorasie en rekonstruksie klaar sal wees.

S7301325S7301329

Ek was bevoorreg om die dag van my besoek die wisseling van die wagte te aanskou. Hulle het met militere dissipline in hulle tradisionele seremoniele uniforms opgetree vir seker ‘n goeie driekwartier. Hulle vlae was veral vir my baie mooi en kleurvol.

S7301348S7301349

Geunyeongjeon, of te wel die troonkamer, was eweneens pragtig vol kleure. Om die waarheid te se, hoe langer ek hier in Korea woon, hoe meer kom ek onder die indruk dat dit ‘n land van treffende kleure en teksture is.

S7301362S7301366

S7301355Dit het nie in Seoul gesneeu tydens my besoek nie, maar dit was bitter koud en hier en daar het nog bietjie wit gele. Die dam rondom die majestieuse Gyeonghoeru pawiljoen was solied gevries. Dis nogals ‘n vreemde ervaring as mens ‘n klippie in die water gooi en hy hop net en skaats met ‘n ge-zing oor die ys!

* Lees hier oor my besoek aan Seoul:

https://boerinballingskap.wordpress.com/2008/02/14/seoul/

13 Kommentaar leave one →
  1. Februarie 26, 2008 12:16 vm

    BiB,
    Ek los vir jou hierdie boodskap vanuit iewers op die Steppe. (Jy gaan nie glo nie, maar hier is ‘n tipe van internet kafee 60km van die naaste beskawing af in die mees onherbergsame area wat ek nog ooit teegekom het. Myle en myle se grasvlaktes (Wat mens nie kan sien nie, want dit is spierwit ge-ys-so-meter-dik)
    Blykbaar het die russe almal wat steeks geraak het met die politiek na hierdie streek toe verban en as die steeksgeit erg was, sommer in konsentrasie kampe gedruk. Andersins moes hulle maar self sien kom klaar in modderhuise en maar jag vir kos en klere…..

    Ek wil nou eers by jou weet watse kamera opset gebruik jy vir die pragtige foto’s en of daar so bietjie sagteware agter die manjifieke kleure lê…. Ek sal my lensiesop ruil vir die kennis en tegniek om sowat van klas uit my foto’s te kry
    .🙂

  2. boendoe permalink
    Februarie 26, 2008 4:20 vm

    Jasper is reg. Jou foto’s is regtig iets besonders.
    Die ooste het my nog nooit geinteresseer nie, tot ek 1421 van Gavin Menzies gelees het. Weet jy daarvan en indien wel, wat is jou opinie? Dink jy China HET die wereld ontdek? (Bietjie van die topic af, verskoon my!)

  3. Februarie 26, 2008 5:00 vm

    Ja, baie mooi! Mag ons saam met Jasper die Boer die kuns afvra?

  4. Februarie 26, 2008 3:22 nm

    Die kleure (en die foto’s) is beautiful!!! Wat my net altyd opval is hoe skoon dit daar by jou is – mens sien nooit ‘n papiertjie – of selfs ‘n blaartjie rondlê nie! Is dit oral so?

  5. Februarie 26, 2008 8:36 nm

    Dit is ongelooflik en seker nog 10 keer beter om regtig daar te wees. Daai laaste (gryserige) foto’s lyk onheilspellend.

  6. Februarie 26, 2008 9:07 nm

    Loer gereeld hierso! Jy neem pragtige foto’s en die beskrywings laat mens partykeer sommer voel dat jy daar is.

    Ok, ons wag in spanning vir jou antwoord vir Jasper!

  7. Februarie 26, 2008 11:12 nm

    Dankie vir die komplimente op my foto’s! Ek weet julle sal dit nie glo nie, maar ek neem slegs die foto’s en laai dit daarna op my rekenaar en dan op my blog. Niks fensie truuks of gekarring aan die foto’s nie (ek’s in elk geval te lui om met kleure en dies meer te eksperimenteer). En my kamera is ‘n doodgewone Samsung mik-en-druk. Ek dink dis miskien nie altyd die foto’s wat so goed is nie, maar baie keer die onderwerpe wat ek hier afneem.

    Jasper, ek’s jaloers op jou eksotiese reise – hoop ek kan ook een of ander tyd sulke afgesonderde plekke gaan besoek.
    boendoe…ken nie die boek waarvan jy praat nie, maar enigiets is seker moontlik met hierdie Oosterlinge.
    Rene, dis oor die algemeen skoon, maar mens kry ook maar jou rommel hier. Besienswaardighede word egter baie streng rommelloos gehou.

  8. Kaalvoetkind permalink
    Februarie 26, 2008 11:43 nm

    Het jou inskrywing weereens baie geniet en stem saam met almal – jou foto’s is stunning! Ek hou veral ook van die helder kleure!

    Vir die ander kan ek nogal Picasa aanbeveel om jou foto’s bietjie te dokter as jy nie gelukkig is met hulle nie.

  9. Februarie 26, 2008 11:58 nm

    Jou foto’s was nog elke keer die oorsaak van my inloer hier. Jy het verseker ‘n oog vir ‘n foto, nie almal sal pilare soos jy afneem nie. Baie mooi. Hou veral van die tweede foto.

  10. Kaalvoetkind permalink
    Februarie 27, 2008 3:18 vm

    Ek lees nou weer my opmerking en toe dink ek iemand kan dalk my tweede paragraaf misverstaan. Ek bedoel nie jou foto’s moet gedokter word nie hoor!! Met “Vir die ander” bedoel ek, ek beveel Picasa aan vir die ander bloggers wat na sagteware soek. Niks fout met jou foto’s nie – inteendeel!! Ek dink ook dat jy beslis ‘n oog vir ‘n foto het soos wag-‘n-bietjie sê.

  11. Februarie 27, 2008 7:31 vm

    Intellektueel nou weer oorgestimuleer vir die res van die week!😉
    Pragtig en baie beskrywend soos ons jou ken! Dankie!

Trackbacks

  1. Yi Sun-Sin en die Skilpadskip « Boer in Ballingskap
  2. Oor twee paleise, pragtige tuine en mandarynse eende « Boer in Ballingskap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: